Ek het n X5 en het die naweek vir die eerste keer bietjie met hom gaan speel! Vir my is die teleskoop ONGELOOFLIK... Ek het n paar Swarovski's, maar die X5 is iets uit n ander wereld! Hierdie teleskoop se helderheid kan mens nie vir iemand verduidelik nie, veral op verder afstande, ons het hom getoets op afstande van 100m tot 970m en hy het almal wat saam geskiet het verstom, sy verstelling was ook elke keer presies....dit het amper te maklik gevoel en of mens kroek met die teleskoop
Ek het n March ook en kon die twee lekker teen mekaar opweeg. Die March staan glad nie vir die X5 terug nie maar ek moet eerlik wees en se die X5 klop hom op helderheid en ook op field of view. Oor die verstellings tussen die twee kan ek regtig nie kommentaar lewer nie want albei het op verskillende afstande presies verstel.My Swarovski en March se maksimum vergroting is albei x25 en dit het ook daar gevoel of die Swarovski se x25 groter vertoon as die March se x25.
Oom Koos sy vertellings meganisme is baie groot maar vir my het dit verstelling maklik, vinning en duidelik gemaak.
n Groot jammerte is dat die X5 nie in FFP kom nie en ek dink dit kan hulle verkope benadeel, vir iemand wat net in n FFP teleskoop belangstel sal ek verseker die March voorstel!
Jaaaaa die X5 is flippen duur maar na die naweek het ek van sy prys vergeet ( ok ok amper vergeet, nie heeltemal nie) en voel ek vir my is hy sy geld werd!
Ek oorweeg dit sterk om twee van my Z6'e te verkoop om nog so outjie aan te skaf
Groete
Carel


