20 moa rail of 0 moa?

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

Middag almal

Ek wil net weer raad vra asb.
Indien ek 'n rail op my tikka 260 sit, wat sal julle aanbeveel, 20 moa of 0 moa?
Ek wil graag as ek die regte scope het ook in die toekoms bietjie verder probeer skiet op plaat en papier.
My vraag is gaan ek bv met 108 en 123gr lapua koeëls op 100 of 150m kan zero sonder probleme of om nog geld uit te gee wat ek nie het nie.

Kom ons sê om en by 800m max.
Hoor graag wat julle sê.

Dankie
Johan
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Gawie(13mm) »

Johan, hoeveel elavasie het jy huidiglik op jou platform?

Indien jy 30 MOA kan afstel sou ek definitief die 20 MOA basis verkies.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

Gawie, huidig sit ek met sako optilocs en die z6, wat ek nog glad nie gedraai het nie. Elk geval nie meer as in veldskiet afstande nie.
Nuwe scope soek ek nog, so eintlik kan ek nie sê hoeveel ek gaan hê nie, hang af wat ek kan kry.

Hoop ek praat nou reg.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Gawie(13mm) »

Nou waarvoor wag jy? Laat daai knoppe krrrrrrrr maak en laat ons weet. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by joe rocket »

Jy kan soos Gawie sê n 20moa rail opsit. Dit gaan die vinnigste opsie wees. Jy kan ook n 0moa rail opsit, maar dan moet jy burris se Xtr ringe bestel wat n 20moa "insert" het, maar daar is nie nou beskikbaar nie. Humansdorp Kooperasie het. Ek hoop my
Plasing is van nut vir jou. ++>:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

Gawie(13mm) wrote:Nou waarvoor wag jy? Laat daai knoppe krrrrrrrr maak en laat ons weet.
Hmmmm .... ek sien ek gaan my 260 van voor af moet instel ++>:
Die scope het net die "click'' merke en 1 click is 0.5cm op 100m. HELP!!

Of 5 klikke gaan dan +-1 moa wees.... :confused:
Ek moet 'n bleddie kursus iewers gaan doen >:(
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

joe rocket wrote:Jy kan ook n 0moa rail opsit, maar dan moet jy burris se Xtr ringe bestel wat n 20moa "insert" het, maar daar is nie nou beskikbaar nie. Humansdorp Kooperasie het. Ek hoop my Plasing is van nut vir jou.
Ai Joe....... ek was DAAAARR... binne in die plek, maar ek het dit nie gesien nie..... was bietjie groen om die kake ook nog, en ook nie gevra daarvoor nie >:(
User avatar
Blouwdraad2
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Mon May 18, 2015 8:47 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Blouwdraad2 »

Kalahari,

Soos Gawie se, dit hang alles van jou scope se elevasie af. Met meeste "tactical dialing" scopes behoort 20 moa rail nie n probleem te wees en sal mooi werk vir die doel waarvoor jy dit wil gebruik.

Onthou net as jy jou scope se (Min of Meer) elevation vanaf jou geweer se zero wil he, moet jy die gegewe "spesifikasie" elevation deur 2 deel.Daarna kan jy jou rail se waarde byreken of aftrek om jou totale moa op of af te kry.

Hoop dit maak sin!

Groete
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by CarelG »

Kalahari...

Ek het self n Sako .260 met n Z6 2-18x50 BT scope op en optilock bases en ringe, skiet 129gn koeels en ek kan op die gonge net saam speel tot op 600 meter dan raak die clicks op.....so ja ek sou ook se gaan eerde vir die 20moa rail as jy by 800 m wil uitkom.....soek self nou vir my Sako n 20moa rail!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by joe rocket »

Watter z6 scope het jy? Ek dink hulle het 64 moa interne verstelling, ek mag verkeerd wees sal op hulle webwerf gaan kyk. Sal steeds n 20 MOA rail opsit want jy gaan later verder skiet as 800 m.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

joe rocket wrote:Watter z6 scope het jy? Ek dink hulle het 64 moa interne verstelling, ek mag verkeerd wees sal op hulle webwerf gaan kyk. Sal steeds n 20 MOA rail opsit want jy gaan later verder skiet as 800 m.
Dankie Joe, ek het die 3 - 18 x 50 L met die BR kruis. Ek het ook gou gekyk, lyk my ook na +-60 moa.
Maaaar, nou gaan ek die scope mos afhaal..... en dalk Vortex pst, NF NXS of IOR koop. (IOR het 70moa).

