Thompson/Center Predator scope 3-12x40 real tree camo

Post Reply
Eland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Jun 02, 2015 9:09 am

Thompson/Center Predator scope 3-12x40 real tree camo

Post by Eland »

Goeie middag Mnre,

Ek het so half n lat vir my eie g*t gepluk deur n .223 T/C oor te vat by my pa na afloop van n lang storie van n .308 met n vrot loop wat hy gekoop het by Classic Arms. Dit was wel n goeie daad van hulle om die saak reg te stel op die manier deur die ruil transaksie te doen met n nuwe wapen.
Ek het n .223 gesoek, en ek het vir my pa my erfstuk .308 terug gegee,maar die probleem is, die hele vuurwapen is camo, lock stock & barrel... vrek lelike ding, groepering word gewaarborg en die resensies klink maar dieselle beloftes.

Ding is om n standaard swart teleskoop op te sit, gaan lyk soos n Tata bakkie met n Ford badge..
Pleinweg voel ek verplig om dan nou die bg "matching camo" teleskoop aan te skaf dat ek effe beter gaan voel oor hoe die ding lyk.

Nou my vrae is, ek wil graag hoor of iemand al ooit met die "brand" te doenne gehad het en of dit tydmors is?

Classic Arms het nie die teleskoop in voorraad nie, en blyk of hulle die enigste agente is vir die maak in SA. verder weet ek ook nie of hulle gaan plan sien om die teleskoop in te kry nie. Weet iemand dalk van n ander agent of persoon wat moontlik bereid sal wees om die teleskoop in te voer aangesien dit maar n taai storie is?


Ek luister graag na julle manne se advies :-[
375 H&H
30.06 BRNO
308 Musgrave
.38 S&W
12Gauge Iver & Johnson
.22 Anschutz
...To be continued...
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Thompson/Center Predator scope 3-12x40 real tree camo

Post by JacquesT (Stompe) »

Hi Eland, jy kan die teleskoop laat care coat,dan sal hy ook camo wees, ek is seker hulle sal hom baie naby aan dieselfde came kan kry as die res van die geweer. As ek dit nie mis het nie, het Ben hier op die forum een van sy vriende se gewere gedoen. Ek het ook al op vleisboek 'n paar ouens gesien wat dit doen, het ongelukkig nie kontak besonderhede nie, kyk maar op Google.

Sterkte
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Thompson/Center Predator scope 3-12x40 real tree camo

Post by JacquesT (Stompe) »

Hierso is 'n man wat dit doen. Ek kan glad nie sy werk waarborg nie, nie heeltemal in my smaak nie.
IMG_20151112_29605.jpg
Hoop jy kom reg.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Thompson/Center Predator scope 3-12x40 real tree camo

Post by Capt. Yoda »

Ja maak soos Jacques se en koop die regte scope wat jy soek en laat hom dip
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply