Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post Reply
Mornejagtermulder
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Nov 29, 2014 11:47 am

Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by Mornejagtermulder »

Dag manne

ek volg die jaracal forums gereeld maar ekt besluit om my eerste mening te lig oor die volgende :

Net so 'n bietjie terugvoering oor die nuwe Vixen scopes op die mark...ekt so paar weke terug vir myself die nuwe Vixen 2.5-15 gekoop daar by camdix in krugersdorp vir so om en by R8000. toe ek hom gekoop het, het hy heel goed gelyk en ekt niks veel meer verwag as 'n goeie waarde vir geld ou scopie nie - totdat ek hom gaan toets het! ek HET 'n Swarovski Z5 en ek HET 'n Leupold VX3 op my 300 en 338 - nie een van die 2 gee vir my die helderheid van die Vixen VIII nie. Daai japanese mag maar... ;D

Groetnis
Morne
User avatar
tgg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by tgg »

Meeste scopes se optics is puik tot op 15x. Dit is daarna wat die dinge begin verskil.

Wat is jou Z5 se vergroting.

ek het die meopta roete gegaan vir scopes op gewere wat ek minder gebruik of net met jag, hulle vergelyk ook goed met my Z5 as die lig en mirage nie n issue is nie, as die toestande effens swak raak is dit maar net oplettend hoe die produkte dan verskil
Mornejagtermulder
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Nov 29, 2014 11:47 am

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by Mornejagtermulder »

My Z5 is 'n 5-25x52

Ek het appels met appels vergelyk met al 3 teleskope op 10x vergroting in vroegmiddag en skemer (lae lig). Tussen die Leupold VX3 4,5-14x40 en die Swarovski was die Swarovski beslis meer skerp, maar tussen die Swarovski en die Vixen moes ek baie mooi kyk om 'n verskil te sien maar vir my oe die Vixen 'n rapsie beter beeld, maar dis net my opinie.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by joe rocket »

Ek kyk na die vixen 5x25x58.Omdat camdix n bietjie ver van die paarl af is kan ek nie appels met appels vergelyk nie. Ek sal graag wil weet hoe helder is die glass op 22 vergroting? As daar iemand is wat al na die scope gekak het sal ek kommentaar waardeer.

Groete
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by Geno »

joe rocket wrote:As daar iemand is wat al na die scope gekak het sal ek kommentaar waardeer.

:o
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by Frikkie Coetzee »

Het probeer maar hulle wou my nie toelaat om my broek los te maak in die winkel nie :laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
JacoW
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Tue Sep 02, 2014 12:05 pm

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by JacoW »

:laugh: :laugh: :laugh:
Mornejagtermulder
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Nov 29, 2014 11:47 am

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by Mornejagtermulder »

Ek het gekyk na die x58, beeld was goed maar vir my doeleindes was dit bietjie groot! een van my pelle het een gekoop ek sal hoor wat hy se en laat weet

Groenis
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by joe rocket »

Dankie manne hoe lekker lag ek nou. Dis maar moeilik om op die selfoon te tik.Waardeer die hulp
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by Jaco B »

Lag ek nou sommer baie lekker.
User avatar
tgg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm

Re: Vixen VIII 2.5-15x50 -WOW

Post by tgg »

Mornejagtermulder wrote:My Z5 is 'n 5-25x52

Ek het appels met appels vergelyk met al 3 teleskope op 10x vergroting in vroegmiddag en skemer (lae lig). Tussen die Leupold VX3 4,5-14x40 en die Swarovski was die Swarovski beslis meer skerp, maar tussen die Swarovski en die Vixen moes ek baie mooi kyk om 'n verskil te sien maar vir my oe die Vixen 'n rapsie beter beeld, maar dis net my opinie.
soos ek gese het, as jou vergroting meer as 15 x raak dan val die ander scopes uit die bus uit, die lense begin vaal raak
Post Reply