Jag pryse -

User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Jag pryse -

Post by Jakes73 »

Jessie wrote:Naand Manne

Ek moet se die pryse hierbo lyk baie billik teen die pryse wat ons jaggroepie tot op hede gekry het. Ons kontak duidelik die verkeerde plase. Ons het middel Januarie begin bra vir pryse en was geskok met die pryse van wild in vergelyking met laas jaar. Rooibok ooie R1600- R2000, ramme R1300 - R1700, BWB bulle R 3500 - R4500, gemsbokke R5000- R7000, koedoe koeie R3200 - R4000. Ek wil nie eers die pryse van bulle noem. Ek is bly om te sien daar is darem nog boere kyk na die biltongjagters
Jessie,

Ek dink die pryse wat jy na hierbo verwys is 2014 en 2013 pryse. Ek vermoed meeste plase se pryse, veral op Rooibokke, is drasties op die jaar. Ek het gister gehoor die plaas waar ons sou gaan jag gaan nie meer jag die jaar nie. Hulle gaan al die bokke laat vang met die uitsondering van die diere waarmee hulle teel in aparte teel kampe. Veld het blykbaar niks kos en water nie, hulle sukkel erg met droogte ander kant Thabazimbi.

Groete
Jaco
User avatar
FrankTheTank
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Tue Sep 02, 2014 9:41 am

Re: Jag pryse -

Post by FrankTheTank »

Jagters

Ek het al 8 plekke gebel (ons het nie vrinne met plase nie), 5 jag nie die jaar nie (gaan vang en verkoop) en die ander 3 se pryse is so hoog dat ons dit nie kan bekostig nie of wil bekostig nie.
Die plek waar ons gewoonlik jag se pryse is met 40% op maar het ongelukkig reeds n booking en sal dit moet nakom hierdie jaar, maar dit sal die laaste wees.
2015 gaan 'n swaar jaar wees vir jag dit smaak my hierdie wildsprys bubble wat "hulle" skep gaan eers moet bars voor ons weer lekker gaan jag.
Of ons moet maar eerder in Namibie gaan jag, dis dalk ver, maar met diesel ingelsuit steeds goedkoper as die algemene SA pryse.
Headshots safes ammo and meat.
Howa Model 1500 .308 Zeist Scope 4-12X42
nibo
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Aug 14, 2015 2:38 pm

Re: Jag pryse -

Post by nibo »

:police:
Last edited by nibo on Mon Aug 17, 2015 1:09 pm, edited 1 time in total.
Steyr Mannlicher .308
Sauer 202, 7mm RM
Tikka Varminter .243
Marocchi 12 boor
Mauser .22
R1 Para 7.62
CZ 75, 9mm para
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jag pryse -

Post by cassie_calvinia »

hoe kan 'n teeldier mark versadig word?
ek koop elke jaar stoet ramme, beesboere koop stoet bulle?
met jou houding teen oor boere laat veel tewense oor.
ek hoop jy kry vir die volgende 5 jaar GEEN VERHOGING OP JOU SALARIS NIE.
HOU HOM DAAI DIKTE
nibo
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Aug 14, 2015 2:38 pm

Re: Jag pryse -

Post by nibo »

:police:
Last edited by nibo on Mon Aug 17, 2015 1:09 pm, edited 1 time in total.
Steyr Mannlicher .308
Sauer 202, 7mm RM
Tikka Varminter .243
Marocchi 12 boor
Mauser .22
R1 Para 7.62
CZ 75, 9mm para
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jag pryse -

Post by cassie_calvinia »

die iste mense wat jou die vooreg gun om jou gunsteling sport te beoefen, wens jy teespoed toe.
jag jy die splits? as nie, wat het dit anyway met jou te doen of die bubble bars?
voorspoed
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jag pryse -

Post by cassie_calvinia »

en, ongelukkig is teeldiere nodig om die voortbestaan, en kwaliteit van die wildsbedryf te verseker.
teel diere sal altyd daar wees, of jy nou daarvan hou of nie. tensy jy klein ingeteelde bokke wil jag.
jag is ongelukkig 'n besigheid, waarvan die bok wat jy skiet, die boer se krag en diesel moet betaal.
so, dit is nou maar hoe dit is.
en, ek hou nie van jou manier van praat nie.
nie teenoor my, of teen oor die boere nie
HOU HOM DAAI DIKTE
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jag pryse -

Post by PWV »

.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jag pryse -

Post by PWV »

nibo
Kon nie eintlik agterkom waar jy jouself bekende gestel het hier op die Forum nie.
Vir 'n ou met 4 posts, is jy nogal bitsig met jou skerp taalgebruik!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Jag pryse -

Post by alecjohnson »

PWV wrote:nibo
Kon nie eintlik agterkom waar jy jouself bekende gestel het hier op die Forum nie.
Vir 'n ou met 4 posts, is jy nogal bitsig met jou skerp taalgebruik!

