Rinkhals in woongebied
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Rinkhals in woongebied
ek dink ons sal skrik as ons sien hoeveel slange regtig rondom ons bly .
n vriend van my vervang sy hael korrels met rys vir sy slang rondtes hy skiet hom enige plek om die huis dit skiet enige slang flenters maar maak nie gatte in die mure of teels nie
n vriend van my vervang sy hael korrels met rys vir sy slang rondtes hy skiet hom enige plek om die huis dit skiet enige slang flenters maar maak nie gatte in die mure of teels nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Omnia
- Sr. Member

- Posts: 303
- Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am
Re: Rinkhals in woongebied
Is so Giepie ons kan baie leer ja ,... soos bv. om in die nag op jou rug te kom klim en jou te byt , en dan sommer te sien hoe jou weefsel vrot !!! en dan het jy nou al klaar 4 bottels gif by die hospitaal ok al in . Suig nie die uit my duim nie , sakspinnekop is nie dodelik nie maar het die uitstappie soos ek verduidelik ondergaan , ........en nee ek het hom gesteur nie !!!! ook nie omgedraai en op hom gele nie . Het iets voel loop op my rug , het hom so bietjie geskommel want was self skrikkerig om te gryp , en toe die pyn !!!
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Rinkhals in woongebied
Tampie, dit klink na n lekker plan.Tampie wrote:As jy hom in die huis of op n plek kry wat skiet buite die kwessie is moet jy hom bietjie petrol gee. Slange neem petrol deur hul vel op en vat so 3- 5min om te vrek as hy n teelepel of meer enige plek op sy vel kry. Ons hou sommer 500ml coke bottels met petrol op die plaas vir die rinkhalse in en om die huis. Werk soos die spreekwoordelike (petrol) bom...
Hoe kry die slang die petrol op hom?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7569
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Manne
Wil julle nou die knaap in n Resiesrinkals verander? Die fillercap sit gewoonlik aan die agter kant aan die linker of regter kant. Onthou net die veiligheidsbrille by die spesie terwyl jy hom volmaak met 95.
Groetnis
Wouter

- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Nee wat Carl, hulle kan maar rustig in jou erf wees, in my erf maak ek hom dood en ek het nie slape lose nagte nie. As my kinders in my tuin speel en ek weet nie van hom nie, moet hy homself gelukkig ag, maar ek plaas geen dier se lewe bo my familie se lewe nie.Carl wrote:Ek verstaan ons mense se ingebore en geleerde vrees vir slange. En dan vir die wat die ou Testament tot die letter navolg. Maar dit is werklik 'n baie kortsigtige stelling om nog te leef volgens " die enigste goeie slang is 'n dooie slang" so gaan ons als vernietig op hierdie aarde.
In die dorp of stad is daar heelwat slangvangers wat met graagte 'n slang sal kom vang. Ek het nou die aand 'n Egiptiese Kobra (Snouted) in die tuin gekry. Binne 'n half uur was 'n man daar wat die "dodelike gevaarlike" slang met sy kaal hande gevang het.
Ek weet dit is soms nie moontlik om te wag vir 'n vanger nie. Oorweeg dit dan om 'n kursus by te woon oor slang vang
Ek is ook nie bereid om iemand R400 te betaal vir 'n slang se lewe nie.
Lekker dag
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 930
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Ja nee Stompe, 'n plek vir elke ding en elke ding op sy plek!
My huis is my en my familie se plek, nie die slange s'n nie.
My huis is my en my familie se plek, nie die slange s'n nie.
Groetnis
Philip
Philip
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Nooit het ek voorsgestel jy moet 'n slang se lewe bo die van jou kinders stel nie. Indien ek dit gesê het haal asb die sin aan. My skrywe gaan rondom die bewaring van 'n spesie. Sosm help dit net om bietjie wyer te dink oor iets.
Dis soos haai aanvalle almal is absoluut bevrees daaroor. Maar niemand dink 2 keer om in die kar te klim en af te ry see toe nie. Kinders lê lekker op die matras agter in die bakkie. Meer mense sterf in motor ongelukke jaarliks. Dis 'n mindset ding.
My slangvanger het verniet uit gekom.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Rinkhals in woongebied
Carl
Nou hoe gemaak as daar nie slangvangers op ons plattelandse plekke is nie.
Kursus bywoon om te wat?--ek vat nie eens aan 'n dooie slang nie.
In die veld los ek hom ma nie op my werf nie.
Wouter loop hy op petrol of diesel?
Nou hoe gemaak as daar nie slangvangers op ons plattelandse plekke is nie.
Kursus bywoon om te wat?--ek vat nie eens aan 'n dooie slang nie.
In die veld los ek hom ma nie op my werf nie.
Wouter loop hy op petrol of diesel?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Henry
By die kooperasie verkoop hulle daai oulike lam vang stoke-net die Wiel vir Sannie. Na so kursus sal jy met ander oë na slange kyk
Het julle daar in Smithfield omgewing goeie reën gehad?
By die kooperasie verkoop hulle daai oulike lam vang stoke-net die Wiel vir Sannie. Na so kursus sal jy met ander oë na slange kyk
Het julle daar in Smithfield omgewing goeie reën gehad?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Rinkhals in woongebied
Wout, ek het gedink om die petrol maar met n tietie bottel in te gee.Behoort lekker vining te werk.Wouter Roets wrote:Manne
Wil julle nou die knaap in n Resiesrinkals verander? Die fillercap sit gewoonlik aan die agter kant aan die linker of regter kant. Onthou net die veiligheidsbrille by die spesie terwyl jy hom volmaak met 95.
Groetnis
Wouter
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Rinkhals in woongebied
[quote="Smitstertjies
Wout, ek het gedink om die petrol maar met n tietie bottel in te gee.Behoort lekker vining te werk.[/quote]
Rugsak druk spuit dan kan jy altyd aansteek as die ding nie meer wil soog nie.
Wout, ek het gedink om die petrol maar met n tietie bottel in te gee.Behoort lekker vining te werk.[/quote]
Rugsak druk spuit dan kan jy altyd aansteek as die ding nie meer wil soog nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Ek het my bloedruk al weg geskrik vir 'n rinkhals toe ek oor hom met die bergfiets gery het dis net blaas en spoeg soos hy moan
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Rinkhals in woongebied
Carl
Hy trek baie strepe ma die veld is oor die algemeen mooi.
As jy mooi gelees sal jy sien dat ek nie eers aan 'n dooie slang vat nie nou hoe de @#$%%^^& dink jy sal ek naby 'n lewendige 1 kom?!
Jy moet 'n vrees vir slange of wat ook al hê om te verstaan.

