Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post Reply
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post by win270 »

Ek gaan vlg week (29 Junie) Steynsburg (Noordoos-Kaap) se koers om springbokke, blesbokke, koedoes en ribbokke te jag. Hoop die weer speel saam, aangesien die wind in daardie streek kwaai kan pla in die wintermaande. So 'n ribbok of wat in die rante en 'n koedoe sal natuurlik 'n bonus wees.

Wie van julle weet hoe die veld se gehalte op die oomblik daar is en is die wild in goeie kondisie?

Hoor graag van die manne wat onlangs in daardie streek gaan jag het.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post by Frikkie Coetzee »

Sover ek weet is hulle koedoe seisoen die jaar heeltemal toe.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post by Mellies »

Win270 ek kom van daai wereld af en jag elke jaar daar. Meer spesifiek Burgersdorp.

Ek weet van die dele lyk baie goed en het meer reen as ander manne gehad. Ons gaan ook jag van die 1ste af. Die weer lyk heel goed vir die paar dae na die koue front van die naweek. Vat maar ganog warm (en droee) klere saam en iets wat kan skiet in die wind.

Burgersdorp en Steynburg val onder dieselfde area wat jag aanbetref.

Kudu: 1 Junie - 31 July. 1/persoon/dag (geen jag sonder permit)

Rooiribbok: 1 Junie - 31 July. 1/persoon/dag

Blesbok & Springbok se seisoen is 1 Januarie - 31 Desember as ek reg is. No limit op hoeveelhede.

Hierdie is alles 2014 se inligting. Jy kan net seker maak of iets intussen nie verander het nie!

Met n vleisie...
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post by Mellies »

Mellies270 wrote:Win270 ek kom van daai wereld af en jag elke jaar daar. Meer spesifiek Burgersdorp.

Ek weet van die dele lyk baie goed en het meer reen as ander manne gehad. Ons gaan ook jag van die 1ste af. Die weer lyk heel goed vir die paar dae na die koue front van die naweek. Vat maar ganog warm (en droee) klere saam en iets wat kan skiet in die wind.

Burgersdorp en Steynburg val onder dieselfde area wat jag aanbetref.

Kudu: 1 Junie - 31 July. 1/persoon/dag (geen jag sonder permit)

Rooiribbok: 1 Junie - 31 July. 1/persoon/dag

Blesbok & Springbok se seisoen is 1 Januarie - 31 Desember as ek reg is. No limit op hoeveelhede.

Hierdie is alles 2014 se inligting. Jy kan net seker maak of iets intussen nie verander het nie!

Met n vleisie...
Koedoebulle mag slegs in Julie geskiet word!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post by win270 »

Dankie, manne. Ek het die feite ook soos Mellies270 aangedui het.

Ek verwag 'n koue week!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post by Frikkie Coetzee »

Nee. Ek het gou die jag proklamasie gaan kyk. Die jag van koedoes in Steynsburg is toe die jaar. Die jag daarvan sonder n spesiale permit sal dus onwettig wees.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post by win270 »

Gromit wrote:Nee. Ek het gou die jag proklamasie gaan kyk. Die jag van koedoes in Steynsburg is toe die jaar. Die jag daarvan sonder n spesiale permit sal dus onwettig wees.
Lyk my ek het sleg gekommunikeer hierbo... Jy is korrek, Gromit. Ek het reeds my permit gekry.

Nou lyk dit my die erge koue en slegte weer is dalk volgende week ons voorland daar. :(
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Wie het onlangs in Steynsburg se omgewing gejag?

Post by Frikkie Coetzee »

By Tim de Jong?
Post Reply