Ek het so half n lat vir my eie g*t gepluk deur n .223 T/C oor te vat by my pa na afloop van n lang storie van n .308 met n vrot loop wat hy gekoop het by Classic Arms. Dit was wel n goeie daad van hulle om die saak reg te stel op die manier deur die ruil transaksie te doen met n nuwe wapen.
Ek het n .223 gesoek, en ek het vir my pa my erfstuk .308 terug gegee,maar die probleem is, die hele vuurwapen is camo, lock stock & barrel... vrek lelike ding, groepering word gewaarborg en die resensies klink maar dieselle beloftes.
Ding is om n standaard swart teleskoop op te sit, gaan lyk soos n Tata bakkie met n Ford badge..
Pleinweg voel ek verplig om dan nou die bg "matching camo" teleskoop aan te skaf dat ek effe beter gaan voel oor hoe die ding lyk.
Nou my vrae is, ek wil graag hoor of iemand al ooit met die "brand" te doenne gehad het en of dit tydmors is?
Classic Arms het nie die teleskoop in voorraad nie, en blyk of hulle die enigste agente is vir die maak in SA. verder weet ek ook nie of hulle gaan plan sien om die teleskoop in te kry nie. Weet iemand dalk van n ander agent of persoon wat moontlik bereid sal wees om die teleskoop in te voer aangesien dit maar n taai storie is?
Ek luister graag na julle manne se advies