Groot vraag: gaan ek die scopes op 100m gezero kry met die 20 moa rail?

Dankie CarelG en blouwdraad2, ek verstaan wat julle sê.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Gawie(13mm) »

Vir alle praktiese doel eindes sal jy hom op 100 m kan zero.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

Baie dankie Gawie, waardeer. Ek gaan nou maar vir my 'n rail begin soek.
Wat is die heersende pryse op die tipe toerusting?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Gawie(13mm) »

Kalahari wrote:Baie dankie Gawie, waardeer. Ek gaan nou maar vir my 'n rail begin soek.
Wat is die heersende pryse op die tipe toerusting?
Jy kyk na so R 1800 vir 'n Warne basis. NF is al stewig oor die R 2000.00.
Hoor bietjie by Humansdorp Ko-op. Hulle het 'n verskaffer wat baie billik is en amper enige basis kan maak.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by joe rocket »

Humansdorp sal so R 1100 wees.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by savage(P Coetzer) »

Ek het die naweek gemaklik op 900m geskiet met 0 moa mount en nxs op my sweed en 140cc.
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 565
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Dumbluck »

Kalahari wrote:Baie dankie Gawie, waardeer. Ek gaan nou maar vir my 'n rail begin soek.
Wat is die heersende pryse op die tipe toerusting?
Ek het R2000 betaal vir 'n 0 MOA Lynx rail by S&O vir my Sako 85 Varmint 308.

Hy kry 'n NXS, sal maar sien hoeveel elevasie gaan oorbly met 100m zero. Wag nog vir lisensie.
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

Baie dankie vir almal se raad, ek waardeer dit.
Ek is nog besig met scope soek, maar iewers sal ek wel iets kry.
Die rail gaan ek bietjie gesels met die Koop se mense en kyk of ek daar regkom.

Julle kan maar nog gesels, ek gee glad nie om nie............... iemand kry dalk ook raad nodig wat ek gesoek het. ;)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by tripodmvr »

Kalahari, jy wil ver skiet. Terwyl jy dan rail wil opsit, kry een wat dit die maklikste maak om jou treë te kan rek. 'n 20 MOA rail gaan jou bykomende reikafstand gee met jou kruishare se verstelling nader aan die senter van die verstellingstrek van die teleskoop. Dit behoort beter konstante verstellings te verseker synde jy nie nou naby aan die maksimum verstellingsperk kom nie. Jou teleskoop se verstelmeganisme behoort dit dus beter te kan hanteer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

Dankie oom Marius

Ek wil graag maar die 20 moa rail posit, my kommer was net of ek die scope dan sonder te veel gesukkel en stremming op die scope se meganismes op 100m gezero sal kry.
Die geweer is 99% mos vir veldskiet gekoop, so ek wou net seker maak ek sal nog op my zero afstand kan bly.
Is ook waar wat oom sê weer van die stremming aan die bokant van die scope se verstelling, kan ook nie gesond wees om alles so vas te draai aan die kante van die scope nie.

Dankie vir die raad, ek het darem al navraag begin doen oor 'n 20 moa rail.

Groete
Johan
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

Die manne wat al rails op hulle gewere het , spesifiek tikkas wat die plat aksie bokant het.
Daar sit vier skroewe as ek reg is, gebruik jy daardie selfde skroewe om die rail vas te sit, seker nie, want dit sal sekerlik te kort wees?
Of kry jy ander skroewe saam met jou rail wat die werk moet doen?

Dankie
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Gawie(13mm) »

Die nodige skroewe word voorsien saam met die basis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

Dankie Gawie ;)
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by Kalahari »

joe rocket wrote:Humansdorp sal so R 1100 wees.
Humansdorp kan my met NIKS help nie..... :): , hulle het ook nie 'n verskaffer nie, so dit lyk my doodloopstraat daar :(
Dit is nou vir die 20moa basis.
User avatar
JacoW
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Tue Sep 02, 2014 12:05 pm

Re: 20 moa rail of 0 moa?

Post by JacoW »

Middag Johan,

Ek het Vrydag n 20 MOA Picatinny rail by Humansdorp bestel, hy is gister by my afgelaai en soos Gawie genoem het met die nodige skroewe. Hulle het genoem dat dit deur n ingeneurs maatskappy vir hulle gemaak word. Verstaan nie hoe hulle nie kan help nie.
Post Reply