Doen die kurses en leer om die slang in 'n asblik te kry dan kan die slang verwyderaar maar sy tyd wat hy gaan nêrens heen nie. sien www.africanreptiles-venom.co.za vir kurses. Ek het die een gedoen en is al die geld werd.
En leer watter slang is giftig en watter nie........ in 'n boek nie wat die "ou" mense gesê het nie. OOk behandel op die kurses.
Foxies is ook goed op slange.
Jammer as jy 'n slang phobi het ignoreer my opmerking maar.
Rinkhals in woongebied
- NetEk
- Full Member

- Posts: 119
- Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm
Re: Rinkhals in woongebied
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
-
Williebees
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Tue Dec 29, 2015 10:13 am
Re: Rinkhals in woongebied
Ek neem kennis van die wens om slange so ver moontlik te bewaar.
Maar mense, kyk asseblief na die HELE prentjie.
Dit help niks as jy net die slange lewendig hou, en hulle elders hervestig nie.
Eerstens moet ons habitat bewaar.
Daarna moet ons in die habitat gaan kyk watter spesies se getalle is te laag, en dan vestig jy die diere waaraan daar 'n tekort is in die habitat.
Om ten alle koste potensieel gevaarlike diere in menslike habitat te verdra is kortsigtig.
Gaan google gerus al SA se slangspesies, en kyk of jy een kan kry wat bedreig geklassifiseer is deur die IUCN.
Nie eers Gaboenadder het daardie status nie.
Hier by ons (Ellisras) het die volgende gebeur:
'n Klomp mense van ESKOM wil 'n kragstasie bou en besoek die dorp.
Hulle identifiseer 'n pragtige bosveldplaas as die plek en koop die plaas.
Hulle begin die habitat vernietig, maar herplant 'n paar tambotibome, en hervestig 'n klompie bobbejaanspinnekoppe.
En kondig met trompetgeskal aan dat hulle omgee vir die natuur.
Hulle vernietig egter 1000e tambotis, maroelas, hardekool en witgatbome. (Almal op die lys van beskermde plante.)
Op die konstruksieterrein weet almal wat daar werk- Maak 'n slang dood en jy is afgedank.
As 'n slang gewaar word, word die slangvanger betaal om die slang te vang. Hy laat die slang weer "iewers in die distrik" los.
Wat word van die slang wat so losgelaat word? Ontstaan daar dalk konflik met ander slange in die omgewing? Niemand weet nie.
SKYNHEILIGES
Wat my die meeste irriteer van die klomp groenes, is dat hulle die natuur vernietig, en dan vir ons wil kom vertel hulle gee om vir die natuur! Ons wat lankal hier bly, en hartseer is oor die verlies van nog 'n stukkie bosveld!

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Nog slangstories vandag in Die Burger.
Kaapse Kobra
Hy moes van voor af leer loop en kan ná twee weke skaars sy hand beweeg, maar Abraham (Dupie) du Plessis van Kuilsrivier sê hy sal aanhou om slange te vang.
Du Plessis (56), ’n vrywillige slangvanger en polisiebeampte, is twee weke gelede deur ’n Kaapse kobra in Kuilsrivier gepik toe hy na ’n huis in dié gebied ontbied is.
“Ek het die deksel opgelig van die kis waarin die slange gesit word nadat hulle gevang is, maar het nie gesien die outjie staan regop en gereed om te pik nie. Toe ek my regterhand laat sak, het hy my aan die middelvinger gepik,” het Du Plessis gister vertel.
Hy is in die waakeenheid van die Netcare-hospitaal in Kuilsrivier behandel en is ses dae later ontslaan.
“Toe ek uit die koma wakker word, was ek verlam en kon ek net my vingers en tone beweeg. Die eerste paar dae daarna kon ek skaars vyf treë ver loop . . . dan word my bene lam. Ek het egter ’n baie goeie fisioterapeut gehad en het vinnig herstel.”
Hy het gesê hy moet plastiese chirurgie ondergaan omdat sy vinger van die gif begin verrot het. Hy het reeds twee operasies aan die hand ondergaan.
