Rinkhals in woongebied

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Rinkhals in woongebied

Post by tripodmvr »

Sit vanmiddag en eet toe ons papegaai in die kombuis vervaard vlug vir iets. Gaan stel ondersoek in en hoor my arbeider baie benoud na my roep. Hy beduie toe baie ernstig dat 'n reuse slang hom met 'n bakkop begroet het toe hy om die huis se hoek kom. Hy was amper in die swembad in, neergeslaan en selfs die perdebye trotseer om my aandag te kry.

Om die hoek was daar verskeie houtblokke wat my vrou as ornamente gebruik het, in 'n hoop gepak. Ek het die plat houtskywe begin rondskuif. Het my donkerbril opgesit want ek het uit sy beskrywing vermoed dit kan 'n rinkhals wees. Terwyl ek so vroetel was daar 'n bromgeluid - ek is egter bietjie doof en kon dit nie plaas nie.

'n Skielike beweging het my laat besef die slang is wel tussen die houte. Dit het my geluk om hom raak te steek met die yster wat ek nader gesleep het. Na vele steekpogings en die sien van sy platkop, kon ek sy kop nog platter maak. Die oop erf agter my en die muise, rotte en paddas lok maar sulke predatore. Ek duld so giftige kêrel egter nie in my erf nie.
IMG-20150305-00475.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Nickvn »

Ek doen ook nie slange nie...

Hier by ons is baie rinkalse en word lekker groot. Die grootste een wat ek hier geskiet het was so amper 2m lank. Ek het hom sommer met die 12br met AAA geskiet, net om seker te maak ek mis nie. Die muur agter hom het nie goed gelyk nie maar hy het dit nie gemaak nie. Ons het gereeld n klomp kleintjies gesien maar nadat die grote nie meer met ons is nie, het ons ook lanklaas kleintjies gesien. Ons het ook die rooilip hier maar hulle is "skadeloos" of so se hulle.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by LRLaubscher »

Oom Tripod,

Ek verstaan die gevaar, maar weet nie of dood maak altyd die regte antwoord is nie.
As almal dit doen is daar later niks meer oor nie.
Dis net my opinie en probeer nie "stir" nie.
Niemand hoef saam te stem nie.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Louis Kriel »

Op n Plaas kan mens hom nog "relocate" maar in n woonbuurt sal ek ook nie die kans vat nie. Medies fondse betaal heeltemal te swak.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Riaan Kriel »

Ek hou nie van slange nie en sou verseker ook dieselfde gedoen het. Ek dink net ek sou ook liewer die haelgeweer byderhand gehad het. Rinkhals, Mamba, Pofadder en Geelslang hanteer ek liewer mbv die haelgeweer op 'n veilige afstand... Die Bybel vertel my die slang gaan jou aan die hakskeen byt en jy gaan sy kop vermorsel.

Enige slang wat ek redelik vertrou is 'n broekslang en dan ook net my eie een. VERSEKER nie 'n ander man s'n nie ;)
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Hein (Haan) »

Ek het hulle nog nooit in die veld dood gemaak nie maar as hy by my huis kom maak ek hom dood.
Snaaks genoeg vang my ma gister n Groen Bosslang op die plaas en wys dit vir my kinders sy laat hom toe maar weer los toe hulle klaar mooi gekyk het.
Ek kon dit nie glo toe ek dit sien nie.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Rinkhals in woongebied

Post by win270 »

Enigste een wat ek duld, is my tuinslang aan die kraan.

;)
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Nickvn »

n volwasse Rinkals kan tot 60 kleintjies op een slag kry. Erger as die jakkalse en ons sukkel om die jakalse uit te roei.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3648
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Fanta300 »

Marius, kry vir jou twee Maltese Poedels. Hulle sorteer enige slang vinnig uit.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Smitstertjies »

Laasjaar self n rinkhals doodgemaak in my tuin. Ons bly in die dorp. My dogtertjie van 4 jaar oud het 2 minute voor ek die slang gewaar het daar gespeel in die tuin. Vat eerder nie kanse nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Henry 7 »

Wie gaan nogals daai ding "relocate"?
Ek hardloop vinniger as hy!
Ek los hom in die veld ma op my werf versier ek ook die omgewing met AAA!!!!!!!!!!!
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Rinkhals in woongebied

Post by henning »

In n woonbuurt kan dit nie met Rinkals hulle werk nie.

Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by PWV »

Arme snake het geen kans teen 'n landmeter nie!!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by JacquesT (Stompe) »

Image

Nee kyk die enigste goeie slang in die stad is 'n dooie slang.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 930
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Philip J »

Oom Marius, lyk my hulle loop maar orals hier by ons rond. Ek het self so 2 weke terug een in die tuin die ewigheid in gestuur. Gelukkig verstaan my Staffie die werk om hulle uit te roei. Ons het al op meer as een geleentheid na 'n naweek weg, Rinkhals se kind se stukke hier op die grasperk opgetel. Die foto is van die voor laaste een wat ek van kant gemaak het. Solank die slange in die veld bly pla hulle my nie, maar hier teen my huis is dit 'n maklike keuse tussen slange of my kinders.
Ek het altyd by my Oupa en Pa gehoor dat die reën naby is as die slange en skilpaaie begin hoër grond soek. Dalk is ons reën ook nie vêr nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Philip
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by jaracal »

