Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie 2014

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by JPS »

Capt. Hoe het ons mekaar gemis?

YEs was baie lekker skiet gewees. Fritz het baie mooi geskiet ek kon so 65 ui 75 inbewe, maar moet regtig begin fokus om te fokus, maak regtig amateur foute hier en daar......

Die wit buffultjie is by die huis met twee skote deur hom op 1000yards en die eerste een net net tussen die horing en lyf deur. Die wind het op daai stadium so 12 myl per uur gewaai. Sportertjie skiet maar net baie lekker vir rak geweer. Eerste twee skote op 1000yards op f klas teiken was 4 en 5 gewees toe stop die oom ons , sou gehou het van 5 skote te skiet en kyk wat ons kan score uit 25 uit.

Ps. Gesien iemand daag somer met my forum naam op as nommerplaat op sy Cruizer.

Mooiloop
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Capt. Yoda »

Ha ha Jps ons het mekaar nie gemis nie ons het baie gesels ma ek het nie my forum naam da rond gegooi nie (mens weet nooit hoe sleg ek skiet op n dag nie :D ).Ek het saam Dirk geskiet met die 264 sandero daar langs Fritz hulle.

Ja was n baie lekker dag en veral daai 1000y tyken.My eerste skoot was so amper n half meter oor hom ma da na kon ek dam 3 x 4s raak skiet.Op daai afstand in daai wind sien mens ma net hoe ver die 6mm agter die 6.5s raak maar as mens hard werk kom hy by die tyken uit.Ek dink ek soek nou maar n 1/8 twist loop vir hom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
lapman
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Sep 27, 2012 7:32 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by lapman »

"Ha ha Jps ons het mekaar nie gemis nie ons het baie gesels ma ek het nie my forum naam da rond gegooi nie (mens weet nooit hoe sleg ek skiet op n dag nie ).Ek het saam Dirk geskiet met die 264 sandero daar langs Fritz hulle."

Ha ha ha, ek lees vanoggend die storie en het gesien julle gesels lekker daar.
Kon darm ook n 65 behaal in die uitdagende omstandighede. Ek is baie tevrede met die 260 maar het nog n bietjie werk oor met die hoogte van die 140 custom comp. Ek het so bietjie laag gebly en hier en daar sluip daar maar n fout by die drywer ook in.
Was baie lekker om saam met julle te skiet en ons sal weer so maak.
Die buffel het my gefnuik maar ek het hom darm goed rondgejaag daar op 1000. Soos Elatdus se " die jack russel"
Baie mooi geskiet Fritz en geluk Jan met daai 2 skote op die "jack russel"
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Capt. Yoda »

Lappies was lekker om saam julle manne ook te kuier jy het dam self laat loop met daai Tikka van jou en dankie dat ons jul wind calls so lekker kon gebruik :-)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by JPS »

Capt. Oblivious wrote:Ha ha Jps ons het mekaar nie gemis nie ons het baie gesels ma ek het nie my forum naam da rond gegooi nie (mens weet nooit hoe sleg ek skiet op n dag nie :D ).Ek het saam Dirk geskiet met die 264 sandero daar langs Fritz hulle.

Ja was n baie lekker dag en veral daai 1000y tyken.My eerste skoot was so amper n half meter oor hom ma da na kon ek dam 3 x 4s raak skiet.Op daai afstand in daai wind sien mens ma net hoe ver die 6mm agter die 6.5s raak maar as mens hard werk kom hy by die tyken uit.Ek dink ek soek nou maar n 1/8 twist loop vir hom
Ha ha Nee Ok,

Dan het ons ontmoet. Niks fout met die 6mm nie,kyk bietjie die trend oorsee meer en meer ouens gaan Nou 6mm toe ek dink die een in agt twist sal goed werk.

Groete
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Fritz »

Jan ons almal het sonder twyfel baie goed gedoen. Ek het die twee voriges geskiet en kan regtig sê dat gister baie uitdagend was. Die wind het my op 600yds heeltemal verenneweer en 1000yds was net so kwaai, eers links af dan volgende skoot regs af op die bisley teiken en die daai Jack Russel wat hulle 'n "buffel" noem kon ek net eenvoudig nie raakskiet nie :'(

Sien uit om meer van julle manne daar te sien volgende seisoen.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Fritz »

Ek onthou nog die een spesifieke skoot waar Lappies geskiet het, sy muzzle blast het links gewaai en die stof by die teiken regs :laugh: :laugh:
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Capt. Yoda »

Jip sien julle manne die 16 daar maar die keer gaan ek die 87gr koele los en 200greiners saam vat. Wie weet dalk bring kersvader nog vir my n duk/dik pak Bergers
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Fritz »

Capt. Oblivious wrote: Wie weet dalk bring kersvader nog vir my n duk/dik pak Bergers
Ek sien Safari het 210gr VLD's
EdL
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Tue Sep 02, 2014 10:42 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by EdL »

Middag Manne,

Ja kyk, met horings soos daai, is daai ou Jack Russeltjie verseker n Roland Ward....mits jy hom raakgeskiet kry. Net vir die rekord: In daai wind van Saterdag het my 155.5 Berger fullbores tussen 9 en 10 MOA gedrift op 1000 yards...!! As jy met jou reticle mik en nie click vir wind nie, is die middel van jou kruis netjies op jou buurman se teiken.....n aardige gevoel hoor.

Ek wil net vir al die manne wat die moeite gedoen het om van ver af te kom baie dankie sê - ek is seker dat niemand daar weg gegaan het sonder om n lekker uitdagende skietdag voluit te kon geniet nie. Ek is ook seker dat as die Super League volgende jaar weer is alle erns begin, dat ons selfs meer van die manne daar sal raakloop. Die tipe skiet is besig om soos n veldbrand te versprei...

O ja, Tielman en ek het baie gestry oor waar die buffel se hart sit....dit is toe nie in die horing soos ek beweer het nie... ;-)

Skiet groete

Elardus
Post Reply