Mammie vs Gewere

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
User avatar
WerMos
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Sun Aug 26, 2012 11:17 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by WerMos »

n Tip vir die manne wat limiet bereik het!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by Hein M. »

Finfan wrote:
Pappabeer wrote:
Dries101 wrote:Die probleem is hoe om hom in die huis te kry sonder dat vroulief oplet

Maklik.

Maak soos n kennis van ons op Stellenbosch. Elke keer, wat gereeld is, wat hy n nuwe gun koop, sit hy die besem in n geweersak en loop by die huis uit. Dan sê hy vir sy vrou die wapensmid gaan gou n verstelling maak aan die geweer.

Dan gooi hy die besem terug oor die muur, en kom met die nuwe roer terug kluis toe. Vanaand knik hy maar net kop as die vrou kla oor hoe die tuinboy altyd die besem op die gras vergeet...
Dis vir my n baie mooi storie.
Ek "erf" weer gewere by familielede. Moerse klomp nice ouens ;)
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Mammie vs Gewere

Post by Finfan »

:laugh: :laugh:
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by BLOK »

Meeste goed wat ek koop word EFT betaal, en ek weet nie hoe om dit te doen nie. Ek gee haar net die faktuur en se betaal. Finish en klaar. Sy weet ek sal nie iets koop as daar nie geld is daarvoor nie, en boonop weet sy my jakkals skiet bring weer heelwat los geld in.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Mammie vs Gewere

Post by Johan JvR »

Ek koop die Howa en dan terwyl ek vir lisensie wag begin ek elke aand iets oor die ding vertel.

Sal begin met: 'ek hoor Frikkie (Gromit) het weer 'n Howa gekoop.

Volgende aand: 'hierdie Howa's lyk nogal nice, maar ek dink my Tikka is beter'

Dan: 'Die Howa's is goed geprys en nou op special en hulle skiet nogal mooi. Maar gelukkig het ek my Tikka. Weet nie wat Frikkie met nog Howa wil doen nie.'

So karring ek aan tot: 'Dalk moet ek vir Thinus Howa koop, want hulle is goedkoop en op special en skiet mooi en dan skiet ek met my Tikka'

En ek plant die saadjie en dan as lisensie kom glo sy ek moet 'n Howa besit en dan is sy nie so vies nie.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Mammie vs Gewere

Post by Smitstertjies »

Ek dink dis maar beter om die waarheid te praat. n Pel van my van varsity was getroud voor ons almal. Hy het vir sy vrou vertel as hy gaan golf speel op n saterdag dat golf se 18 gate vat die heeldag om te speel, en sy het hom geglo. As ons 7 uur op n Saterdag oggend af tee en hy kom eers 5uur die middag by die huis het sy nie gekla nie.

Die probleem kom toe in toe ons ander ook getroud raak en kinders kry. Soos dit is het ons dan maar 12hoo na die golf almal huis toe gegaan, maar arme Shooter moes alleen by die golfklub agterbly tot 17hoo, want hoe vertel hy nou vir Mamma na al die jare dat golf eintlik net halfdag vat?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
M98mauser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am

Re: Mammie vs Gewere

Post by M98mauser »

Ag wat solank haar kredietkaartjie kan swipe is daar geen probleme nie, net bietjie suur geraak oor BAdplaas te duur is vir n vakansie, (F.k Forewer resorts for ever) ek het egter nie genoem dat daar n ou geweertjie aangeskaf is nie wat nog n ou scopie ook wil he en met die wat die Rand nou so swak is en so aan, Nou maar gese kom ons gaan saam jou ma hulle weg nou is alles weer reg, skoonma nie so erg nie sy was skottelgoed dan hoef ek dit nie te doen nie,
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
User avatar
NetEk
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by NetEk »

Grawe nou 'n ou thread uit die sloot. Ek en pappa baklei net oor een ding as dit kom by guns en dit is wie se beurte is dit nou om 'n nuwe een te kry...... Ek dink juis die jaar is my beurt. Maar hy kan seker 'n ekstra kry want my laaste een het hy vir my as kers geskenk gegee so ek weet nogsteeds nie wat sy gekos het nie......
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by joe rocket »

