Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sien nou hierdie onderwerp na so rukkie wat ek van die forum af was. Ek sal graag ook meer wil leer, ek sal inpas by die datum wat die meerderheid verkies.
Ek gaan beide naweke die kursus aanbied. Hier is van die plaaslikke manne wat die kursus gaan bywoon op die 15 Augustus, dus is daar genoeg om dit die moeite werd te maak.
My seun stel ook belang vir 15Aug. Hy voel hy is 'n beginner. Hy wil weet of dit vir intermediate of beginners is. Wil seker nie afsteek nie en hy gebruik 'n 303.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Giepie wrote:My seun stel ook belang vir 15Aug. Hy voel hy is 'n beginner. Hy wil weet of dit vir intermediate of beginners is. Wil seker nie afsteek nie en hy gebruik 'n 303.
Niemand lag vir niemand op die kursus nie. Almal leer iets by.
Dit is beter as n beginner van die begin af die regte goed leer, en nie eers slegte gewoontes aanleer wat later baie moeilik afgeskut word nie.
Ek het al honderde skoolkinders ook afgerig waarvan daar drie Junior Wereld Kampioene geword het, en een Senior Wereldkampioen. Ek het ook gehelp afrig aan twee dames Wereldkampioene. As jy luiseter en toepas wat ek jou leer, waarborg ek n verbetering in jou skiet. Dit hang van jouself af.
Aai, manne ek is genooi op 'n last minute jag, en die pryse is van so aard dat ek dit nie verby kan laat gaan nie. Ek sal ook my ore op die grond hou vir volgende jaar.
Baie jammer.
22 Augustus
1 Pvdw 2de keer
2 Boerboel
3 Montie
4 Cobb
5 Langeraat
6 Alwyn
7 Chris Swart
8 Banzo
9 Spanner 2 de keer
10Willie 007
11Willie 007(1)
12Willie 007(2)
13 Henk(Hilux01)
14. Oupa (Emile)
Ek weet nie of ek dit mis gelees het nie. Hoe laat moet ons daar wees en tot hoe laat gaan dit aan? Ons moet terug ry en het iets aan die volgende oggend.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Hier volg die pad aanwysings en sommer alles wat julle nog moet weet:
Vanaf PTA, ry op die R50, dit is die Rigel afrit op die N1, in die rigting van Delmas. Volg die pad na Delmas, oor Babsfontein tot 8km voor Delmas waar die N12 JHB - Witbank pad kruis. Draai daar links op die snelweg, rigting Witbank (Emalathleni)
Ry vir 4 km op N12 en neem die volgende afrit na Links af R42. Draai links in rigting Bronkhorstspruit en volg pad vir 2.1km, en draai dan regs op grondpad. Ry sowat 2km tot jy oor die spruit se brug gaan en draai eerste paadjie na spruit,links in lande in. Skietbaan sit voor jou, 400m in
Vanaf JHB volg die N12 tot by Bronkhorstspruit afrit, R42 en volg pad soos bo.
Ek wil graag dat ons nie later as 09H00 begin met die kursus. Sorg dus dat jy so vanaf 08h30 daar is.
Hier is wat jy nodig het:
Bring saam:
Kampstoel
Skryf goed vir aantekeninge
Oorbeskerming
Grondseil of skietmat
Geweer + Patrone (soveel soos jy wil, maar nie minder as 30)
Mikstokke, of skietstokke wat jy mee jag of kompetisie skiet
Bi- pod as jy een gebruik
Geweerband
Spotting scope as jy het
Eet en drinkgoed vir deur die dag
Vleisie en drinkgoed en n bun of slaai vir die braai daarna
Ek sal sorg vir teikens, gonge en hout vir die braai, en roosters
Last edited by Piet Breedt on Tue Aug 04, 2015 7:33 am, edited 1 time in total.