Flat Line Bullets

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Flat Line Bullets

Post by Capt. Yoda »

http://precisionrifleblog.com/2015/07/2 ... e-bullets/

http://2poqx8tjzgi65olp24je4x4n.wpengine.netdna-cdn.com/wp-content/uploads/2015/07/Warner-Tool-Company-Flat-Line-Bullets-660x330.jpg

http://2poqx8tjzgi65olp24je4x4n.wpengine.netdna-cdn.com/wp-content/uploads/2015/07/New-Flat-Line-Bullets-645x518.jpg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Flat Line Bullets

Post by Sangoma (IAN) »

!!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Klopper
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Fri Feb 17, 2012 7:19 am

Re: Flat Line Bullets

Post by Klopper »

Dis jammer van daai prys, ek skat, AS on dit die kant kry gaan mens R 2000 betaal per 100 omtrent...dis rof!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Arnold »

Ek het daai vanoggend gelees en dink toe dadelik aan Peregrine se koeels.
Ek kry nou 'n paar goedjies uit die VSA en een dollar kos my R18.3 as ek shipping en taxes insluit :(

Dit sal interesant wees om te weet of daai BC waardes getoets of bereken was. Ek sien daar is effense groewe/gleuwe in die koeël wat sekerlik die dravlak korter maak en so druk verminder (soortgelyk aan die Barnes koeëls met net vlakker gleuwe), hierdie tipe ding beinvloed BC negatief volgens Bryan Litz en daarom is die getoetste BC waardes van die GS custom koeëls heelwat minder as geadverteer. Dalk is die gleuwe nie die genoeg om 'n effek te hê nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Capt. Yoda »

EK het gesien die manne praat klaar daar onder Applied Ballistics se afdeling op accurateshooter oor die BC waardes en ek glo Bryan sal hul toets sodra hul beskikbaar raak. Volgens hulle dink hulle ook die prys gaan bq rof wees en die manne kan hul nie gebruik in comps wat daar na gonge geskiet word soos die precision rifle reeks nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Flat Line Bullets

Post by Boesman10 »

Is "Lathe turned solids" nie dieselfde as CFC machined solids nie?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Geno »

Boesman10 wrote:Is "Lathe turned solids" nie dieselfde as CFC machined solids nie?
Selfde ding. Dis net die operator wat verskil.
Lathe = Draaibank
CNC = rekenaar geprogrameerde draaibank.

Ek glo CNC werk is meer herhaalbaar.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Flat Line Bullets

Post by Boesman10 »

Ek is op die oomblik besig om twee nuwe CNC punte te toets. Linkerkantse een is 130 grein (BC 0.421) wat ek in die .308 probeer en regterkant is 170 grein (BC 0.540) wat ek in die .300 WM probeer en resultate lyk great. Wonder of mens die ontwerp nie nog verder kan stoot in die Flat Line punte se rigting nie.

http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/IMG_8681_zpsf445jhq6.jpg
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Joe308 »

Ek sal eers daai BC's glo as Bryan Litz dit getoets het.... As the saying goes if it's too good to be true then....its too good to be true... Net die feit dat 'n snelheids venster vir G7 waardes gespesifiseer word is al klaar "fishy"... En dan het die punt nog druk bande...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Capt. Yoda »

Joe ja ek glo ek sal ook ma by die bergers en amaxe bly vir bq lr skiet ma dis lekker om al die kompetiesie te sien
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by JPS »

Boesman10 wrote:Ek is op die oomblik besig om twee nuwe CNC punte te toets. Linkerkantse een is 130 grein (BC 0.421) wat ek in die .308 probeer en regterkant is 170 grein (BC 0.540) wat ek in die .300 WM probeer en resultate lyk great. Wonder of mens die ontwerp nie nog verder kan stoot in die Flat Line punte se rigting nie.

http://i677.photobucket.com/albums/vv134/boesman10/IMG_8681_zpsf445jhq6.jpg
Boesman,

Impalas is al getoets hier op di forum ::) die linkerkantse een is so te se presies dieselfde en selfde gewig ook.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Flat Line Bullets

Post by Boesman10 »

@JPS dit is nie Impalas nie. Die vorm is heeltemal verskillend
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by JPS »