1. Jy moet n geweer he vir jouself.
2. Jou 1ste geweer is n all-rounder ( gewoonlik n groot kaliber)
3. Dan moet jy n klein kaliber he vir klein wild want die grote maak baie vleisvleisskade.
4. Jou kinders moet ook elkeen n geweer he.
5. Jy moet nie pistool he vir self verdediging.
6. Mamma moet ook n pistool of rewolver he.
7. Jy moet nie veldskiet kaliber he net vir papier.
8. Jy moet ook n ver skiet kaliber he gewoonlik n 300 f-klas of 7mm.
9. Ja onthou net n geweer kos net r 2000.
10. Daar moet ook n. 22 wees om die kroos te leer skiet.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Mammie vs Gewere

Post by J le Roux »

Mammie se skoenekas is HEELWAT groter en voller as my geweerkluis.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
NetEk
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Wed Jan 21, 2015 2:38 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by NetEk »

J le Roux wrote:Mammie se skoenekas is HEELWAT groter en voller as my geweerkluis.
LOL

Ek dink my man besit meer skoene as ek.
22 LR, 22 Hornet, 9mm, 7TCU, 7x64. 1/2 9,3
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by Alwyn »

Ekt n leelike stel af getrap die ander dag..

Ek gan maak n draai by die geweer winkel, en plaas daar van om net die primers tekoop en n knipmes vir my swaar se verjaardag toe koop ek maar n loop ook!!

kom by die huis en mamma vra "hoeveel geld was dit die keur" ek se toe maar nee wat dit was so net oor 1k... en so gan ek aan met die dinge hier om die huis, laater die middag to hoor ek my foon se battery is oppad en ek gee toe some die foon vir haar om gelaai teword, nie 30sec laater toe staan sy daar hoogs onsteld!!

Toe sy die foon op laai sit en die cover oop maak om tekyk of hy laai... toe het ek nooit die sms van die bank gedelete nie en hy was oop op die skerm!!

Dit was n LAAAAANGGG Saterdag middag!! LOL

So ja nou vertel ek haar wat ek van plan is om tedoen.... net sodat sy gewoond raak aan die idee...
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by Viking »

My 270 se koop het so verloop.....

Ek het al lankal begin rondkyk vir 'n geweer wat nie met 'n boog skiet nie en toe eendag vang die advertensie my oog.

Ek bel die verkoper en onderhandel oor die foon, want sien hy sit amper 200km van my af. So dis nie sommer net vir ry en loop kyk nie.

My nefie is toevallig in die omtrek van Hermanus en ek vra hy moet gaan loer en sy opinie gee. Natuurlik was dit 'n goeie koop!!

So die nodige papierwerke word gedoen - deposito betaal en daar begin die lisensie aansoek. Ek brand om die geweer vas te hou en te bekyk, maar dit is eers 2 maande later vir my beskore toe dit amper kerstyd is en ons see toe gaan.

Ons ry eendag Hermanus toe van Gansbaai af en ek vertel vir Mammie ek moet gou by die Agrimark gaan goed soek, wat nie by enige van die ander winkels te kry is nie. Mammie word in die grote Hermanus gelos met die seuns en Pappie gaan gou Agrimark toe....maar ek ry om geweer te loop kyk.

Ek voel soos 'n stout skool laaitie! Die geweer is mooi en hy voel reg en ALLES lyk soos dit moet so die koop is geseël met die verkoper en toe moet ek terug om vir Mammie op te laai.

Ek voel soos 'n luis...ek kan nie vir my vrou iets wegsteek nie! Dis bedrog! Ek gaan eendag in die warm plek beland! Dis wel kerstyd, maar om oor die een te bieg, gaan 'n kersfees bederf!

3 Lang maande verloop voor ek my lisensie kry....weer is ek so opgewonde soos 'n skool laaitie met sy eerste kys!

Ek moet die geweer loop haal, maar as ek met daai geweer by die voordeur instap stap Mammie by die agterdeur uit...en dan sit ek met 'n geweer en 3 seuns om alleen groot te maak! Sy het al baie gesê; " Koop jy nog EEN geweer dan loop ek!" Ai dis vir enige man 'n moeilike besluit, maar ek sal haar mis - besluit ek!

