Applied Ballistics en ander app's

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
GerhardV
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Mon Nov 28, 2011 2:39 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by GerhardV »

maxboostsa1 wrote: Vir my is AB met die custom drag file vir die 140Amax nou spot-on.
Jammer as dit 'n dom vraag is, maar wat is 'n custom drag file? Ek het dit nog net raakgelees met verwysing na AB. Het Strelok Pro /+ ook die funksie?
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Ek het vandag op 1515yds geskiet op Heilbron se funshoot. Ek was nie in staat op in die 8 skote die 600x600 plaat raak te skiet nie, maar my elevation werk baie mooi uit met AB.
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by maxboostsa1 »

GerhardV wrote:
maxboostsa1 wrote: Vir my is AB met die custom drag file vir die 140Amax nou spot-on.
Jammer as dit 'n dom vraag is, maar wat is 'n custom drag file? Ek het dit nog net raakgelees met verwysing na AB. Het Strelok Pro /+ ook die funksie?
Custom drag curves (i.e. rather than using G1 or G7, Applied Ballistics has measured and developed specific drags for specific bullets, no other calculator does this).

http://www.bergerbullets.com/bryan-litz-ballistic-apps
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by maxboostsa1 »

Fritz Hagen wrote:Ek het vandag op 1515yds geskiet op Heilbron se funshoot. Ek was nie in staat op in die 8 skote die 600x600 plaat raak te skiet nie, maar my elevation werk baie mooi uit met AB.
My geweer raak presies by 1500yrd trans sonic. Disss m..... ver.
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

En hoe kry mens daai "custom drag file"? Hoe kies of aktifeer jy hom in AB? Is dit anders as om die G7 (Litz) te kies wat in die bullet library is? Ek vra want ek weet regtig nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by PWV »

Capt. Oblivious wrote:O kla ons nou al oor sulke grope op 1000m :-[
Ja, ek dink die man moet sy geweer bêre en gaan rolbal speel! :-\
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Eugene »

Fritz Hagen wrote:En hoe kry mens daai "custom drag file"? Hoe kies of aktifeer jy hom in AB? Is dit anders as om die G7 (Litz) te kies wat in die bullet library is? Ek vra want ek weet regtig nie.
Ek het ook probeer, maar dink nie jy kan op iphone nie, net android....
Aim small, miss small
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by maxboostsa1 »

Fritz Hagen wrote:En hoe kry mens daai "custom drag file"? Hoe kies of aktifeer jy hom in AB? Is dit anders as om die G7 (Litz) te kies wat in die bullet library is? Ek vra want ek weet regtig nie.
Op Android waar jy G1 of G7 kies is daar n custom... jy kies hom en dan kies jy purchase....jy sal dan n lys kry van al die punte wat custom drag files het wat jy kan koop...
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Dankie. Ek sal maar my multiple G7's insit aangesien ek die Iphone het
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by maxboostsa1 »

PWV wrote:
Capt. Oblivious wrote:O kla ons nou al oor sulke grope op 1000m :-[
Ja, ek dink die man moet sy geweer bêre en gaan rolbal speel! :-\
Ek sal maar die rolbal los vir die toppies ek is nog te jonk vir dit.... ek sal maar nog oefen om te skiet tot ek so goed is soos oom hulle.... ++>:
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

maxboostsa1 wrote:
PWV wrote:
Capt. Oblivious wrote:O kla ons nou al oor sulke grope op 1000m :-[
Ja, ek dink die man moet sy geweer bêre en gaan rolbal speel! :-\
Ek sal maar die rolbal los vir die toppies ek is nog te jonk vir dit.... ek sal maar nog oefen om te skiet tot ek so goed is soos oom hulle.... ++>:
++>: ++>: ++>:
Sê die ou wat vanmiddag die 150mm gong gepiets het op 1K vandag, en ek hoor nou daar was onder andere 'n 3" groepering op daai afstand
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Gawie(13mm) »

Aitsa, hy draf soos 'n Jack Russel, blaf soos 'n boerboel, maar byt soos 'n Pitt-bull.