Maak? Dalk Expert? Deur Johan Yssel? Ek sal vanaand gou .30 130gn impala afneem en post.
Last edited by JPS on Fri Jul 31, 2015 1:23 pm, edited 1 time in total.
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by heywillie »

Arnold wrote:Ek het daai vanoggend gelees en dink toe dadelik aan Peregrine se koeels.
Ek kry nou 'n paar goedjies uit die VSA en een dollar kos my R18.3 as ek shipping en taxes insluit :(

Dit sal interesant wees om te weet of daai BC waardes getoets of bereken was. Ek sien daar is effense groewe/gleuwe in die koeël wat sekerlik die dravlak korter maak en so druk verminder (soortgelyk aan die Barnes koeëls met net vlakker gleuwe), hierdie tipe ding beinvloed BC negatief volgens Bryan Litz en daarom is die getoetste BC waardes van die GS custom koeëls heelwat minder as geadverteer. Dalk is die gleuwe nie die genoeg om 'n effek te hê nie.
Jys reg, dit lyk baie soos die Peregrine Range masters !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by 308Win »

Hoe werk dit dat die koeels beide G1 en G7 BC's het? Soos wat ek dit verstaan is die G7 'n bootstert spitspunt en die G1 'n rondeneus platstert.
Aldus Wikipedia:
G1 or Ingalls (flatbase with 2 caliber (blunt) nose ogive - by far the most popular)[87]
G2 (Aberdeen J projectile)
G5 (short 7.5° boat-tail, 6.19 calibers long tangent ogive)
G6 (flatbase, 6 calibers long secant ogive)
G7 (long 7.5° boat-tail, 10 calibers tangent ogive, preferred by some manufacturers for very-low-drag bullets[88])
G8 (flatbase, 10 calibers long secant ogive)
GL (blunt lead nose)
Ek verstaan ook dat die BC verander soos wat die koeel se spoed verander.
Is die waardes soos aangegee dan net vir die gebruik in ballistiese rekenaarprogramme?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Capt. Yoda »

308Win wrote:Hoe werk dit dat die koeels beide G1 en G7 BC's het? Soos wat ek dit verstaan is die G7 'n bootstert spitspunt en die G1 'n rondeneus platstert.
Aldus Wikipedia:
G1 or Ingalls (flatbase with 2 caliber (blunt) nose ogive - by far the most popular)[87]
G2 (Aberdeen J projectile)
G5 (short 7.5° boat-tail, 6.19 calibers long tangent ogive)
G6 (flatbase, 6 calibers long secant ogive)
G7 (long 7.5° boat-tail, 10 calibers tangent ogive, preferred by some manufacturers for very-low-drag bullets[88])
G8 (flatbase, 10 calibers long secant ogive)
GL (blunt lead nose)
Ek verstaan ook dat die BC verander soos wat die koeel se spoed verander.
Is die waardes soos aangegee dan net vir die gebruik in ballistiese rekenaarprogramme?

G1 BC word baie bepaal deur spoed(FB en Bootstert sal n G1BC he), hoe vinniger jy hom kan skiet hoe hoer is die BC gewoonlik en vervaardigers wat bootstertkoels maak gebruik G1 BC vir hulle.G1 se nr op die boks lyk/ is hoer as G7 maar is op baie koels misleidend, ons gebruik min G1 waardes. G7 is n "vaste" waarde wat nie deur spoed beinvloed word nie en ons gebruik hom, hy vertoon laer op die boks maar dit is die nommer om te gebruik
Last edited by Capt. Yoda on Sat Aug 01, 2015 1:05 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Capt. Yoda »

http://02b0516.netsolhost.com/blog1/200 ... efficient/

Hier in die stuk verduidelik hulle dit mooier
If you look at the G1 standard projectile again in Figure 1, you might think; “it’s too bad there isn’t a standard that’s more representative for modern long range bullets”. In fact, there are several standard projectiles, all with different shapes, that are much more representative of modern long range bullets than the G1 standard. The standard that bears the closest resemblance to most modern long range bullets is the G7 standard, shown in Figure 2.

