Ek weet nou nie of ek onodig hier gaan krap waar dit nie jeuk nie maar ek het die volgende ondervind so rukkie terug.
Ek het n Leupoldvx3 4.5-14x40 op my 30-06 gehad en ek het vir een of ander rede besluit ek gaan n groter teleskoop op sit ( Nee panados help nie vir onosel wees nie ). Ek verkoop toe die teleskoop en koop die bogenoemde Zeiss by Safari met die standaard plex.
Baie opgewonde, ek het nou vir my n ordentlike teleskoop gekoop, pas ek en my pa die teleskoop en daar gaan ons skietbaan toe.
Op die skietbaan stel ek en stel en ek stel en ek kry net nie die teleskoop om helder te fokus nie. Skiet toe nou maar so bietjie en besluit ek gaan met die manne by Safari gaan gesels. Hulle vertel my dat ek nie my ringe "te vas" moet vas maak nie want dit affekteer die fokus vermoee van die teleskoop, eienaardig maar ek doen dit toe. Ek gaan weer skietbaan to en vat toe my 375 saam met n ander 14 VX3 wat ek op hom monteer het spesifiek vir die uitstappie.
Weereens kon ek nie die zeiss kry om my n mooi helder beeld te gee nie maar die leupold is woeps waps en hy is baie mooi helder. My pa se toe ek is mal en hy probeer ook, hy ondervind toe dieselfde.
Ek is toe nie baie gelukkig nie
Nou wat ek by almal wil weet wat die teleskoop ken, het julle dieselfde ondervind ? Is dit dalk finger trouble gewees ? Kan dit wees dat my oee net beter werk met die Leupold ?
Ek sal julle insette wardeer en ek is oop vir "criticism" , so leer n man as jy simpel foute maak.
Dankie en groete



