Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dwight375 »

Naand se

Ek weet nou nie of ek onodig hier gaan krap waar dit nie jeuk nie maar ek het die volgende ondervind so rukkie terug.

Ek het n Leupoldvx3 4.5-14x40 op my 30-06 gehad en ek het vir een of ander rede besluit ek gaan n groter teleskoop op sit ( Nee panados help nie vir onosel wees nie ). Ek verkoop toe die teleskoop en koop die bogenoemde Zeiss by Safari met die standaard plex.

Baie opgewonde, ek het nou vir my n ordentlike teleskoop gekoop, pas ek en my pa die teleskoop en daar gaan ons skietbaan toe.

Op die skietbaan stel ek en stel en ek stel en ek kry net nie die teleskoop om helder te fokus nie. Skiet toe nou maar so bietjie en besluit ek gaan met die manne by Safari gaan gesels. Hulle vertel my dat ek nie my ringe "te vas" moet vas maak nie want dit affekteer die fokus vermoee van die teleskoop, eienaardig maar ek doen dit toe. Ek gaan weer skietbaan to en vat toe my 375 saam met n ander 14 VX3 wat ek op hom monteer het spesifiek vir die uitstappie.

Weereens kon ek nie die zeiss kry om my n mooi helder beeld te gee nie maar die leupold is woeps waps en hy is baie mooi helder. My pa se toe ek is mal en hy probeer ook, hy ondervind toe dieselfde.

Ek is toe nie baie gelukkig nie ??? Vriend van my se toe hy wil sy Leupold VX3L verkoop en vra toe of ons kan ruil, hy maak toe die voorstel dat hy my sy VX3L gee + R4000 waarmee ek toe gelukkig is en ons beklink die transaksie. My vriend is baie in sy noppies met die teleskoop.

Nou wat ek by almal wil weet wat die teleskoop ken, het julle dieselfde ondervind ? Is dit dalk finger trouble gewees ? Kan dit wees dat my oee net beter werk met die Leupold ?

Ek sal julle insette wardeer en ek is oop vir "criticism" , so leer n man as jy simpel foute maak.

Dankie en groete
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by joe rocket »

Dwight ek ondervind dieselfde met my zeiss 5x25x50. My vriend se Hawke is helderder. Jy kan maar parallax draai tot hy fokus maar is nie so helder soos die hawke nie. Van koeelgate sien op 300m soos vir my gesê is, nee wat sukkel om op 200m te sien.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Hein (Haan) »

Ek was weer baie gelukkig met my HD5. Was net so helder as die Swarovski Z3 wat voor hom op die geweer was.
User avatar
Jurie Vermaak
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Jurie Vermaak »

Ek het dieselfde ondervind en het terwyl ek op die baan was die skroewe van die ringe bietjie los gemaak en die paralaks het baie beter gestel.

Ek sal maar n torque wrench moet kry en die ringe volgens die nodige spesifikasie vastrek. Ek het Warne basis en ringe en sien dit moet tot 25 inch pound vasgetrek word.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dries101 »

Ja dit is nie krieket nie. As mens daai klas geld op n scope spandeer moet jy nie met jou scope ringe se torque Hoef te speel sodat hy ordentlik moet werk nie. Al van n hele paar ouens op die www gelees wat sukkel met die hd5 se paralaks verstellings.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Wouter Roets »

Leupold 1: Zeis 0
;D
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dwight375 »

Wouter

Leupold 10+, soos ek gese het daar is nie pillietjies vir dom wees nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Wouter Roets »

Dwight

Ongelukkig nie. ;D As jy jouself wil bederf dan kan jy maar sterk na die VX6 reeks kyk.

Groetnis
Wouter
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dwight375 »

Ek het tans as volg:

375 - VX3 2.5-8X36 ( b&c )
30-06 ( VX3L 4.5-14X56, Fine duplex ) sal vervang word deur n VX3 4.5-14X40
6MM PPC ( VX3 8.5-25X50, Fine duplex - Die 6ppc haan die 14 VX3L binnekort op monteer word )
Teiken 308 ( Gaan die VX3 8.5-25 kry )
7x57 ( Ek maak nou plan om n VX3 3.5-10X40 B&C TE KOOP )

Hopenlik gaan ek nie weer nodig he om teleskope te koop nie Wouter.

Groete

Koop n Leupold en jy het nooit weer probleme nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Geno »

Told you so...

Image
Goed, beter, 6millimeter!
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dwight375 »

Eugene

Soos ek genoem het, ons almal maak foute.

Sal ek n meopta koop ? NEE. Net Leupold van nou af en gelukkig het ek nie geld verloor in die proses nie.
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dwight375 »

Maar Ja jy was reg, mens kan net nie dink mens betaal daai rande vir n goeie naam teleskoop en dan is die produk regtig nie na wense nie. :):
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Pappabeer »

Is hierdie probleem beperk tot die 5-25 of ook die ander HD5s? Ek is bitter tevrede met my 3-15, en sy paralaks stel uiters crisp.

Hy is met Tikka ringe gemonteer, so daar is geen spanning op die buis nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Dwight375
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dwight375 »

Dit klink of dit n probleem is met die model self.