As you can see, the G7 standard projectile, with its long boat tail and pointed ogive bears a much stronger resemblance to a modern long range bullet than the G1 standard projectile. As a result, the BC of a modern long range bullet that’s referenced to the G7 standard is constant for all velocities! In other words, a trajectory that’s calculated with a ‘G7 BC’ doesn’t suffer from the same velocity dependence problems and inaccuracies as calculations that are made with a G1 BC.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by 308Win »

Capt. Oblivious wrote:http://02b0516.netsolhost.com/blog1/200 ... efficient/

Hier in die stuk verduidelik hulle dit mooier
If you look at the G1 standard projectile again in Figure 1, you might think; “it’s too bad there isn’t a standard that’s more representative for modern long range bullets”. In fact, there are several standard projectiles, all with different shapes, that are much more representative of modern long range bullets than the G1 standard. The standard that bears the closest resemblance to most modern long range bullets is the G7 standard, shown in Figure 2.

As you can see, the G7 standard projectile, with its long boat tail and pointed ogive bears a much stronger resemblance to a modern long range bullet than the G1 standard projectile. As a result, the BC of a modern long range bullet that’s referenced to the G7 standard is constant for all velocities! In other words, a trajectory that’s calculated with a ‘G7 BC’ doesn’t suffer from the same velocity dependence problems and inaccuracies as calculations that are made with a G1 BC.
Dankie. Net die leesstof wat ek nodig gehad het. Dit verklaar ook hoekom ek ALTYD meer clicks moet opgaan as wat die ballistiese rekenaarprogrammetjies vir my uitwerk. Omdat die vervaardigers van koeels omtrent altyd die G1 BC kwoteer as hul BC, het ek as kluit aangeneem dat dit dan die G7 BC is aangesien die profiel van die koeel dan 'n G7 profiel is. :-[

As mens hier http://www.shootforum.com/forum/bulletdb.html kyk, meld hul ook nie of dit G1 of G7 BC's is nie. Met die hoe nommers, moet mens seker aanneem dit is dan die G1 BC's.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Capt. Yoda »

Hulle sal op die pak se as dit G7 is soos berger en party ander maak.Ongelukkig gee meeste vervaardigers net die G1 want veral met n bootster koel lyk dit baie goed op die boks.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Alliwyn
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm

Re: Flat Line Bullets

Post by Alliwyn »

As ek 'n stuiwer mag ingooi...

Dis vir my baie goed om te sien dat LR koeëls soveel belangstelling wêreldwyd lok. Met hulle pryse lyk ons Peregrine Rangemasters se pryse nogal goed moet ek sê. Hulle BC waardes lyk nie vir my so vergesog as ek na die neus en boot stert vorm kyk nie. Die probleem wat ons tydens navorsing ervaar het met sulke lang neuse en lang boot sterte is dat akkuraatheid baie benadeel word. 'n Te lang neus kan ook veroorsaak dat 'n koeël "nervous" raak en dan word dit moeilik om in enige geweer aan die skiet te kry.

Daar is een aspek van die Flat line koeëls wat dalk problematies gaan wees, jy sal spesiaal jou kamer se "freebore" moet modifiseer om daai koeëls te kan toets/skiet en jy gaan nie veel aan die "jump" kan stel nie. Die rede hiervoor... Hulle het sover ek op fotos kan sien 'n taamlike wye enkel groef wat buite die dop aangetoon word. In my vroeëre ontwikkelings modelle van die Rangemasters het ek ook gebruik gemaak van 'n wye enkel groef (binne die nek), maar het die konsep laat vaar en ander oplossings gaan soek omdat dit die vryheid van die ou wat herlaai te veel inperk.

Terloops ek sien daar bestaan heelwat verwarring rondom die beste gebruik van G1 en G7 BC waardes. Albei kan goed benut word met ballistiese selfoon programme mits jou beplande terminaal snelheid nog heelwat bo klank spoed is. Die G1 model is nie in staat om die sleurkragte baie akkuraat rondom klank snelheid en net onder klank snelheid (die Transoniese gebied) te bereken nie. Dis ook nie baie goed met moderne ge-optimeerde koeël vorms vir lang afstand nie. Derhalwe is G7 beter geskik wanneer spitzer koeëls met 'n boot stert gebruik word.

Vir Peregrine Rangemaster koeëls word albei waardes, G1 en G7 gepubliseer en ons het baie moeite gedoen om seker te maak dis baie akkuraat.
Post Reply