Spoor

Ambessa

Re: Spoor

Post by Ambessa »

Hallo Pieter E

Dankie vir die goeie waarneming dusver. Simpatie met jou verliese.

Volg hierdie storie met groot aandag.

Ambessa
Pieter E

Re: Spoor

Post by Pieter E »

Projag

Ons skakel nou met Natuurbewaring sodat hulle kyk of hulle iets regkry. Die slegte (interresante?) nuus is dat ons nou nog luiperdspore gekry het, heeltemal aan die ander kant van die plaas, en dit lyk of dit 'n groter luiperd as die vorige een is met 'n kleintjie!? Ons het ook bruin hi?na spore gekry op 'n ander deel (alles Donderdag/Vrydag). By die oorspronklike luiperd se area het ons Donderdag ook weer 'n vars spoor van hom gekry.

Lyk my hier loop nou meer roofdiere as skaap op ons plaas rond? Ons het darem 'n rooikat geskiet ook Donderdagaand. Interresantheidshalwe, die rooikat het baie melk in haar uier gehad. Kan hulle nou nog sulke kleintjies h? of drink die kleintjies maar net so lank?

Groete

Pieter E
tafjak

Re: Spoor

Post by tafjak »

Pieter

Jy gaan in die volgende 2maande baie katte met kleintjies kry. Maart en April is die 2maande wanneer ek die meeste katte skiet met Oktober en November kort op hulle hakke. Katte kry maar die meeste keer kleintjies in die tyd en die kleintjies bly tot 9maande saam met die ma. Alhoewel ek al katte met melk op ander tye ook gekry het.

Taffie
tafjak

Re: Spoor

Post by tafjak »

'n Spoor wat Chris vir ons ingestuur het:


Image

Wie kan help?

Taffie
rednat

Re: Spoor

Post by rednat »

Tafjak
Om een spoor te identifiseer is altyd moeilik. Een spoor kan baie misleidend wees. Dit is altyd goed om by meerdere spore te kyk vir ID.

Goed wat het ons om mee te werk:
geen naels
5 tone
langerige tone
lang balk gepunt na agter
spore in losgrond /sand altyd groter as werklikheid.

Kom ons aanvaar dat die voet nie vorentoe gegly het met trapslag nie.

--- GROOTOTTER ---

Groete
rednat
Last edited by rednat on Tue Mar 31, 2009 9:07 pm, edited 1 time in total.
Pieter E

Re: Spoor

Post by Pieter E »

Rednat

Ek stem saam, lyk nogal na 'n otter, maar die spoor is nogal groot. Die lang tone en langbalk agter het omtrent net 'n otter op hierdie grootte spoor.

Wat s? die kenners?

Groete

Pieter
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Spoor

Post by CHRIS »

Dankie manne vir die reaksie, ek het telaat die spore gesien en oor dit gery. Dit wil lyk of die een stel (voor of agter) se tone meer uitmekaar is as die foto. Die spore is gekry in die padjie af na n groot sementdam , maar ek kon niks in die natgrond om die dam kry nie. Hoe verskil die spore van die van hahahaienas? ???
Chris
Ambessa

Re: Spoor

Post by Ambessa »

Hallo op die nuwe spoor

Lyk nogal soos 'n otter se spoor. Iets gevang? Loop glo ver van water?

Ambessa
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spoor

Post by Gerhard »

Hier is luiperd se spoor

Image
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Spoor

Post by Gerhard »

Hier is nog een

Image

Ons het game camera op gesit en hom die selfde nag af geneem.

Hy is laat aand verby en weer vroeg oggend.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Spoor

Post by britsman »

Hallo Pieter E,
Pieter E wrote:
Snaaks genoeg was die laaste vangs, waarvan ons weet, die een op die foto's. Die kamp is groot en deels bergagtig en ons kry partykeer eers 'n paar dae later 'n karkas. Gewoonlik tel ons die trop en kom agter daar kort en kry dan partykeer dieselfde dag en partykeer paar dae later die karkas. Byges? die vetter vang sover in 3 aangrensende kampe (almal selfde tipe topografie) en dus kan ons nie net skape weg skuif nie (vir die wat dalk daaroor wonder).
          Wat het van die "luiperd /hyena" geword ?
          Word skapies nog gevang ?

      groete,
                brits
Last edited by britsman on Tue May 05, 2009 10:24 pm, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Pieter E

Re: Spoor

Post by Pieter E »

Britsman

Nee jong, lyk my hy het spoorloos verdwyn! Nie weer skade gehad van die luiperd nie, sover ons weet, en kry ook nie meer spore nie. Neuk seker by 'n ander boer nou of het besluit bobbejane is meer pret.

Sir Taffie het by ons gejag voorverlede naweek en darem so bietjie uitgedun onder die goggas. Tussen oom Taffie, ons plaasbestuurder en ons buurman is daar in so 10 dae se tyd op so 12 000 hektaar 6 rooikatte en so 7 jakkalse minder gemaak. Gelukkig kom oom Taffie (so noem my plaasbestuurder hom!) weer terug in die winter iewers en behoort ons hulle dan weer af te knou.

