Oppad na my pel het hy laat weet sy Pa het skielik versleg en hy is oppad met hom na Kaapstad. Gisteraand het hy laat weet die Oom het afgesterwe.
Ons het deur die Tankwa gery en die kinders het dit vreeslik geniet.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2545_zpsbe9eeab8.jpg
Bo op Gannaga
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2551_zps1bb6c8c3.jpg
Regte Boere oorlog Borswaar.
Ons kon in die plaashuis oorbly, maar het besluit om eerder te gaan kamp met die seuns.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2563_zps9e0c7f74.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2583_zpse4c535a6.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2598_zps8b978189.jpg
Kampkos, Bakedbeans, sweetcorn en 'n Bolandse skaap tjoppie in die karoo.
Die manne het die tent slaap geniet en die pappa's minder nadat die wind die nag begin waai het soos ons gewoond is in die Kaap, maar nie in die Karoo in tente nie.
Ons is vroeg op en het die jag bakkie gaan haal en die kampe om die jagkamp gefynkamp vir deurkruip bokke. Geen ooie was te skiet nie aangesien hulle al begin lam het en ook probeer ons die Ram getalle al vir tweejaar afbring, wat die aanteel BAIE opgebring het. My vriend het sy nuwe Savage LRH .260 rem en Burris Eliminator 3 gebruik en een van Silent Hunter se nuutse knaldempers. Die kombinasie het so bietjie instel gesoek, en die eerste twee bokke het hy bo-oor gekiet. ons het weer gaan instel op 150m en die volgende bok sien ek hy is bietjie laag in die selfvertroue afdeling en stel voor hy los eers die kopskote en vat eers gou net so 4 vingers agter die blad. 298m en die bok val net daar presies waar hy mik. Snaaks wat dit aan selfvertroue kan doen. Sy volgende 2 bokke was albei hier by die 240m kopskote.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2609_zpsbe7e6fe3.jpg
die Savage se eerste bloed.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2622_zpsa7e6235c.jpg
En tweede bloed. 'n Monster ram wat 25kg karkas uitgeslag het. My seuntjie het besluit die bok is vir hom die mooiste.
Die mannetjies het teen 11:00 maar bietjie moeg geraak en ons het huistoe gedraai. EK het toe nog nie geskiet nie, maar dit was OK die kinders het die dag reeds vrek baie geniet. My geluk was in en 'n Ram wat my al lank tuister wat aan die verkeerde kant van die draad bly en altyd weghol het hom misgus met die 7mm Rem Mag se vernoe( die wind was nou al helemal te kwaai vir my .222 en my skietvernuf). Op 284m het my roer se deel gedoen en ek kon die skoot in bewe.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2625_zpsf5f23d93.jpg
My kind was so trots op sy Pa dit was nogals lekker ek was iemand se hero vir so klein tydjie
So vanoggend dink ek aan my vriend wat se Pa oorlede is en hoe ons as grootmense stry en baklei, en soms nie so lekker as Pa en seuns oor die weg kom nie. Ek moet meer doen om my kinders deel te maak van ons jag en buitelewe liefde. Ja dit is vrek moeilik om te skiet as twee knappies op die bakkie rondhop en hardpraat en hulle speelgoed gewere skiet net voor jy daai sneller druk, maar dit is die moeite werd.

