N "Budget" langafstand geweer opsie.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Soms worry julle te veel oor watter naam staan op jou geweer.
Deesdae is daar baie goeie en bekostigbare opsies op die mark. Slegte gewere gaan dit net nie maak nie.
Deesdae is daar baie goeie en bekostigbare opsies op die mark. Slegte gewere gaan dit net nie maak nie.
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
RSA Lyttleton aksies skiet 'n bars hou. Ek dink nie diè aksies moet sommer afgeskryf word nie. Nie alle smede weet hoe om met die goed te werk nie. Daar is 'n klomp beter en moderner aksies te koop, maar teen 'n premie. 'N RSA in die regte smid sê hande sal draaie om 'n hele paar van die bogenoemde aksies skiet.
Francois Vogel
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Francois, niemand kan met jou stry oor die RSA se groot aanhang agv jare se goeie diens aan veral Bisley skuts nie. Dit is dan ook gewoonlik dieselfde manne wat kringe om die "newbies" skiet.
Ruil nou gewere en daai selfde Bisley skut skiet kringe om homself.
Ruil nou gewere en daai selfde Bisley skut skiet kringe om homself.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: N
Ek het self so 'n aksie, maar dit is beslis nie 'n waarborg vir beter akkuraatheid nieFrancoisv wrote:RSA Lyttleton aksies skiet 'n bars hou. Ek dink nie diè aksies moet sommer afgeskryf word nie. Nie alle smede weet hoe om met die goed te werk nie. Daar is 'n klomp beter en moderner aksies te koop, maar teen 'n premie. 'N RSA in die regte smid sê hande sal draaie om 'n hele paar van die bogenoemde aksies skiet.
Kan jy voorbeelde noem van verbeterings wat aangebring kan word op hierdie aksies wat dit dan soveel beter maak as bv. 'n akkurate Remington 700 - aksie?
Hoor graag!
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
N Paar jaar gelede het baie F Klas skuts gewere gebou op RSA aksies want dit was omtrent al wat ons kon kry. So ook my 7 mm Tombi.
Min indien enige van die huidige werklik kompeterende skuts skiet vandag nog RSA aksies. Of Savage. Of Howa.
Meeste indien met Remington klone.
Hier en daar aksies soos die Gwaza.
Ek dink ons dwaal van punt af. N goeie budget geweer veronderstel in my oe n rak geweer teen n ondergemiddelde prys. N dikker loop is omtrent standaard die verwagting.
In daai katogorie van die rak af R vir R is die opsies heel eerste genoem seker die beste waarde vir geld.
Onthou net. Lang afstand skiet was nog nooit n budget sport nie.