Klink my hy is een van die jagbuddy soldate! Nibo, jy ken nie die Jaracal gesindheid nie, ons praat nie so met mekaar nie! maak nie saak wie wat se nie. As jy so iets wil se sal ek jou aanbeveel om dan eerder te PM


Pryse gaan op! daarteen kan jy nie baklei nie.

in 2006 het my bakkie R290K gekos uit die boks uit met al die ekstras, nou kos dit sonder iets ekstra R505K gaan seker by die 650K wees met ekstras! Die boere pas nie so baie hulle pryse aan nie. As hulle wel dit aanpas 11-1-11 baie in hul broek, en dan besef ons ons betaal want dis lekker.

Jag is 'n voorreg, waarvoor opgedok moet word.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Jag pryse -

Post by joe rocket »

Nibo hierdie is nie n hierjy forum nie, hierdie forum is n passie vir n klomp mense, hier respekteer ons mekaar.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
nibo
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Aug 14, 2015 2:38 pm

Re: Jag pryse -

Post by nibo »

:police:
Last edited by nibo on Sat Sep 19, 2015 11:01 am, edited 2 times in total.
Steyr Mannlicher .308
Sauer 202, 7mm RM
Tikka Varminter .243
Marocchi 12 boor
Mauser .22
R1 Para 7.62
CZ 75, 9mm para
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Jag pryse -

Post by 308Win »

Ja ek kry regtig manne soos Nibo jammer in die volgende paar jaar. Net gister was ek by 'n wildveiling naby Chrissiesmeer. Groot was my oe toe ek hoor dat hul gewone hoeveld springbokkies vir by die R3k verkoop. Ek het nie gehoor waarvoor die 2 Damara springbokramme gegaan het nie. Maar ek dink die prys moes hoog wees, want hul het beide baie mooi stelle horings gehad. 'n Paar maande gelede het my buurman op Vanzylsrus se veiling R4k vir gewone kalahari springbokke betaal.

Nou wonder ek maar net vir hoeveel moet mens dan die goed laat jag. Aangesien jy DIT vir veilingbokke betaal wat jy nie eers weet of hulle die eerste winter sal oorleef nie. Of sal hul somer vrek oppad plaas toe?

Maw as jy springbokke vir R1000 wil jag, moes die ooi ten minste 3 lammers groot gemaak het voor die boer oor 3 jaar R1000 bruto wins maak. :):
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Jag pryse -

Post by Capt. Yoda »

Nee wat jy kani n boer kwalik neem as hy sy springbik vir 3k verkoop nie die mense moet ook geld maak.Die dae van n koedie ruil vir n bot brannas is lankal verby en as manne sit en wag vir die "borrel" om te bars sodat almal weer spingbokke vir R400 kan skiet moet jy maar jou gewere goed oli dat hul nie roes nie, die exotiese wild gaan nerens heen nie en ek is nogals bly vir die manne wat goed geld maak met dit.Die pryse sal seker oor tyd bq afplat maar ons gaan nie weer goedkoop wild by die tonne jag nie ons kan maar vrede met dit maak en oor dit kom.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jag pryse -

Post by cassie_calvinia »

nibo wrote:Goed, vir die waarop ek se tone getrap het, jammer, dis nie so bedoel nie.

Die top wildsboere (Ramaphosa, Troskies, Ruperts, vd Lindes ens.) moet teel diere inkry om hulle fantasie-lyn van kleur variante en splits aan die gang te hou en dit na my mening veroorsaak 'n piramide effek en gaan een of ander tyd plat val, want wie van ons, en met 'ons' bedoel ek biltongjagters, kan 'n wit, piek, blou, geel of watter kleur ookal bok teen tien, selfs honderde duisende rande skiet - NET vir sy vleis?? Die oorseese jagters stel ook nie in die diere belang nie. RW en Sica erken dit ook nie.
Die wildsboere skep nou want eersgenoemdes koop goeie teel diere aan teen astronomiese pryse en ons ly daaronder deurdat die boere of nie laat skiet nie want hy laat vang en verkoop, of hy het self op die wa gespring en hoop nou om sy kleure varainte self te teel en verkoop.

