Vars op die forum

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
ssRafiki
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Mon Jun 22, 2015 1:33 pm

Vars op die forum

Post by ssRafiki »

Goeie middag aan al die manne (en dames).

Die naam is Stephan en ek het vandag aangelsuit na weke se roofkyk :-[ Het al klaar baie geleer van al die dinge wat al bespreek is maar kom elke dag agter hoe baie ek het nog het om te leer!

So bietjie jag agtergrond vir die wat sou belangstel :

Laas jaar het ek die eerste keer die voorreg gehad om saam te gaan jag (te danke aan skoonpa). Na 'n paar maande se oefen met die .243, inligting en tips van skoonpa is ek opgewonde en vol senuwees die veld in. Die eerste oggend was die beste doop in die veld - het niks geskiet nie en het die geleentheid gehad om die bosveld bietjie beter te leer ken en te sien dat jag nie net oor bok skiet is nie! Na 'n lekker middagete was dit sulke tyd...ons sien 'n trop blesbokke en ek kry die groen lig om saam met die gids af te spring en te begin bekruip. Twintig minute later sit die gids die skietstok neer en se vir my "daarsy". Ek le aan agter die teleskoop maar die ram wat vir my staan en kyk lyk bitter ver. Nee, ek se vir die gids ek dink hierdie skoot is bietjie bo my vuurmaakplek, ons moet nader. Omtrent 30 meter verder sit hy weer neer en se vir my "Hier is min bome en bosse om agter weg te kruip, ons gaan nie nader kom nie". So vinnig en kalm soos ek kan probeer ek al die tips onthou (min wetende dat omtrent 300 meter verder sit 5 manne en kyk hoe hierdie afspeel...). Die skoot loop en ek verloor die ram in die teleskoop agv die recoil. Gids stel my gerus "Jy het hom. Mooi skoot". Blesbok het so paar meter gehardloop en daar sy laaste asem uitgeblaas. Resultaat : Skoot was op ongeveer 268m en horings 15".

Die volgende oggend was ek gelukkig om weer kans te kry en het 'n rooibok ooi op ongeveer 80 meter gekry. Die trop het die eerste paar druppels bloed toe gehardloop en my hart het in my keel gesit vir omtrent 100 meter toe ons haar kry.

Ek is BAIE gelukkig om nog nie 'n storie oor n kwesbok te he nie so 'so far so good'. Twee skote - twee bokke. Hopelik gaan hierdie jaar ook goed.

Nodeloos om te se maar die gogga het ordentlik gebyt en ek is in die proses om my eerste roer aan te skaf - 'n 30.06 Musgrave Mod 83.

Hoop om nog lekker te gesels hier en lekker kennis op te doen!

Bly om almal te ontmoet
Kingy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Sun May 11, 2014 10:35 am

Re: Vars op die forum

Post by Kingy »

Baie welkom, lekker storie sommer so met die intrap slag!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Vars op die forum

Post by Smitstertjies »

Daarsy, welkom in ons wereld!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Vars op die forum

Post by Boesman10 »

Dagse Stephan en welkom. Hoop om sommer nog lekker te gesels.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Vars op die forum

Post by Chris (vdB) »

Baie welkom
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Vars op die forum

Post by Jaco v Zyl »

Welkom
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Vars op die forum

Post by Pvdw »

Wlkon welkom. Sommer lekker staatmaket roek wat jy aanskaf.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Vars op die forum

Post by Plaashaas »

Welkom Stephan

Lekker skoonpa wat jy het. Dit was agtebaks van hom om jou aan jag voor te stel. Nou gaan jy nooit geld he vir skelpies en drugs nie.
ssRafiki
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Mon Jun 22, 2015 1:33 pm

Re: Vars op die forum

Post by ssRafiki »

Baie dankie vir die verwelkoming manne!

Pvdw - Baie dankie. Ek kan nie wag om hom te kry nie. Hy skiet vrek lekker en groepeer gevaarlik goed. Ek voel soos 'n kind voor kersfees (al is dit nog 'n paar maande voor ek hom sal kan kry). Dink ek sal bietjie vir oom Daan meer vra oor die roer sodra ek die nommer het om nog inligting te kry (as hy nog hier op die forum is)

Plaashaas - Klink vir my soos 'n goeie plan van hom want dit het definitief gewerk...
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Vars op die forum

Post by Ashley »

Ja nee, jy ganni fout maak net n Musgrave nie ;)
Baie welkom!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: Vars op die forum

Post by Wattlegrove »

Baie welkom.
User avatar
Jay Jay
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jun 10, 2015 3:55 pm

Re: Vars op die forum

Post by Jay Jay »

Hi Stephan, Baie welkom.
Johan

.22 CZ Varmint Evolution
.357 Mag Ruger
.308 Win Howa
6.5 Creedmoor Howa
CZ 9mm Shadow 1
.223 Anderson AR
12G Franchi Affinity

The best thing about memories is making them.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Vars op die forum

Post by jamalley »

Welkom mater
Post Reply