Waarskynlik gaan jy minder probleme optel met die laer vergroting modelle se logika vir my, ek kan verkeerd wees.

Ek gaan maar by Leupold hou vir nou. Tweede opsie sal n Nikon wees vir net bosveld jag en n Burris vir lekker skiet ens is n goeie 2de opsie.


Groete
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by F.L.A.S.H »

Eish manne

Julle maak dat n man se kop lelik raas

Ek het n zeiss conquest 5-25 op my 6.5 en hou baie van hom maar is nou opsoek na ordentelike nag/teiken/jag scopes vir my 243 en 204 (die hornet gaan n redfield 6-18 kry)

Ek het n budget van +/- $1000 (ja $ gaan in Amerika koop)

Is is nie heel seker oor ffp or sfp nie maar will graag turrets he

Nou ek is jammer vir die hijack en sal nog n topic begin as ek moet maar dog dit is van pas hier om te vra wat stell die slim manne voor?

Ek hoop die sal iemand anders ook help
Dankie
Dave
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by F.L.A.S.H »

Oh en ek sal ook 2de hands oorweeg
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dries101 »

Man as jy my moet vrae sou ek se kyk na die nightforce shv5-20. Maar dis n nie objektiewe opinie. Die ding is n tank en hew mens baie vir die geld. Tweedehands is daar baie opsies
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by F.L.A.S.H »

Dankie Dries

Ek het hard na die shv gekyk toe hy uitgekom het, daar is net een ding wat baie pla, hoekom is daar so baie van hulle al 2de hands?

Hoekom verkoop die manne hulle so vinnig?
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dries101 »

Die wat ek gesien het is almal die kleiner een. Ek dink vir wat mens daai oukie voor wil gebruik soek jy bietjie top end en 14 x is nie vreeslik baie nie. n 14 x scope met n 56mm bell is vir my bietjie van n snaakse konsep. Ek is baie verlief op my 20x.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by F.L.A.S.H »

Is seker so

Dit sal nogal lekker wees as ek altwee die sefde het

En sal hulle vir goodkooper in Amerika kry
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Dries101 »

Verseker, hulle is so $1100 daai kant wat darem 3k goedkoper is as die huidige prys. Wat seker een can die dae. Sal styg
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Sangoma (IAN) »

Wouter Roets wrote:Dwight

Ongelukkig nie. ;D As jy jouself wil bederf dan kan jy maar sterk na die VX6 reeks kyk.

Groetnis
Wouter
Wouter, ek wil nou nie jou bubble bars nie...lol. Ek het self na hulle gekyk en nogal baie belang gestel.

Ek het baie swak reviews op Sniper Central gelees ivm die VX6 scopes. Hulle praat spesifiek oor die parralaks verstelling wat baie krapperig is en die turrets wat so klein is. Het ook vreeslike probleme gehad oor die diens by Leopold. Leopold het toe vir die person n nuwe een gestuur en hy was blykbaar nog erger as die vorige een.
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Riebeeker »

FLASH, vind mooi uit oor scopes inbring van die VSA. My persoonlike gevoel is dat dit te veel moeite is en dat jy te veel risiko's neem vir die besparing. Kom ons vat die SHV 5 - 20 x 56 van Night Force as 'n voorbeeld. US$1171 teen R12.35 op die dollar (onthou die koers wat jy op jou kredietkaart kry is nie die spot rate soos in die koerante nie) dus R14 286.20. Laaste prys wat ek gesien het by SO is R16 000 dus R1700 se besparing. Maar wat gebeur as die VSA doeane weier dat jy die scope terugvlieg - hul regulasies is regtig streng. Tweedens wat as doeane die kant invoerbelasting eis?

Almal soek 'n bargain, maar scopes in die VSA is nie, myns insiens, so groot bargain nie.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by F.L.A.S.H »

Dankie Riebeeker

Ek hoor wat jy se, ek werk in Amerika so sal kyk wat ek op hulle 2de hands mark kan kry.

Sal nie sommer n nuwe scope daar koop behalwe vir n helse bargain
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Zeiss HD5 5-25 VS Leupold VX3 ( VX3L)

Post by Wouter Roets »

Sangoma (IAN) wrote:
Wouter Roets wrote:Dwight

Ongelukkig nie. ;D As jy jouself wil bederf dan kan jy maar sterk na die VX6 reeks kyk.

Groetnis
Wouter
Wouter, ek wil nou nie jou bubble bars nie...lol. Ek het self na hulle gekyk en nogal baie belang gestel.

Ek het baie swak reviews op Sniper Central gelees ivm die VX6 scopes. Hulle praat spesifiek oor die parralaks verstelling wat baie krapperig is en die turrets wat so klein is. Het ook vreeslike probleme gehad oor die diens by Leopold. Leopold het toe vir die person n nuwe een gestuur en hy was blykbaar nog erger as die vorige een.
Sangoma

Jy is mos die verspreider van Sightron teleskope as ek dit nie mis het nie? Neewat my bubble is nog mooi intact. So kan ek weer vir jou n magdom ander artikels aanbied wat die teendeel wys. Ek gaan maar met my persoonlike ondervinding in die geval gaan as dit reg is met jou.

Groetnis
Wouter
Post Reply