DIT is die teeldiere waarvan ek praat.
daai onderwerp al telkemale bespreek. gebruik die search funksie, en lees als op. as jy regtig voel jy kan 'n betekenisvolle bydra lewer, voel vry
HOU HOM DAAI DIKTE
JacoVOS
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Wed Mar 21, 2012 9:12 am

Re: Jag pryse -

Post by JacoVOS »

Wonder of daar ooit geld tussen Ramaphosa, Troskies, Ruperts, vd Lindes ens betaal word vir wild of is dit maar net n kunsmatige ekenomie
Gerritmvb
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Jul 15, 2015 8:14 pm

Re: Jag pryse -

Post by Gerritmvb »

Ons skiet nog vir R23/kg afgeslag in Oos Kaap, Steytlerville en Willowmore. Koedoe, Springbok en Blesbok.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Jag pryse -

Post by Nickvn »

nibo wrote:
cassie_calvinia wrote:hoe kan 'n teeldier mark versadig word?
ek koop elke jaar stoet ramme, beesboere koop stoet bulle?
met jou houding teen oor boere laat veel tewense oor.
ek hoop jy kry vir die volgende 5 jaar GEEN VERHOGING OP JOU SALARIS NIE.
Ek praat van die splits diere en kleur variante waarvoor die 'wildsboere' vroulike teeldiere aankoop. (Rooibok ooie teen R7000.00).

Klim van jou verdomde perdjie af en maak eers seker waaroor 'n ding gaan voor jy jou bek rek man!

Ag nee man Nibo, ons almal hier het respek vir mekaar en probeer in goeie gees met mekaar gesels soos ons om die vuur op n jag sal gesels. Ek weet nie of graag met jou wil gesels as jy so met my gaan praat nie.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
nibo
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Aug 14, 2015 2:38 pm

Re: Jag pryse -

Post by nibo »

:police:
Last edited by nibo on Mon Aug 17, 2015 1:11 pm, edited 1 time in total.
Steyr Mannlicher .308
Sauer 202, 7mm RM
Tikka Varminter .243
Marocchi 12 boor
Mauser .22
R1 Para 7.62
CZ 75, 9mm para
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Jag pryse -

Post by BeesBreet »

Ek wil net iets noem, en ek is geen sins n kenner nie... Ek ken persoonlik een wildsplaas eienaar en het al van twee ander gehoor, wat asgv die styging in teelbeleid, "swakker" of minder gesogte manlikke diere aankoop teen onder mark waarde juis om dit beskikbaar te stel vir ons biltong jagters. Die oom wat ek persoonlik ken koop speen buffel bulle aan teen ongeveer R15000 stuk, en maak hulle oor drie jaar beskikbaar vir jagters teen minder as R50 000...
Ek persoonlik wou nog altyd n buffel jag, en sou dit nooit kon bekostig nie... maar dit kan nou moontlik n word vir my.
Baie dankie wildbedryf!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jag pryse -

Post by PWV »

nibo wrote:So, al vra mens om verskoning sal die lede hier jou nog steeds hammer?

Nee, nibo, die manne sal jou aanvaar as jy eers vir ons vertel wie jy is, van watter deel van Boksburg jy kom en waarmee jy skiet. Daarna tel jy tot tien voordat jy op 'n post kommentaar lewer.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Jag pryse -

Post by spekieries »

Ek wil graag hê die son moet almal skyn , dit sluit die boere van ons land want ek het baie deernis met hulle. Baie keer sê ons dat die jagters wat goeie pryse wil hê maar hulle gewere moet verkoop. Ek dink dit word al hoe meer 'n realiteit vir al hoe meer manne. Kyk maak geen fout nie, ek is lief vir jag ek is lief vir die bos en ek is lief vir die natuur. Ek wil graag jag en as my ma 'n man was, was ek seker die erfgenaam van 'n jagplaas want my oupa aan moederskant het redelik suksesvol in die bosveld geboer. Maar

My salaris neem toe met plus minus 6-7% per jaar. Die regering wil ons wysmaak dit is wat inflasie is. Se gat man, ek is 52 en ek kan onomwonde sê dat ek salarisgewys agter gebly het. ( Nou ek kla nie) Ek probeer net sê, alles in ag genome moet prioriteite opgeweeg word. Kinders moet duur skole toe gaan, gaan "swat" medisyne is vrek duur, petrol, diesel, kos, elektriseteit en en en ....

As ek moet kies sal ek seker maar my self moet tekort doen ten koste van my familie. Dus as pryse astronomies toeneem (wat wel die geval is) sal ek seker met trane in my oë my gewere moet wegdoen. Miskien praat ek namens ander ook wat dit net nie op skrif stel nie.