Al neukery is die blerrie goed vang nog steeds by ons (net die luiperd het lyk my geskrik toe hy hoor sir Taffie kom na ons toe). Ons lam ook in spesifieke lamkampe en het minder skade as verlede jaar hierdie tyd of as in die lente (ek dink hoofsaaklik as gevolg van beter skoonmaak voor die tyd en aan die begin van die lamtyd van goggas), maar is nou eers voluit in die lamseisoen en sal sien hoe lyk dit oor 'n maand as ons klaar behoort te wees. Ons lamseisoen is laat hierdie jaar omrede ons ooie later laat dek het en ramme later ingelos het as gevolg van die droogte. Sover dink ek het ons al so 20-25 lammers verloor, hoofsaaklik weens jakkalse (al 3 soorte!). Ons hou rekord daarvan en ek sal na die lamseisoen laat weet. Ons speenlammers (die paar wat oor is na die jakkalse klaar gevreet het voor speentyd) hou hierdie jaar goed, maar ons het in daardie kampe goed skoongemaak, drade reg gemaak en die w?reld vrot van die slagysters gestel.

Interresantheidshalwe, ek weet daar is baie ouens wat reken net rooijakkalse vang lammers, maar ek weet uit ondervinding dat bakore (klein lammertjies) en silwerjakkalse (vos?) ook vang. Hoe ondervind julle dit?

Groete

Pieter E
Ambessa

Re: Spoor

Post by Ambessa »

Hallo Pieter E
Pieter E wrote:Interresantheidshalwe, ek weet daar is baie ouens wat reken net rooijakkalse vang lammers, maar ek weet uit ondervinding dat bakore (klein lammertjies) en silwerjakkalse (vos?) ook vang. Hoe ondervind julle dit?
Die silwervos sal dalk nog baie klein lammertjies vat, maar bakoor vosse? Is dit nie net 'n geval dat hulle maaiers of goggas by die karkassies vreet nie?

Hoor graag saam met jou op die een van die manne en vroue.

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Spoor

Post by britsman »

Pieter/ Ambei
                Stem saam wat AM se. Ek het hierdie jaar 'n  r/kat gehat  wat vang en net 'n klein bietjie uit die bout eet en kou op die ribbekas beenties(sonder om die hartslg ens uit te haal). Jakkies dan vreet die res op. In die specifikke area het die jakkies nie die vangery gedoen nie, maar gewag het om R/kat die jobbie te doen.
                      brits
         
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
tafjak

Re: Spoor

Post by tafjak »

Pieter E

Sien nou eers jou melding van my poging. Daar is beslis nog so 5-6jakkalse (residents) oor en dit sal nog ten minste 2 pogings verg om hulle vankant te maak. Al sou die weer beter wees, sou die suksesse nie veel beter gewees het nie. Miskien een of 2 meer. Hoop die paar dood help en ek glo dit sal.

Groetnis

Taffie
Pieter E

Re: Spoor

Post by Pieter E »

Taffie

Dankie, ek bedoel eintlik ons is baie tevrede en beindruk met jou! Theo s? hy het ook baie geleer by oom Taffie.

Groete

Pieter E
Ambessa

Re: Spoor

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Eish, "Ambei" is pretty close to "piles"?

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Spoor

Post by LMB »

Lyk my party gaan nuwe name h? voor die oorlog gewen is!

Ek het ook nog nooit gehoor dat `n bakoor vang nie. `n Silwerjakkals is egter `n ander storie, hy kan goed skade aanrig. Gelukkig is dit seker net die eerste week of twee na die lam gebore is, is nie seker daarvan.
Mense is ook geneig om die maanhaar jakkals se spoor te verwar.

Groete
Lukas
tafjak

Re: Spoor

Post by tafjak »

Pieter  is nie die eerste ou wat die opmerking maak teenoor bokore nie. Ek het nie ondervinding daarvan nie omdat daar nie hordes is by my nie. Ek weet van een of 2 mense wat in die N Betesda area van die bakore minder gemaak het met suksesse.  Die argument was dat as dagoud lammers alleen is sal bakore in die dro? maande/jare daaraan vroetel.

Taffie
Ambessa

Re: Spoor

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak

..."daaraan vroetel" soos om die lammers dood te maak?

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Spoor

Post by britsman »

Ambessa,
           
Ambessa wrote: Eish, "Ambei" is pretty close to "piles"?
                      Sorry -- BOET. Typing error. :D ;D :D
        Is die "Windhoek Carnival" nie in Mei nie ? Dit is seker hoekom jy die trippie nou  vat in die aairie.
  Ek was daar in 1969.  MAN WHAT A PARTY  Daie Duistes kan !! 
        BOETA -- Word dit nog gefees?

        groete
                  brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Ambessa

Re: Spoor

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Is daar vir ander besigheid.

Gaan maar moelik met die tik, sien kort-kort my eie typos.

Ambessa
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Spoor

Post by boeta »

Naand almal

Britsman

Ek dink di fees is klaar iewers in maart,april gaan ni soontoe ni di duitsers drink n mens dood kan in elkgeval ni soveel bier drink ni,blaas op soos n balon.

Ja3

hoeveel olie gebruik di landi of sal ek se lek hy uit

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Ambessa

Re: Spoor

Post by Ambessa »

Hallo Boeta

Is mammie en die ooilammetjie orraait?

Ambessa
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Spoor

Post by boeta »

Ambessa

Ja alles nog goed,dankie.Slaap tyd ma min,maan moet verander dat ek kan uitgaan,is ma di selfde min slaap.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Post Reply