SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post Reply
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Sangoma (IAN) »

Hier is so kort beskrywing vir die dom ouens soos ek...
en Oblivious ++>:

Meeste van die scopes se reticle sit in die "tweede" lens.
Die probleem met SFP (second focal plane) scopes is as volg-

Nou sit ek een oggend lekker op Krokodilspruit en skiet my geweer in vir die jag seisoen. Kondisies is great en die mirage pla glad nie. Ek wil mos nou mooi sien wa die gaatjies in die papier sit so ek draai my scope se vergroting sommer op 24x. Want dis mos nou lekker! 100m zero ek, skuif later 200m toe en sien ek skiet so twee duim laag. Dit is toevallig op die eerste strepie en ek maak n mental note. Skuif later 300m toe en skiet so 12 duim laag. Dit is op die 5de strepie so ek maak weer n mental note. Nou is ek mos reg vir jag! 100m is zero, 200m is die eerste strepie en 300m is die vyfde strepie. Hoe moeilik kan dit nou wees? My scope het mos die "hunters" reticle. Enige iets tussen in sal ek mar net bietjie op of af mik...

Nou kom ek opi plaas aan en Eks reg vir die jag. Sit gou n teiken op 100m en skiet so drie skote van die bankie af. Scope is op 24x vergroting want ek wil mos nou sien waar ek skiet en ek moet ook darem nou hierdie plaas boer n ding of twee wys van skiet af! Groepie lyk te pragtig so more oggend is ek vroeg in die veld.

In die veld gekom, nou sien ek mar 24x vergroting is mos nou bietjie rof. Dit vat n half uur om die bok te soek deur die scope op daai vergroting. By daai tyd het hulle al lankal verdwyn! So ek draai my scope af na 6x vergroting. Ek weet mos 100m is zero, 200m is die eerste strepie en 300m is die vyfde strepie.

Nou begin ek alles mis skiet, o donder, wat de f@k nou! Gee die ammo die skuld, begin die scope te blameer, begin die scope mounts die skuld gee, en so is dit net een helse gemors!


Dis nou waar die FFP (First focal plane) scope in kom. Die kruishaar sit in die voorste lens. Maak nie saak waar die vergroting gestel is nie, jou strepies volgens die baan se afstande bly altyd dieselfde. Soos jy die vergroting op stel so word die spasies groter en as jy hom afstel word jou spasies weer kleiner. Dit bly altyd in verhouding met jou vergroting.

Ek luister graag na kommentaar ::)
Last edited by Sangoma (IAN) on Mon May 25, 2015 11:54 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Capt. Yoda »

Lmga
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by koos 2 »

Baie dankie vir verduideliking.Net vir interesantheid wat is prys verskil tussen die twee ?
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Sangoma (IAN) »

Ek ken ongelukkig nie ander "brands" se pryse nie. FFP is gewoonlik duurder.
As jy spesifiek die Sightron S3 6-24x50 vat in SFP en jy vat presies dieselde S3 6-24x50 in FFP kyk jy na rofweg van R2000 tot R2500 verskil.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by koos 2 »

Baie dankie vir die terugvoer.Ek het gedog dit sou n baie groter verskil wees.

Goeie aand verder !
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by LoopSoosStroop »

Ons lag, maar ek dink dis iets wat bitter min mense weet of verstaan, en ek dink jy is nie die enigste ou wat al daardie fout gemaak het nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Boersonderroer »

Ek het gesien dat die reticle in FFS groter en kleiner word soos jy zoom, so dit kan jou teiken toe maak hoe verder jy in zoom of het ek verkeerd gekyk?
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Sangoma (IAN) »

Boer, jy is reg. Maar dit is darem nie heeltemal waar nie. Meeste van die reticles bly nogsteeds fyn genoeg om heel gemaaklik teiken te skiet en te jag. Ek sal kyk of ek later n home made video te kan post om dit te illustreer.

Loopsoosstroop, dit het darem nou nie rerig met my persoonlik gebeur nie, Mar daar is baie manne daar buite wat die fout maak!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Capt. Yoda »

Sangoma (IAN) wrote:Boer, jy is reg. Maar dit is darem nie heeltemal waar nie. Meeste van die reticles bly nogsteeds fyn genoeg om heel gemaaklik teiken te skiet en te jag. Ek sal kyk of ek later n home made video te kan post om dit te illustreer.

Loopsoosstroop, dit het darem nou nie rerig met my persoonlik gebeur nie, Mar daar is baie manne daar buite wat die fout maak!

