Skoonmaak toerusting

Post Reply
User avatar
RudolphP
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Tue Jun 10, 2014 11:44 am

Skoonmaak toerusting

Post by RudolphP »

Naand almal

Ek het sopas my eerste geweer gekry en moet nog alles aanskaf om hom mooi skoon te maak. Die geweer is 'n 308.

Wat stel julle voor en wat moet ek vermy as ek by die winkel instap.

Dankie by voorbaat
Rudi
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Skoonmaak toerusting

Post by Gian_dP »

Vir ordentlik skoonmaak, kry n goeie skoonmaakstok en n "bore guide". Goeie nylonborsel en n "patch guide" om lappies op te sit.

Vermei die skoonmaakstokke wat inmekaar skroef, hulle is nie stewig genoeg nie.

Keuse van skoonmaakmiddels is wyd. Kry iets wat koolstof verwyder en iets om koper te verwyder. Ek hou persoonlik van Boretech se produkte.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Skoonmaak toerusting

Post by tripodmvr »

Kry vir jou 'n behoorlike skoonmaakstok, lapmateriaal en 'n "jag" om die mutis in jou loop in te kry. As jy 'n borsel wil gebruik sou ek een van nylon aanbeveel. Gebruik dan souse soos M98, Forrest Bore Cleaner of soortgelykes wat koper en koolstof verwyder.
Goeie olie en 'n "bore guide" om die mutis uit jou aksie te hou.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Skoonmaak toerusting

Post by henning »

Kyk ook maar vir n " chamber mop " on die loop se kamer skoon te hou.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Skoonmaak toerusting

Post by Eduard Venter »

tripodmvr wrote: As jy 'n borsel wil gebruik sou ek een van nylon aanbeveel.
Jammer dis dalk n dom vraag maar om watter rede juis die nylon?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13652
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skoonmaak toerusting

Post by Capt. Yoda »

Eduard Venter wrote:
tripodmvr wrote: As jy 'n borsel wil gebruik sou ek een van nylon aanbeveel.
Jammer dis dalk n dom vraag maar om watter rede juis die nylon?

Brass reageer met baie skoonmaak goed so jy gaan vir altyd borsel en patch om al die swart uit te kry en ons is nog nie seker of die brass jou loop beskadig nie so on vermy dit maar om beter te slaap in die aand
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply