spekieries wrote:Ek wil graag hê die son moet almal skyn , dit sluit die boere van ons land want ek het baie deernis met hulle. Baie keer sê ons dat die jagters wat goeie pryse wil hê maar hulle gewere moet verkoop. Ek dink dit word al hoe meer 'n realiteit vir al hoe meer manne. Kyk maak geen fout nie, ek is lief vir jag ek is lief vir die bos en ek is lief vir die natuur. Ek wil graag jag en as my ma 'n man was, was ek seker die erfgenaam van 'n jagplaas want my oupa aan moederskant het redelik suksesvol in die bosveld geboer. Maar
My salaris neem toe met plus minus 6-7% per jaar. Die regering wil ons wysmaak dit is wat inflasie is. Se gat man, ek is 52 en ek kan onomwonde sê dat ek salarisgewys agter gebly het. ( Nou ek kla nie) Ek probeer net sê, alles in ag genome moet prioriteite opgeweeg word. Kinders moet duur skole toe gaan, gaan "swat" medisyne is vrek duur, petrol, diesel, kos, elektriseteit en en en ....
As ek moet kies sal ek seker maar my self moet tekort doen ten koste van my familie. Dus as pryse astronomies toeneem (wat wel die geval is) sal ek seker met trane in my oë my gewere moet wegdoen. Miskien praat ek namens ander ook wat dit net nie op skrif stel nie.
Miskien is jag dan op die lang duur net vir die superrykes en nie vir die gemiddelde man beskore nie. Kan dit wees dat ons dan in die toekoms al hoe minder jagters gaan hê ?
Spiekeries - ek moet met jou saamstem. Natuurlik gun ek die boer sy pond vleis, maar wanneer 'n spesifieke plaas bv die prys van springbokke met 25% verhoog (R28 pkg na R35 pkg) van een jaar na die volgende, dan kry ek so 'n suur smaak in my mond.
Ekself het vir baie jare 4 tot 5 maal 'n jaar gejag en kon dit maklik bekostig (met kinders in die huis). Nou is die kinders op hulle eie en moet ek mooi begroot om net miskien 2 maal te jag.
Net so weet ek dat boere ook in hierdie koste knyptang vasgevang is. Iewers noem iemand oor die prys van 'n bakkie. Kan iemand gou die som maak.....
Hoeveel skaap moes jy 15 jaar terug verkoop om 'n nuwe plaasbakkie te koop en hoeveel skaap moet jy nou verkoop vir een in dieselfde klas?
Of ons dit nou wil weet of nie, ons het almal in reële terme verarm. Vraag en aanbod (+ diens) sal altyd die pryse bepaal. Die wiel draai altyd.
Groetnis
Dawie