Last edited by Frikkie Coetzee on Mon Jan 05, 2015 8:20 pm, edited 1 time in total.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Dit is seker die crux van die saak. Vir gewone jag tot 300m koop jy 'n ou .30-06 of .308win en sit 'n goedkoop 3-9x40 op en dis dit.Gromit wrote: Onthou net. Lang afstand skiet was nog nooit n budget sport nie.
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Ek self is so tussen deur al die ander dinge waar mee ek besig is, besig om n Lang Afstand geweer by mekaar tesit...Gromit wrote: Onthou net. Lang afstand skiet was nog nooit n budget sport nie.
Sover staan die some al op so +/- R15k... Dis net aan komponente nog niks is aan mekaar gesit of ge blou print soos in niks.. dan moet daar nog n scope bykom, die scope moet vas kom op die geweer en die blok hout moet nog in n kolf verander....
So ja ek het an die begin gedink ek is in vir so R30k tot R35K dan sal ek kan begin skiet, toe nie die geval nie..
Maar as daai roer klaar is dan gan dit vet pret wees!!!
P.S Mag my vrou nooit uit vind wat is die totale som vir die roer...
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Fritz Hagen wrote:Dit is seker die crux van die saak. Vir gewone jag tot 300m koop jy 'n ou .30-06 of .308win en sit 'n goedkoop 3-9x40 op en dis dit.Gromit wrote: Onthou net. Lang afstand skiet was nog nooit n budget sport nie.
Ja, maar jy weet mos dat daardie ou gun beter sal doen met 'n snellerjob / laminated kolf wat gepillarbed en gefloat is / '30 stainless bulllbarrel / bipod...
Met 'n bypassende glas
Al gebruik hy dies uit 'n rooi boksie...
Jou gewone jagter is fine met die gewone ou kettie, maar as jy effe van 'n kordietverslaafde is, dan is die gejeuk onuithoudbaar. Sommge manne koop gewere by en ander probeer die teiken verder wegsit - maak nie saak wat die budget is nie.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Interessant ook dat die wapensmede self die budget-pad makliker kan stap as ons ander wat maar die sente moet omdraai. Ek ken 'n smid wat 'n hele ry puik gewere het (wat hy self aanmekaargesit en gefinetune het).
-
Jan-Hendrik
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Stefan764 wrote:Ooh ok, ek dog julle wil akkuraat skiet....sorrie my fout
JAN-HENDRIK
-
Sabbat .308
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon May 19, 2014 12:24 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Ek stem saam met opsie 2 van die Sabatti ek skiet self een .308 het geen werk laat doen baie akuraat vir n geweer van die rak af Het n 2.67 mm groep geskiet met 155 gr Nosler custom competision punte 42.7 S335 spoed 2780 .
Dankie en lekker ver skiet.
Dankie en lekker ver skiet.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Met verwysing na jou dope op die 308, dit is 'n baie goeie groepering. Ek het net die volgende vrae:Sabbat .308 wrote:Ek stem saam met opsie 2 van die Sabatti ek skiet self een .308 het geen werk laat doen baie akuraat vir n geweer van die rak af Het n 2.67 mm groep geskiet met 155 gr Nosler custom competision punte 42.7 S335 spoed 2780 .
Dankie en lekker ver skiet.
- Wat se doppe gebruik jy?
- Ek lei af die groepering is op 100m geskiet?
- Is dit 'n 3 of 5 skoot groepering?
- Hoe lyk die groepering met dieselfde lading op bv. 300m, 500m en selfs verder?
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
More Sabbat. Het jy n sabatti tactical?
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Net gou om terug te kom na die RSA enkelskoot aksie.
Ons almal weet hierdie aksies is baie "skeef" en "krom" en het n "sinkplaat" afwerking.
As enige ou n goeie lang afstand geweer laat bou gan hy def nie die aksie los soos wat hy uit die fabriek 30 jaar terug gekom het nie. Die aksie gan getrue word, die onderste voet gedeelte gan af gedraai word, die sinkplaat riffels gan ook af gedraai word. Daar gan n oordentlike sneller opgesit word. Die aksie gaan in n "V" blok insit.
As die bogenoemde werk gedoen is deur n goeie bekwame geweersmid sal die aksie def nie terug staan vir meer moderne askies nie. In standaard vorm, stem ek saam, hulle is glad nie so "great' nie

Ek stem saam met Ian op die een.
Ek vermoed dat die RSA enkelskoot aksie se beter akkuraatheid as sy tydgenote juis die feit was dat jy nie die rondtes uit 'n magesyn gelaai het nie.
Ek vermoed dat die RSA enkelskoot aksie se beter akkuraatheid as sy tydgenote juis die feit was dat jy nie die rondtes uit 'n magesyn gelaai het nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Dit is algemeen bekend dat 'n swaarder aksie / geweer die skut in staat stel om meer akkuraat te kan skiet, aangesien die voelbate terugskop minder is. Dit is moontlik die hoofrede vir die groot hoeveelheid metaal in die RSA-aksies.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Kan nou ongelukkig nie myne se loop uitdraai om te weeg nie - moontlik kan iemand help hier. Maar dit is swaar. Snaaks ook egter dat my broer se Vrystaat (waar die metaal weggesny is vir die magesynkas) - en met 'n korter loop as my RSA, .3kg swaarder is.Ludwig wrote:Hein, die klein bietjie ekstra gewig tussen 'n RSA en meeste ander fabrieks akies, is nie alleen genoeg om voelbare terugskop minder te maak nie. Het iemand hier die gewig van 'n RSA aksie? Hoeveel swaarder is hy as 'n Howa of Remington? Ek glo nie dis noemenswaardig nie. As jy ekstra gewig soek vir die doel, kan mens dit kry deur dikker lope of swaarder kolwe te gebruik.
As jy egter kyk na die beskikbare tegnologie in die 60's en 70's, het sommige ouens baie ligte, stywe aksies vervaardig:
The use of aluminum in rifle actions has been the ultimate goal of many people for a number of decades. First developed by Ralph W. Stolle in the late 60’s and the early 70’s, the Stolle line of actions emerged after many changes in design and techniques. The rigidity and lightweight characteristics are highly desirable features, a must in today’s competitive benchrest rifles. Made entirely of 7075-T651 aircraft aluminum and 4140 alloy steel, they insure the optimum in stiffness and durability.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Ludwig, jammer ek kon nie uitbrei op my stelling nie.
My teorie is eerder dat die enkelskoot van bo gevoer word deur die poort en dan in die kamer sonder dat die koeël aan iets raak. Uit die magesyn kan die koeël teen die kant van die aksie vasdruk, veral in 'n beheerde voer-aksie. Dit kan veroorsaak dat die kooeël skeef in die dop sit.
Oom Pieter laai sy Howa enkelskoot van bo en sy groepe is styf. Uit die verwyderbare Howa magesyn is die rontes ook "singles stack" en hul voer ook mooi sonder om kante te raak. By die blinde magesyn waar die rondtes "ge-stagger" lê, druk hul egter teen die kant met die voerslag. Ek verstaan nou hoekom die verwyderbare "singlestack" magesyne so gewild by die "verskietters" is.

