Ek kan 'n Ruger No.1 kry teen 'n goeie prys. Nou ek het nie 'n 30-06 nodig nie, en eintlik hou ek nie van hulle. Te veel lawaai teen 'n 308, en 'n wannabee teen 'n 300
Die Ruger No.1 is wat my trek, en aangesien die prys goed is, teenoor 'n nuwe een, is ek amper gedwing om die geweer te koop. As dit 'n 7x57 or 9,3 sou gewees het, sal die Papiere al by die DFO gewees het. Ek probeer om dit te Rationalize vir myself, maar kan net nie 'n goeie gebruik vir 'n 30-06 vind nie.
Wat sal julle doen?
Kan maar seker die geld spaar en op 'n Eland Jag gaan