- StadBobejaan
- Jr. Member

- Posts: 84
- Joined: Fri Mar 06, 2015 9:44 am
Re: Rinkhals in woongebied
Die rinkhals laat my terug dink na een van my gooie loesings wat my Pa uitgedeel het toe ek met die dooie slang by die huus aangekom het, rede vir pakslae, hy was nie so dood soos wat ek gedink het nie.
Ek is vir die bewaring van slange, maar vestaan mense se reaksie om hul omgewing te deel met die giftige klomp.
Ek is vir die bewaring van slange, maar vestaan mense se reaksie om hul omgewing te deel met die giftige klomp.
If at first you don’t succeed, call it version 1.0 and move on.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Rinkhals in woongebied
Ek het met n motorfiets in die veld toevallig oor n tamaai molslang gery en het van skrik my hakskene agter my ore gehaak. Dit het te vining gebeur om te besef dat dit nie n giftige slang is nie.
Gelukkig was die slang oriaat want dit was in sand.
Groete
Henning
Gelukkig was die slang oriaat want dit was in sand.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- StadBobejaan
- Jr. Member

- Posts: 84
- Joined: Fri Mar 06, 2015 9:44 am
Re: Rinkhals in woongebied
LOL dis amazing hoe flexible a man is as hy in n hoek gedruk word.henning wrote:Ek het met n motorfiets in die veld toevallig oor n tamaai molslang gery en het van skrik my hakskene agter my ore gehaak. Dit het te vining gebeur om te besef dat dit nie n giftige slang is nie.
Gelukkig was die slang oriaat want dit was in sand.
Groete
Henning
If at first you don’t succeed, call it version 1.0 and move on.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Ons het n mosambieker op ons plaas gehad ou Frank, as ons nie daar was nie en my ma het vir hom gesê daar is n slang het hy 3km ver weggehardloop, werkers op n ander plaas aangesê om die slang dood te kom maak, en eers teruggekom as hulle vir hom gesê het hys dood. As my pa dan terug kom vertel hy my pa hoe het "hulle" hom doodgemaak want hy sê on mense van mozabiek ons is nie bang vir die njoga nie 
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Ek het die naweek in die veld rondgeloop-gelukkig nie enige slange gesien nie:) Hier by ons kort ons nou dringend reën voor die winter.
Die aand om die vuur het 'n rot kom kos steel by die voël bak. Die volgende dag loop ek en dink, dis nogal ironies die dier wat een van die hoof proei is van slange was die draer van 'n vektor wat naas malaria die meeste mense doodgemaak het.
Die aand om die vuur het 'n rot kom kos steel by die voël bak. Die volgende dag loop ek en dink, dis nogal ironies die dier wat een van die hoof proei is van slange was die draer van 'n vektor wat naas malaria die meeste mense doodgemaak het.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Rinkhals in woongebied
prooiCarl wrote: proei
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Ek het Desember n 2m swart mamba gedood, my seuntjie se fiets was so 5m van die perd af. Ek het intussen al 4 mambas en twee boomslange gesien vandat ek in die laeveld bly. Ek het nogal n voorliefde vir slange en het hulle aangehou as kind,maar ek stem heelhartig saam die manne my seuntjies is nog baie klein so giftige slange op my werf gaan ongelukkig gedood word.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Oom driepoot pasop vir daai bad luck wat jonas voorspel het die nuwe lot s365 is naby
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Glo hom nie daai 11.1.11 nie. Dit is hoekom die ou nasie so sukkel om Westers te word - die tokkelos loop te veel by hulle.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Damn autocorrectStefan764 wrote:prooiCarl wrote: proei
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: Rinkhals in woongebied
Ons maak die Pofadder laas week by ñ krip dood. Die hele Patrys in sy pens. Nooit kon dink hulle vreet sulke groot goed nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Rinkhals in woongebied
Ek gaan dit nou maar vertel.
Daar is n geelslang in een van my stoortjies en ons kan hom net nie gevang kry nie. Nou het ek al n bottel met petrol by die ingang gesit, "just in case".
Vanoggend oppad na die parlement sitting stamp ek teen die deur en my belt wat agter die deur gehang het val af en gly onder die deur so halfpad deur. Ek moes amper my afspraak kanseleer, want jy loop mos met die gedagte van slang wat miskien in die huis kan inglip.

Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17