Netjies gedoen maat.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
maxboostsa1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by maxboostsa1 »

Ek het vandag weer gaan kyk of ek nie een van ballistiese apps meer presies kan kry... Ek het die baan gaan uitmeet met n 100m tape en het toe StrelokPro probeer en my eerste 3 skote was 6.5" hoog.... Frits...die eerste 3 skote was 4" gewees.....Neil het gese dis 3 maar ek het hulle gemeet.
Ek het vir Neil ok n kans gegee en sy 2de skoot was ook in die Oranje op die ander gong. Sover is ek baie gelukkig met die geweer...
http://img.photobucket.com/albums/v127/MAXBOOSTSA1/Mobile%20Uploads/20141215_190532.jpg

Ons het Vrydag die 338Norma ook gaan haal maar ons wag nog vir die dies van US. Sy korrelpyp is n NightForce BEAST.
http://img.photobucket.com/albums/v127/MAXBOOSTSA1/Mobile%20Uploads/20141212_161319.jpg
Hier is die 338Norma langs die 6.5x55 met n 300gr Lapua punt.
http://img.photobucket.com/albums/v127/MAXBOOSTSA1/Mobile%20Uploads/20141213_160600.jpg
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Baie mooi Wynand. Ek is regtig bly jou geweer skiet so mooi. Daai 338NM van Rudi lyk gevaaaarlik!!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Gawie(13mm) »

Max was daar enige wind toe jy daai groep geskiet het op 1000m en het jy die spindrift aan gehad op Strelok?
Ek sien op Strelok kan "vertical deflection" agv 'n dwarswind van 10 mph en spindrift 'n verskil in elevasie van 5 tot 6 duim gee.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Gawie(7mm) wrote:Max was daar enige wind toe jy daai groep geskiet het op 1000m en het jy die spindrift aan gehad op Strelok?
Ek sien op Strelok kan "vertical deflection" agv 'n dwarswind van 10 mph en spindrift 'n verskil in elevasie van 5 tot 6 duim gee.
Yup. Dit is baie belangrik. Die term wat meeste gebruik is "earodynamic jump". Kyk hier Effek van winde.

Die baie growwe rule of thumb is soos volg vir full value dwarswind. Dit geld vir alle afstande.

10mph: 1/4 MOA verskil
15mph: 1/2 MOA verskil
20mph: 3/4 MOA verskil
25mph: 1 MOA verskil

Wind van links gooi jou laag. Van regs hoog.

Maar dit hange\ van jou stabiliteit af. So om die app soos Strelok Pro of AB te gebruik is maar die beste.

As ek my geweer instel op 100m in 'n 10mph dwarswind uit 9h, dan maak ek seker ek skiet argumentsonthalwe 0.5moa regs en 0.5moa laag. As hy in die kol skiet is hy nie reg nie.
Last edited by Fritz on Tue Dec 16, 2014 5:53 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Ek sien ek het op daardie onderwerp bietjie bollie geskryf daar oor die ware meganisme van earodynamic jump, maar die beginsel bly dieselfde.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Ek het hierdie stukkie gaan haal wat ons bespreek het op die African Long Range Hunters forum.

As daar ook na die formule vir ADJ gekyk word is daar net twee veranderlikes, en dit die SG waarde (wat self eintlik maar 'n hele paar veranderlikes het, maar maklik bepaalbaar is) en dan die lengte van die koeël in kalibers, en die vol windsterkte natuurlik.

Ek het gou hierdie aanmekaargeslaan om 'n idee te skep van die effek van stabiliteit. Kyk maar of julle dieselfde kry in AB. (Station P = 25.58" Hg, 68deg F)
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/ADJ_zps428fdaf3.jpg
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Arnold »

Julle praat van die Magnus effect. Tog sien ek nie dat AB dit in berekening bring nie?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by JPS »

Arnold,

As jy AB en shooter vergelyk bevoorbeeld en jy veander die wind spoed en rigting op AB sal jy sien hoogte verander in AB en nie in shooter nie wat ek glo dan neem dit Aerodynamic lift in ag?

Groete
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Arnold »

Sien, dit is wat ek gedoen het het maar my hoogte verander nie ???
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Hy is veronderstel om te verander. My hoogte verander verseker in AB, maar nie in Shooter nie.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Ek kry op my gegewens, en 1128yds met 'n 15mph wind, dat die hoogte met 1.25MOA verskil tussen 9h en 3h wind.
Last edited by Fritz on Tue Dec 16, 2014 8:00 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Arnold »

Myne wil nie werk nie :(
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Applied Ballistics en ander app's

Post by Fritz »

Can't believe...
Post Reply