Miskien is jag dan op die lang duur net vir die superrykes en nie vir die gemiddelde man beskore nie. Kan dit wees dat ons dan in die toekoms al hoe minder jagters gaan hê ?
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Jag pryse -

Post by DawieKotze »

spekieries wrote:Ek wil graag hê die son moet almal skyn , dit sluit die boere van ons land want ek het baie deernis met hulle. Baie keer sê ons dat die jagters wat goeie pryse wil hê maar hulle gewere moet verkoop. Ek dink dit word al hoe meer 'n realiteit vir al hoe meer manne. Kyk maak geen fout nie, ek is lief vir jag ek is lief vir die bos en ek is lief vir die natuur. Ek wil graag jag en as my ma 'n man was, was ek seker die erfgenaam van 'n jagplaas want my oupa aan moederskant het redelik suksesvol in die bosveld geboer. Maar

My salaris neem toe met plus minus 6-7% per jaar. Die regering wil ons wysmaak dit is wat inflasie is. Se gat man, ek is 52 en ek kan onomwonde sê dat ek salarisgewys agter gebly het. ( Nou ek kla nie) Ek probeer net sê, alles in ag genome moet prioriteite opgeweeg word. Kinders moet duur skole toe gaan, gaan "swat" medisyne is vrek duur, petrol, diesel, kos, elektriseteit en en en ....

As ek moet kies sal ek seker maar my self moet tekort doen ten koste van my familie. Dus as pryse astronomies toeneem (wat wel die geval is) sal ek seker met trane in my oë my gewere moet wegdoen. Miskien praat ek namens ander ook wat dit net nie op skrif stel nie.

Miskien is jag dan op die lang duur net vir die superrykes en nie vir die gemiddelde man beskore nie. Kan dit wees dat ons dan in die toekoms al hoe minder jagters gaan hê ?
Spiekeries - ek moet met jou saamstem. Natuurlik gun ek die boer sy pond vleis, maar wanneer 'n spesifieke plaas bv die prys van springbokke met 25% verhoog (R28 pkg na R35 pkg) van een jaar na die volgende, dan kry ek so 'n suur smaak in my mond.

Ekself het vir baie jare 4 tot 5 maal 'n jaar gejag en kon dit maklik bekostig (met kinders in die huis). Nou is die kinders op hulle eie en moet ek mooi begroot om net miskien 2 maal te jag.

Net so weet ek dat boere ook in hierdie koste knyptang vasgevang is. Iewers noem iemand oor die prys van 'n bakkie. Kan iemand gou die som maak.....

Hoeveel skaap moes jy 15 jaar terug verkoop om 'n nuwe plaasbakkie te koop en hoeveel skaap moet jy nou verkoop vir een in dieselfde klas?

Of ons dit nou wil weet of nie, ons het almal in reële terme verarm. Vraag en aanbod (+ diens) sal altyd die pryse bepaal. Die wiel draai altyd.

Groetnis

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Jag pryse -

Post by Heinz Petersen »

As jy nie kan gaan jag, omdat dit te duur geword het, is dit jou saak. Daar is ander jagters wat dit wel kan bekostig.
Dit is nie jou reg om n boer aan te vat oor sy pryse wat hy vra nie, want dit is sy besiheid wat hy bedryf om sy kinders in n koshuis op die dorp te laat bly om skool te gaan en nie die gerief het wat jy het wat in n stad bly nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Jag pryse -

Post by JacquesT (Stompe) »

Ja nee dis 'n vrye mark stelsel en elke man kan vra wat hy wil, ons almal is geregtig om 'n neseier te skrop.

Alhoewel die pryse baie hoog is, is daar tog nog plekke wat baie bekostigbaar is. Ek het Julie op 'n plaas gejag in die Noord Kaap waar Springbokke R650 was en Gemsbok R3500. Maar ons verwag om 200km te ry en dan vir bargains te jag. Dis mos lekker om die land te sien, vat so 3 dae meer verlof en sien die wêreld.

Ek ry Donderdag op 'n jag waar die plaas so droog is, bwb en waterbok vleis bokke gaan vir R1500. Dis vreeslik hartseer dat die boer sulke pryse moet vra omdat sy wild nie die droogte gaan oorleef nie, maar niemand dink daaraan as ons na die jag seisoen in ons kantore sit en vergeet van die boer en sy struweling, om kop bo water te hou nie.

Laat elke man geld maak terwyl hy kan, ons in die stad verwag dit immers.

Groete
Post Reply