20 moa rail of 0 moa?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
20 moa rail of 0 moa?
Middag almal
Ek wil net weer raad vra asb.
Indien ek 'n rail op my tikka 260 sit, wat sal julle aanbeveel, 20 moa of 0 moa?
Ek wil graag as ek die regte scope het ook in die toekoms bietjie verder probeer skiet op plaat en papier.
My vraag is gaan ek bv met 108 en 123gr lapua koeëls op 100 of 150m kan zero sonder probleme of om nog geld uit te gee wat ek nie het nie.
Kom ons sê om en by 800m max.
Hoor graag wat julle sê.
Dankie
Johan

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Johan, hoeveel elavasie het jy huidiglik op jou platform?
Indien jy 30 MOA kan afstel sou ek definitief die 20 MOA basis verkies.
Indien jy 30 MOA kan afstel sou ek definitief die 20 MOA basis verkies.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Gawie, huidig sit ek met sako optilocs en die z6, wat ek nog glad nie gedraai het nie. Elk geval nie meer as in veldskiet afstande nie.
Nuwe scope soek ek nog, so eintlik kan ek nie sê hoeveel ek gaan hê nie, hang af wat ek kan kry.
Hoop ek praat nou reg.
Nuwe scope soek ek nog, so eintlik kan ek nie sê hoeveel ek gaan hê nie, hang af wat ek kan kry.
Hoop ek praat nou reg.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Nou waarvoor wag jy? Laat daai knoppe krrrrrrrr maak en laat ons weet. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Jy kan soos Gawie sê n 20moa rail opsit. Dit gaan die vinnigste opsie wees. Jy kan ook n 0moa rail opsit, maar dan moet jy burris se Xtr ringe bestel wat n 20moa "insert" het, maar daar is nie nou beskikbaar nie. Humansdorp Kooperasie het. Ek hoop my
Plasing is van nut vir jou.
Plasing is van nut vir jou.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Hmmmm .... ek sien ek gaan my 260 van voor af moet instelGawie(13mm) wrote:Nou waarvoor wag jy? Laat daai knoppe krrrrrrrr maak en laat ons weet.
Die scope het net die "click'' merke en 1 click is 0.5cm op 100m. HELP!!
Of 5 klikke gaan dan +-1 moa wees....
Ek moet 'n bleddie kursus iewers gaan doen
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Ai Joe....... ek was DAAAARR... binne in die plek, maar ek het dit nie gesien nie..... was bietjie groen om die kake ook nog, en ook nie gevra daarvoor niejoe rocket wrote:Jy kan ook n 0moa rail opsit, maar dan moet jy burris se Xtr ringe bestel wat n 20moa "insert" het, maar daar is nie nou beskikbaar nie. Humansdorp Kooperasie het. Ek hoop my Plasing is van nut vir jou.
- Blouwdraad2
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Kalahari,
Soos Gawie se, dit hang alles van jou scope se elevasie af. Met meeste "tactical dialing" scopes behoort 20 moa rail nie n probleem te wees en sal mooi werk vir die doel waarvoor jy dit wil gebruik.
Onthou net as jy jou scope se (Min of Meer) elevation vanaf jou geweer se zero wil he, moet jy die gegewe "spesifikasie" elevation deur 2 deel.Daarna kan jy jou rail se waarde byreken of aftrek om jou totale moa op of af te kry.
Hoop dit maak sin!
Groete