Moet net nie weer die verkeerde home made video share nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Hein22 »

:laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by ruaanb »

As ek julle dan reg verstaan met die SFP moet jy dan skiet op die vergroting wat jy op ingestel het. Is daar 'n metode om hierdie te kan omseil?
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Hein22 »

ruaanb wrote:As ek julle dan reg verstaan met die SFP moet jy dan skiet op die vergroting wat jy op ingestel het. Is daar 'n metode om hierdie te kan omseil?
Ja daar is.

Veronderstel jou scope se reticle afmerkings is in .5 mil/moa op 20 by vergroting. As jy nou die vergroting draai na 10x toe is die sommetjie soos volg:

20/10 x 0.5 = 1mil / moa (elk strepie is nou 1mil in waarde ipv 0.5 mil)

Jy kan dit doen op enige vergroting bv.

20/14 x 0.5 = 0.714mil/moa

Dit is nie regtig prakties nie en ek jag ook nie met 'n calculator nie en daarom verkies ek FFP scopes.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Nickvn »

Ek sal maar my hand opsteek hier. Ek kan getuig dat die storie bo waar is. Been there, done it, bought the Tshirt.

Ons skiet koedoes. Hulle staan so op 250m. Zoom terug om mooi na die die bulle te kyk en een te kies. Sien mooi een en le aan met derde strepie (246m) op die blad. Skoot loop, niks gebeur nie. Sien nie eers stof uitslaan nie. Koedoes draf oor die randjie om nooit weer gesien te word daardie naweek nie.

Na ure se baklei in my kop oor wat nou net gebeur het kom ek agter dat ek terug gezoom het na 9 vergroting en toe nooit weer terug gegaan het na 20 vergroting toe nie. :-[ :-[ :-[ :-[

Die res van die naweek het darem beter geloop. Ons kon 7 ophang.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by ruaanb »

Hein22 wrote:
ruaanb wrote:As ek julle dan reg verstaan met die SFP moet jy dan skiet op die vergroting wat jy op ingestel het. Is daar 'n metode om hierdie te kan omseil?
Ja daar is.

Veronderstel jou scope se reticle afmerkings is in .5 mil/moa op 20 by vergroting. As jy nou die vergroting draai na 10x toe is die sommetjie soos volg:

20/10 x 0.5 = 1mil / moa (elk strepie is nou 1mil in waarde ipv 0.5 mil)

Jy kan dit doen op enige vergroting bv.

20/14 x 0.5 = 0.714mil/moa

Dit is nie regtig prakties nie en ek jag ook nie met 'n calculator nie en daarom verkies ek FFP scopes.
Dankie sal hierdie topic moet onthou.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Hein22 »

Ruaan, ek dink nou, 'n app soos strelok sal die berekeninge doen en die holdover op die reticle ook vir jou wys vir die spesifieke vergroting waarmee jy wil skiet. Seker makliker as om dit self uit te werk.

Vir my maak dit maar net meer sin om FFP te gebruik.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by JacquesT (Stompe) »

Hein22 wrote:Ruaan, ek dink nou, 'n app soos strelok sal die berekeninge doen en die holdover op die reticle ook vir jou wys vir die spesifieke vergroting waarmee jy wil skiet. Seker makliker as om dit self uit te werk.

Vir my maak dit maar net meer sin om FFP te gebruik.
Ja Sterlok Pro maak wel voorsiening daarvoor.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by LUAN »

Of jy kan net jou scope "dial" vir elke afstand.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Hein22 »

LUAN wrote:Of jy kan net jou scope "dial" vir elke afstand.
Soos Nick, sal ek maar hier my hand opsteek. Hier het ek al die scope nie net te min of te veel gedial nie (maw. stel 1 click op ipv die 6 clicks soos wat ek moes), maar skoon in die verkeerde ringting in gedial.

Kry die blesbokke en hulle staan op 110m ( :o ), geweer is gezero op 200m, moet 3 clicks af kom vir 'n mooi breinskoot tussen die oe en uit gewoonte dial ek 3 click op. Skoot loop en nou kyk almal my skeef aan omdat ek 'n bok met dooierus van agter die bakkie op 100m mis skiet. :-[
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by LUAN »

:laugh: Ja dit kan seker gebeur maar ek draai stukkie maskin tape om die scope turret en merk die afstande dan hoef jy nie clicks te tel kyk net watse afstand wys hy.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: SFP vs FFP scopes (vir die dom ouens)

Post by Sangoma (IAN) »

Lekker gelag vir Hein se post!!
Post Reply