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Is hier dalk iemand met 'n runout gadget wat hierdie vir ons kan toets? Teoreties maak jou stelling vir my sin Gawie, veral as die seating diepte te min is, maar of dit in die praktyk met kaliber diepte seating die geval gaan wees, weet ek nie.Gawie(7mm) wrote:Uit die magesyn kan die koeël teen die kant van die aksie vasdruk, veral in 'n beheerde voer-aksie. Dit kan veroorsaak dat die kooeël skeef in die dop sit.
Groete
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Stem 100% saam met jou. Horses for courses. As ek van scratch af begin sal ek ook eerder die Remi vat. Dink net aan al die tactical kolwe wat beskikbaar is vir die Remington aksie, drooool.....Ludwig wrote:Ian, ek is met jou op daai een. As jy al daai dinge doen, kan jy die RSA basies gelykstaande kry aan 'n blueprinted Remington 700. Die vraag is dan net, sal laasgenoemde nie 'n beter keuse wees, siende dat dit jou baie meer opsies bied as jy 'n pasmaak geweer bou nie?
In my geval het ek n goeie tweedehandse RSA opgetel vir n winskoop. Kon ongelukkig nie nee se nie. Ek dink dit is baie die geval met ander manne ook. Jy kan hulle nog vir "goedkoop" optel en iets met hulle maak.
Onthou, die draad gan oor "Budget" langafstand geweer
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Eks nou nie n Remington fan nie maar vir bq oor die R20 000 skiet die goed dam maar vreeslik klein groepies op lang afstande.
http://media.liveauctiongroup.net/i/10387/11025813_1.jpg?v=8CE3CDC7AB9FEA0
Ek kan nie regtig dink jy sal baie meer nodig he nie.Net die sneller lekker sag en n scope/ringe/rail
As ek n Remington moet koop sal dit so Sendero wees

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Ek reken budget langafstand geweer, die goedkoopste wat jou tot op 1k kan vat, akkuraat en konstant- gaan dalk nie pryse wen nie. Die vraag was heel simplisties en het nie gevrae vir wat die beste upgrade platform is nie etc
Howa thumbhole sporter-R9000
Bed en freefloat die aksie-R1100
Lynx Multimax ringe met 20moa inserts R1200
Nikon Monarch 5-20 x44 -R5500
En daar kan jy vir n budget lekker ver skiet R16800
En s jy wil fancy raak gooi n Timney sneller in vir R1500
Silent Hunter Reflex 1850
Skoefdraad-R850
Bipod R1000
R22000

.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.
Manne,
Koop Tikka T3 Sporter en klaar
Myne het laat laas jaar nog twee plek geskiet in Varmint kompetiesie tot op 625 yards en op 1000yards so rukkie later kon ek 2 skote op wit buffeltie skiet met die eerste skoot wat die verf afgehaal het so dis so close soos .dammit aan vloekwoord of hy is 3 uit 3 skote raakgeskiet. En dit is nie ek nie want ek sukkel maar met akkuraat skiet
Die geweer sal jou baie ver bring met lang afstand skiet net soos hy is sonder enige ander opgraderings.
Ek self gaan nou 338LM bou vir lang afstand Jag en die geweer met kolf (remington Sondero kolf soos in Capt. O se foto), 338LM Remington 700 LA doner aksie met sneller met bottom metal en AI 5 skoot magesyn, loop en geweersmit werk met Moffie prop (soom oom Driepoot om noem
)gaan die geweer my onder 25k uitwerk. Waneer ek Ai tipe kolf opsit en die Sondero kolf afhaal gaan dit seker hier by 34K draai, maar vir nou vir om en by 25K kan ek lang afstand jag en bietjie gonge om langer afstande skiet. punt wat ek wil maak is dat as jy so bietjie soek op redelike budget regkom, probleem is hoe meer komterend jy wil skiet hoe duurder gaan dit maar oor die algemeen vir jou uitwerk.
Soos Dries hierbo noem daar is nog beter budget opsies beskikbaar.