-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Kalahari...
Ek het self n Sako .260 met n Z6 2-18x50 BT scope op en optilock bases en ringe, skiet 129gn koeels en ek kan op die gonge net saam speel tot op 600 meter dan raak die clicks op.....so ja ek sou ook se gaan eerde vir die 20moa rail as jy by 800 m wil uitkom.....soek self nou vir my Sako n 20moa rail!
Ek het self n Sako .260 met n Z6 2-18x50 BT scope op en optilock bases en ringe, skiet 129gn koeels en ek kan op die gonge net saam speel tot op 600 meter dan raak die clicks op.....so ja ek sou ook se gaan eerde vir die 20moa rail as jy by 800 m wil uitkom.....soek self nou vir my Sako n 20moa rail!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Watter z6 scope het jy? Ek dink hulle het 64 moa interne verstelling, ek mag verkeerd wees sal op hulle webwerf gaan kyk. Sal steeds n 20 MOA rail opsit want jy gaan later verder skiet as 800 m.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Dankie Joe, ek het die 3 - 18 x 50 L met die BR kruis. Ek het ook gou gekyk, lyk my ook na +-60 moa.joe rocket wrote:Watter z6 scope het jy? Ek dink hulle het 64 moa interne verstelling, ek mag verkeerd wees sal op hulle webwerf gaan kyk. Sal steeds n 20 MOA rail opsit want jy gaan later verder skiet as 800 m.
Maaaar, nou gaan ek die scope mos afhaal..... en dalk Vortex pst, NF NXS of IOR koop. (IOR het 70moa).
Groot vraag: gaan ek die scopes op 100m gezero kry met die 20 moa rail?
Dankie CarelG en blouwdraad2, ek verstaan wat julle sê.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Vir alle praktiese doel eindes sal jy hom op 100 m kan zero.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Baie dankie Gawie, waardeer. Ek gaan nou maar vir my 'n rail begin soek.
Wat is die heersende pryse op die tipe toerusting?
Wat is die heersende pryse op die tipe toerusting?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Jy kyk na so R 1800 vir 'n Warne basis. NF is al stewig oor die R 2000.00.Kalahari wrote:Baie dankie Gawie, waardeer. Ek gaan nou maar vir my 'n rail begin soek.
Wat is die heersende pryse op die tipe toerusting?
Hoor bietjie by Humansdorp Ko-op. Hulle het 'n verskaffer wat baie billik is en amper enige basis kan maak.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Humansdorp sal so R 1100 wees.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Ek het die naweek gemaklik op 900m geskiet met 0 moa mount en nxs op my sweed en 140cc.
- Dumbluck
- Hero Member

- Posts: 565
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Ek het R2000 betaal vir 'n 0 MOA Lynx rail by S&O vir my Sako 85 Varmint 308.Kalahari wrote:Baie dankie Gawie, waardeer. Ek gaan nou maar vir my 'n rail begin soek.
Wat is die heersende pryse op die tipe toerusting?
Hy kry 'n NXS, sal maar sien hoeveel elevasie gaan oorbly met 100m zero. Wag nog vir lisensie.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Baie dankie vir almal se raad, ek waardeer dit.
Ek is nog besig met scope soek, maar iewers sal ek wel iets kry.
Die rail gaan ek bietjie gesels met die Koop se mense en kyk of ek daar regkom.
Julle kan maar nog gesels, ek gee glad nie om nie............... iemand kry dalk ook raad nodig wat ek gesoek het.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Kalahari, jy wil ver skiet. Terwyl jy dan rail wil opsit, kry een wat dit die maklikste maak om jou treë te kan rek. 'n 20 MOA rail gaan jou bykomende reikafstand gee met jou kruishare se verstelling nader aan die senter van die verstellingstrek van die teleskoop. Dit behoort beter konstante verstellings te verseker synde jy nie nou naby aan die maksimum verstellingsperk kom nie. Jou teleskoop se verstelmeganisme behoort dit dus beter te kan hanteer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Dankie oom Marius
Ek wil graag maar die 20 moa rail posit, my kommer was net of ek die scope dan sonder te veel gesukkel en stremming op die scope se meganismes op 100m gezero sal kry.
Die geweer is 99% mos vir veldskiet gekoop, so ek wou net seker maak ek sal nog op my zero afstand kan bly.
Is ook waar wat oom sê weer van die stremming aan die bokant van die scope se verstelling, kan ook nie gesond wees om alles so vas te draai aan die kante van die scope nie.
Dankie vir die raad, ek het darem al navraag begin doen oor 'n 20 moa rail.

Die manne wat al rails op hulle gewere het , spesifiek tikkas wat die plat aksie bokant het.
Daar sit vier skroewe as ek reg is, gebruik jy daardie selfde skroewe om die rail vas te sit, seker nie, want dit sal sekerlik te kort wees?
Of kry jy ander skroewe saam met jou rail wat die werk moet doen?
Dankie
Daar sit vier skroewe as ek reg is, gebruik jy daardie selfde skroewe om die rail vas te sit, seker nie, want dit sal sekerlik te kort wees?
Of kry jy ander skroewe saam met jou rail wat die werk moet doen?
Dankie
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Die nodige skroewe word voorsien saam met die basis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Dankie Gawie 
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Humansdorp kan my met NIKS help nie.....joe rocket wrote:Humansdorp sal so R 1100 wees.
Dit is nou vir die 20moa basis.
- JacoW
- Full Member

- Posts: 131
- Joined: Tue Sep 02, 2014 12:05 pm
Re: 20 moa rail of 0 moa?
Middag Johan,
Ek het Vrydag n 20 MOA Picatinny rail by Humansdorp bestel, hy is gister by my afgelaai en soos Gawie genoem het met die nodige skroewe. Hulle het genoem dat dit deur n ingeneurs maatskappy vir hulle gemaak word. Verstaan nie hoe hulle nie kan help nie.