en Oblivious
Meeste van die scopes se reticle sit in die "tweede" lens.
Die probleem met SFP (second focal plane) scopes is as volg-
Nou sit ek een oggend lekker op Krokodilspruit en skiet my geweer in vir die jag seisoen. Kondisies is great en die mirage pla glad nie. Ek wil mos nou mooi sien wa die gaatjies in die papier sit so ek draai my scope se vergroting sommer op 24x. Want dis mos nou lekker! 100m zero ek, skuif later 200m toe en sien ek skiet so twee duim laag. Dit is toevallig op die eerste strepie en ek maak n mental note. Skuif later 300m toe en skiet so 12 duim laag. Dit is op die 5de strepie so ek maak weer n mental note. Nou is ek mos reg vir jag! 100m is zero, 200m is die eerste strepie en 300m is die vyfde strepie. Hoe moeilik kan dit nou wees? My scope het mos die "hunters" reticle. Enige iets tussen in sal ek mar net bietjie op of af mik...
Nou kom ek opi plaas aan en Eks reg vir die jag. Sit gou n teiken op 100m en skiet so drie skote van die bankie af. Scope is op 24x vergroting want ek wil mos nou sien waar ek skiet en ek moet ook darem nou hierdie plaas boer n ding of twee wys van skiet af! Groepie lyk te pragtig so more oggend is ek vroeg in die veld.
In die veld gekom, nou sien ek mar 24x vergroting is mos nou bietjie rof. Dit vat n half uur om die bok te soek deur die scope op daai vergroting. By daai tyd het hulle al lankal verdwyn! So ek draai my scope af na 6x vergroting. Ek weet mos 100m is zero, 200m is die eerste strepie en 300m is die vyfde strepie.
Nou begin ek alles mis skiet, o donder, wat de f@k nou! Gee die ammo die skuld, begin die scope te blameer, begin die scope mounts die skuld gee, en so is dit net een helse gemors!
Dis nou waar die FFP (First focal plane) scope in kom. Die kruishaar sit in die voorste lens. Maak nie saak waar die vergroting gestel is nie, jou strepies volgens die baan se afstande bly altyd dieselfde. Soos jy die vergroting op stel so word die spasies groter en as jy hom afstel word jou spasies weer kleiner. Dit bly altyd in verhouding met jou vergroting.
Ek luister graag na kommentaar