Toe is dit tyd vir planne maak. Die Vrydagmiddag skiet ek haar vir ete in Hermanus - wat is 200 km dan nou om vir jou vrou 'n goeie ete te gee!

Oppad besluit ek om te bieg...dis altyd makliker om vergifnis te vra as om toestemming te kry!!

My vrou ken my gelukkig al amper 40 jaar en so ken sy ook my streke....vergifnis was nie moeilik nie!

Ek het die geweer opgetel en vir Mammie KFC by die drive through gekoop en daar in die parkeerterrein lekker saam gelag oor die geweer se koop.

Liefde oorkom alles - gaan lees maar Kor 13.

Vir eers is ek versadig aan geweer koop tot my eerste kleinseun aankom...maar daai is 'n ander storie!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by Johan308 »

Ek vertel ook mar eerder vir my vrou altyd as ek iets wil koop, sy gan nog saam my na die geweer winkel toe. Die laaste geweer het sy vir my gekoop vir kersfees, ekt amper op my rug geval want ek kon dit nie glo nie!

My een vriend het nou al so 2 jaar trug vir hom 'n Howa gekoop en sy vrou weet nou nog nie daarvan nie, hy bere mar net die geweer in die kluis en as hy hom moet uitvat sit hy hom vinnig in 'n sak en se dis sy ou geweer.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by Riaan Kriel »

Neewat kerels, dis makliker as daar soveel gewere in die kluis is dat sy nie agterkom daar is 'n nuwe een nie..... ;)
User avatar
soundzmad
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Thu Apr 10, 2014 3:05 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by soundzmad »

PhilipJ wrote:Ek dra die broek in my huis. My vrou het gesê ek mag maar so sê :laugh:
En niemand sit op jou kop nie, dit is ma se plek.?
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by wlm »

My vrou het my verbied om nog gewere te koop. Ek is te bang vir haar om ongehoorsaam te wees. :-[ >:+
User avatar
soundzmad
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Thu Apr 10, 2014 3:05 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by soundzmad »

Duracell wrote:Neewat kerels, dis makliker as daar soveel gewere in die kluis is dat sy nie agterkom daar is 'n nuwe een nie..... ;)
Klink vir my reg! >:D
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by savage(P Coetzer) »

Ek was nou die dag erg in die pekel toe my vrou na n nommer tussen my boodskappe op my selfoon gesoek het en op n boodskap afkom waar ek n transaksie vir nog n geweer beklink het. Sy was glad nie opgewonde oor roer nommer 10 nie en ek moes vinnig op my voete dink om die situasie te ontlont. Die 243 tikka varminter met sy NF en redding comp dies was darm so moerse bargain dat die ring wat ek haar belowe het dit steeds die moeite werd maak.
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: Mammie vs Gewere

Post by Umshwati Boy »

Duracell wrote:Neewat kerels, dis makliker as daar soveel gewere in die kluis is dat sy nie agterkom daar is 'n nuwe een nie..... ;)
Wise words.
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by tau »

Hier vertel ek niks, dit mag later as bewys stuk in 'n hof teen my gebruik word.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by JacquesT (Stompe) »

My vrou sê altyd ek moet nie goed koop wat ek nie ordentelik gebruik nie. So ek kry toe vir my 'n 2 geweer sak en is nou noodgedwonge om nog 'n roer aan te skaf.
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by Wattlegrove »

My vrou kies my gewere vir my, en dan sommer vir haarself ook een. Ek dink ek sal maar 'n ander draad begin-Mamma en Gewere
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Mammie vs Gewere

Post by Chris Swart »

Wattlegrove wrote:My vrou kies my gewere vir my, en dan sommer vir haarself ook een. Ek dink ek sal maar 'n ander draad begin-Mamma en Gewere
Pas daai vrou soos GOUD op
User avatar
WerMos
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Sun Aug 26, 2012 11:17 pm

Re: Mammie vs Gewere

Post by WerMos »

stompe wrote:My vrou sê altyd ek moet nie goed koop wat ek nie ordentelik gebruik nie. So ek kry toe vir my 'n 2 geweer sak en is nou noodgedwonge om nog 'n roer aan te skaf.
Stompe

Jy moes n 3 geweer sak gevat het by my man :laugh: :laugh:
Post Reply