Mamba
Dale Steyn weet nou hoe voel van die arme kolwers wat hy deur die jare die skrik op die lyf gejaag het met die kil manier waarop hy hulle aangluur voordat hy met ’n blitsbal losbrand.
Op ’n onlangse besoek aan die Krugerwildtuin het hy en ’n vriend op ’n afgeleë grondpad van aangesig tot aangesig met ’n swart mamba of is dit dalk 'n Mosambiekse spoegkobra gekom.
Vir die vernietigendste kolwer ter wêreld sien hy enige dag kans, maar hy wil nie in ’n onderonsie betrokke raak met een van die gevaarlikste slange ter wêreld nie.
Steyn het aanvanklik gedink hy kom tot die redding van ’n onskuldige bruin huisslang wat in die middel van die pad lê, totdat hy skielik besef het dit is ’n swart mamba waarmee hy te doen het. Steyn het ’n video op Instagram geplaas van sy noue ontkoming waar hy slegs enkele treë van die slang was.
“Hierdie arme outjie is deur ’n motor getref en ons het stilgehou om hom uit die pad te beweeg. Ons het gedink dit was ’n onskadelike bruin huisslang,” het Steyn by die video geskryf.
“Eers toe ek naby kom, het ek besef met wie ek te doen het: Mnr. Swart Mamba!”
Steyn het later op Instagram gesê dat dit bevestig is dat die slang '' 'n Mosambiekse spoegkobra is.''
Steyn sê hy plaas nie die video om te wys hoe dapper hy en sy vriend is nie, maar om te wys dat as jy nie weet waarmee jy te doen het nie, moet jy dit eerder met rus laat. “Ek het my les geleer,” het hy laat weet.
Pofadder.
‘n Bejaarde inwoner van Boshof het haar koud geskrik toe sy in die nag ’n pofadder net sowat ’n meter van haar gewaar het.
Linet Janse van Rensburg, wat saam met haar man, Dennis, in ’n meenthuis in die dorp se aftreeoord woon, het Maandag omstreeks 03:00 opgestaan om badkamer toe te gaan.
“Ek het ’n suisgeluid gehoor wat ek aanvanklik gedink het die toilet moet wees. Eers toe my man sy bedliggie aanskakel wat tot in die badkamer skyn, het ek met ’n skok die slang hier reg langs my gesien,” sê Janse van Rensburg.
Omdat sy op ’n plaas grootgeword het en kennis van slange het, het sy dadelik die slang uitgeken.
“Ek moes net vir Buksie die worshond eenkant probeer hou, want hy wou die slang probeer byt.
“My man is ’n bietjie sieklik en ek het die buurman gebel om te kom help. Hy het dit geskiet. Dit is nie lekker nie, maar wat maak ’n mens andersins?
Dit is ’n gevaarlike slang.”
Janse van Rensburg sê sy vermoed die slang het deur die loop van die nag sy opwagting gemaak.
“As dit so warm is, laat ons die deur voor die traliehek oopstaan. Die slang moes onderdeur die hek geseil het. Dit moes seker maar weens honger weens die droogte kom kos soek het. Ek weet nie wat dit andersins hierheen sou gelok het nie.”
-Die Burger, 9 Februarie 2016.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Rinkhals in woongebied
Laas jaar kry ek so net na 8 'n oproep van my pa hulle daar in Franskraal. Na 'n paar keer se stadig nou, hokaai ens toe kom die storie uit. Hulle het gesit en tv kyk en my ma raak lus vir tee. Sy staan toe op vanaf die leer rusbank en gaan sit ketel aan. Sy haal bekers uit en met die omdraai slag gewaar sy vir MNR pofadder waar hy onder die bank uitgeseil kom waarvan sy so pas opgestaan het! Sy gee net een gil en staan toe bo op die toonbank. My pa skrik hom koud want hy is op die ander bank so hy weet nie wat aan gaan nie. Na so 5 sekondes van verwarring toe click die 2tjies se kommunikasie en terwyl my ma vir ta dop hou bel my pa 'n vriend wat die goeters verstaan.
Na 'n paar probeerslae is ta toe verwyder. Ek sidder as ek dink aan wat kon gebeur het.