Dan
Lees bietjie die paar aanhalings hieronder weer deur...........
Ek wil bietjie stir vandag. Vergewe my as julle kwaad word, maar ons kan mos hier eerlik met mekaar wees.
Klink my jy het met redelikke opset en voorbedagte rade die post beginne??
Jy kan nie jou mark probeer beskerm deur om die naweek jagters af te kraak of kwaad te word vir manne wat verniet skiet omdat hulle dit as sport beoefen of goedkoper tariewe vra nie.
Hoeveel keer het ons nie al gepraat oor die nuwe SPORT jakkalsroep en die inpak wat dit het op die bedryf nie, hier noem jy dit prontuit n sport.......
Die boer waar jy nie wil gaan skiet nie is 'n gap vir 'n nuwe outjie om sy skills te beoefen en 'n voet in die deur te kry. Jy gaan jou eie keel so af sny. Wat ek sien gebeur hier is dat 'n spesifieke jagter sy eie kliente gaan he by wie hy heeltyd gaan werk kry en daar gaan kliente wees wat eerder met ander jagters wil werk as jy.
Al wie hier sy keel gaan afsny is die boer self as hy op die einde van die dag moet self plan maak met sy eie skelm jakkalse...jy het duidelik nog heelwat om te leer.
is daar 'faksies' in hierdie bedryf wat diskrimineer teen 'nie-voltydse' jagters is wat ek wil hoor van die ouens wat dit al lank beoefen. ek het al gelees op ander roofdier culling sites dat daar wel konflik is tussen mense as dit kom by hierdie sport en dit het te doen met pryse en waar die een man sal die ander man se vermoeens afkraak by ander jagters of kliente.
Dink nie daar is FAKSIES in die bedryf nie, eerder voltydse jagters wat die bedryf wil beskerm teen SPORT skieters.
gaan ek onpopuler word omdat ek as 'n newbie verniet skiet op 'n boer se plaas want ek bedonner nou sy voltydse besigheid?
Jy gaan onpopuler word omdat jy jou dienste verniet beskikbaar stel, en dierek gaan meeding teen manne wat hulle lewe uit hierdie bedryf maak, en op die einde van die aand moet die pro's al die jakkalse wat jy skelm gemaak het probeer uitsort.
i have a friend who owns a farm where they practice the art of culling. it is definitely an art which i respect and would like to master, if i can. there is no doubt that you should not be night culling if you don't know what you are doing,
Ek doen ook culling, en as jy dink jy gaan jakkalse CULL, maak jy n groot fout, jy kan dalk Springbokke cull, maar dit gaan so effe moeilikker met jakkalse.
the deciding factor here is that your level of service determines your price and activity and not your experience.
Ja , en as jy enigeiets van PREDATOR CONTROLL af geweet het sou jy weet dat jou level of service net met experience kom.
i respect your skill and i desire to become as good as you one day.
Sal maar net met jou deel dat jy dalk, net dalk op die verkeerde voet beginne het hier. Kom ons kyk of as jy die dag jou 1000'ste jakkals skiet, jy nog dieselle voel.
James
daar is altyd tyd vir opvoeding, klas en styl.
Stem saam met jou....egter.
ons bly almal jagters en by jaracal het ek nog altyd net geduld ervaar met problematiese insidente, en nuwelinge. n ware leermeester hanteer die mees iriterende stellings en vra met geduld en wysheid. dit is hoe ek jaracal leer ken het. dis nie hoe ek jaracal die laaste twee dae gesien het nie.
aanvaar jou uitdaging as moderator met trots, al is jy ongewild en beskerm die nuwelinge, al is dit moeilik. dit is n teken van n leermeester.
Dit het ek nog altyd probeer doen, dit ontwyk my egter waar jou uitverkore NUWE vriend vrae vra, en sien ek eerder STELLINGS wat hy maak oor n onderwerp wat hy self se hy nog van wil leer.....
En kan ek ook nie saamstem met die manier waarop jy ander forum lede aangespreek het nie.
Mooi loop
Francois