Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Leon Crous wrote:Agge nee man Henk!
Jy moet darem die res van ons "werkende" manne ook 'n kans gee.
Dalk een aand so enetjie opsit.
Laat weet my asb net voor die tyd, anders gaan ek nou elke aand met my laptoppie bad,eet,tv kyk en slaap.
Great gebaar, maar ek moet sê dis eintlik onnodig want jou KD's verkoop in elk geval soos soet koek agv gehalte,prys,ens,ens.
Groete,
Leon.
Leon,
Ek het so 2 of 3 lyne gelees op daai "Pay it Forward" topic. Toe besluit ek maar om die luim bietjie te lig...
Henk, dit is met goeie diens wat jy so baie aanhangers hier op die forum het, en glo my ek sien almal hier ek inkluis beveel jou aan as dit kom by knaldempers, ek sien op ander oorde bemark jaracal lede jou ook baie goed. Met n oop kan mens ontvang ook, mooi gebaar.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Silent Hunting wrote:Greyghost, Musgrave en Ludwig: Sal vir julle 3 gee teen 50% as julle belangstel.
Ek was half verleë, maar kon nie hierdie aanbod van die hand wys nie. Dit het toe sommer ook op `n manier as my "Huntex special" getel, want Henk was gedurende die Huntex-naweek in Pretoria en het my kd saamgebring.
Ek gaan dit op my .25-06 laat sit sodra ek weer kan skiet ná my skoueroperasie.
Weereens dankie, Henk.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six