Goeie vriend van my het gese^ hy is so bang vir 'n slang hy kyk nie eers af as hy stort nie, so ek maak hulle ook dood om die huis. Gister 'n pofadder die ewigheid ingestuur wat amper my vrou gepik het. Dan het ek nog 'n jong hond ook. Juis so 'n maand terug my wirehaired terrier verloor agv 'n pofadder.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by tripodmvr »

Spot altyd oor die 243 en die spoed van witlig. Dink my Jonas het vandag daardie spoed oorskry. Hy dink nou die slang en die perdebye is deel van slegte voorspoed. Tipies soos hulle koppe werk. Dink tog ek kon ook geskrik het as ek so om die hoek moes loop en 'n slang moes sien.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Tampie
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Tampie »

As jy hom in die huis of op n plek kry wat skiet buite die kwessie is moet jy hom bietjie petrol gee. Slange neem petrol deur hul vel op en vat so 3- 5min om te vrek as hy n teelepel of meer enige plek op sy vel kry. Ons hou sommer 500ml coke bottels met petrol op die plaas vir die rinkhalse in en om die huis. Werk soos die spreekwoordelike (petrol) bom...
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Carl »

Ek verstaan ons mense se ingebore en geleerde vrees vir slange. En dan vir die wat die ou Testament tot die letter navolg. Maar dit is werklik 'n baie kortsigtige stelling om nog te leef volgens " die enigste goeie slang is 'n dooie slang" so gaan ons als vernietig op hierdie aarde.

In die dorp of stad is daar heelwat slangvangers wat met graagte 'n slang sal kom vang. Ek het nou die aand 'n Egiptiese Kobra (Snouted) in die tuin gekry. Binne 'n half uur was 'n man daar wat die "dodelike gevaarlike" slang met sy kaal hande gevang het.

Ek weet dit is soms nie moontlik om te wag vir 'n vanger nie. Oorweeg dit dan om 'n kursus by te woon oor slang vang ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Omnia »

If it "slide's" ... "it dies"

En as hy meer as 2 pote het ,... wag daar 'n nommer 9 "safetyboot" vir hom !!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Giepie »

Stem saam Carl, selfde met spinnekoppe.

Ons het 'n slang in die huis. So 2 jaar terug net voor die winter en toe hy nog klein was het hy op 'n manier uit sy hok gekom en was weg. Dit maar so aanvaar. So begin September was ek en die seuns die aand alleen by die huis, toe hy in die gang af geseil kom. Hy het waarskynlik in die jongste se kamer oorwinter agter 'n klomp bokse waaraan daar nie aandag gegee word nie. ::)
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by tripodmvr »

Ek maak nie lukraak slange dood nie. Die wat ek in die veld kry is veilig. By die huis het ek egter ma en my arbeider wat buite beweeg. Ek dink ek sal hom in die vervolg toilet toe moet "escort". Hy sê juis vanoggend dat hy hom amper in 'n ander bloedgroep in geval het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by sako 30-06 »

Carl wrote:Ek verstaan ons mense se ingebore en geleerde vrees vir slange. En dan vir die wat die ou Testament tot die letter navolg. Maar dit is werklik 'n baie kortsigtige stelling om nog te leef volgens " die enigste goeie slang is 'n dooie slang" so gaan ons als vernietig op hierdie aarde.

In die dorp of stad is daar heelwat slangvangers wat met graagte 'n slang sal kom vang. Ek het nou die aand 'n Egiptiese Kobra (Snouted) in die tuin gekry. Binne 'n half uur was 'n man daar wat die "dodelike gevaarlike" slang met sy kaal hande gevang het.

Ek weet dit is soms nie moontlik om te wag vir 'n vanger nie. Oorweeg dit dan om 'n kursus by te woon oor slang vang ;)
Wat gebeur as jy wag vir die slangvanger en die slang is weg voor hy kom?Dalk speel my kinders (3 en 5) n paar dae later in die tuin en die slang pik een van hulle.

Nee wat Carl,my kinders se lewe is belangriker as n slang sin.

Maar ja ek stem saam mens wil ook nie alles net doodmaak nie.Maar ek sal ongelukkig nie die kans vat met n giftige slang nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Carl »

sako 30-06 wrote: Wat gebeur as jy wag vir die slangvanger en die slang is weg voor hy kom?Dalk speel my kinders (3 en 5) n paar dae later in die tuin en die slang pik een van hulle.
Wag gebeur as die slang in die nag daar aan kom en jy weet nie van hom nie, en die kinders speel buite?

Ek oordeel nie, ek probeer maar net mense inlig-meeste slange is bv nie giftig nie. Daar is 'n ander opsie as om net dadelik dood te maak. As jy ooit die geleentheid het gaan luister na Johan Marais.

Marius, daai man gaan nou seker "danger pay" wil kry.

Ek het noudie dag 'n foto gesien van 'n volgroeide luislang van seker 4m+ wat dood gemaak is in 'n skaars wild kamp. Hoekom nie die moeite doen om die slang te verskuif nie!? Die manne het mos sakke vol geld.

Daar was 'n tyd in ons geskiedenis wat wild 'n pes was en voor die voet uitgeroei is omdat hulle Runderpes versprei het. Dink nou net as aangehou is daarmee.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Rinkhals in woongebied

Post by Giepie »

Giftige slange in woonbuurte verstaan ek dat dit 'n probleem is, sal ook eerder veilig speel. Maar om slange sommer letterlik voor die voet dood te maak is regtig onnodig, selfde met spinnekoppe en insekte. Vlieë, miere en muskiete kan ek nog verstaan, maar ander net omdat dit meer as twee of vier pote het. ?? Ons kan baie van hulle leer.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply