Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
ek volg die jaracal forums gereeld maar ekt besluit om my eerste mening te lig oor die volgende :
Net so 'n bietjie terugvoering oor die nuwe Vixen scopes op die mark...ekt so paar weke terug vir myself die nuwe Vixen 2.5-15 gekoop daar by camdix in krugersdorp vir so om en by R8000. toe ek hom gekoop het, het hy heel goed gelyk en ekt niks veel meer verwag as 'n goeie waarde vir geld ou scopie nie - totdat ek hom gaan toets het! ek HET 'n Swarovski Z5 en ek HET 'n Leupold VX3 op my 300 en 338 - nie een van die 2 gee vir my die helderheid van die Vixen VIII nie. Daai japanese mag maar...
Meeste scopes se optics is puik tot op 15x. Dit is daarna wat die dinge begin verskil.
Wat is jou Z5 se vergroting.
ek het die meopta roete gegaan vir scopes op gewere wat ek minder gebruik of net met jag, hulle vergelyk ook goed met my Z5 as die lig en mirage nie n issue is nie, as die toestande effens swak raak is dit maar net oplettend hoe die produkte dan verskil
Ek het appels met appels vergelyk met al 3 teleskope op 10x vergroting in vroegmiddag en skemer (lae lig). Tussen die Leupold VX3 4,5-14x40 en die Swarovski was die Swarovski beslis meer skerp, maar tussen die Swarovski en die Vixen moes ek baie mooi kyk om 'n verskil te sien maar vir my oe die Vixen 'n rapsie beter beeld, maar dis net my opinie.
Ek kyk na die vixen 5x25x58.Omdat camdix n bietjie ver van die paarl af is kan ek nie appels met appels vergelyk nie. Ek sal graag wil weet hoe helder is die glass op 22 vergroting? As daar iemand is wat al na die scope gekak het sal ek kommentaar waardeer.
Groete
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Ek het gekyk na die x58, beeld was goed maar vir my doeleindes was dit bietjie groot! een van my pelle het een gekoop ek sal hoor wat hy se en laat weet
Ek het appels met appels vergelyk met al 3 teleskope op 10x vergroting in vroegmiddag en skemer (lae lig). Tussen die Leupold VX3 4,5-14x40 en die Swarovski was die Swarovski beslis meer skerp, maar tussen die Swarovski en die Vixen moes ek baie mooi kyk om 'n verskil te sien maar vir my oe die Vixen 'n rapsie beter beeld, maar dis net my opinie.
soos ek gese het, as jou vergroting meer as 15 x raak dan val die ander scopes uit die bus uit, die lense begin vaal raak