Waaroor dit eintlik gaan.

Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Waaroor dit eintlik gaan.

Post by tau »

My vriend se Pa is gister oorlede. Laat my net weer dink aan die vooreg wat 'n Pa het om sy seun se lewe aan te vul of nie. Ek het 'n relaiewe vol werksedule. Land dae en 365 dae 'n jaar. Soms is mens lus vir 'n blaaskans en jy gaan jag op jou eie of gaan of 'n bike trip. Dit is hoehet afskakel. Klim op my bike en ry Nam toe of gaan jag by iemand . Laasweek het ek besluit om my kosbare eie tyd te deel met iemand belangriker as ek. My ou grootvriend en sy 3 jarige is saam.

Oppad na my pel het hy laat weet sy Pa het skielik versleg en hy is oppad met hom na Kaapstad. Gisteraand het hy laat weet die Oom het afgesterwe.

Ons het deur die Tankwa gery en die kinders het dit vreeslik geniet.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2545_zpsbe9eeab8.jpg
Bo op Gannaga
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2551_zps1bb6c8c3.jpg
Regte Boere oorlog Borswaar.

Ons kon in die plaashuis oorbly, maar het besluit om eerder te gaan kamp met die seuns.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2563_zps9e0c7f74.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2583_zpse4c535a6.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2598_zps8b978189.jpg
Kampkos, Bakedbeans, sweetcorn en 'n Bolandse skaap tjoppie in die karoo.

Die manne het die tent slaap geniet en die pappa's minder nadat die wind die nag begin waai het soos ons gewoond is in die Kaap, maar nie in die Karoo in tente nie.
Ons is vroeg op en het die jag bakkie gaan haal en die kampe om die jagkamp gefynkamp vir deurkruip bokke. Geen ooie was te skiet nie aangesien hulle al begin lam het en ook probeer ons die Ram getalle al vir tweejaar afbring, wat die aanteel BAIE opgebring het. My vriend het sy nuwe Savage LRH .260 rem en Burris Eliminator 3 gebruik en een van Silent Hunter se nuutse knaldempers. Die kombinasie het so bietjie instel gesoek, en die eerste twee bokke het hy bo-oor gekiet. ons het weer gaan instel op 150m en die volgende bok sien ek hy is bietjie laag in die selfvertroue afdeling en stel voor hy los eers die kopskote en vat eers gou net so 4 vingers agter die blad. 298m en die bok val net daar presies waar hy mik. Snaaks wat dit aan selfvertroue kan doen. Sy volgende 2 bokke was albei hier by die 240m kopskote.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2609_zpsbe7e6fe3.jpg
die Savage se eerste bloed.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2622_zpsa7e6235c.jpg
En tweede bloed. 'n Monster ram wat 25kg karkas uitgeslag het. My seuntjie het besluit die bok is vir hom die mooiste.

Die mannetjies het teen 11:00 maar bietjie moeg geraak en ons het huistoe gedraai. EK het toe nog nie geskiet nie, maar dit was OK die kinders het die dag reeds vrek baie geniet. My geluk was in en 'n Ram wat my al lank tuister wat aan die verkeerde kant van die draad bly en altyd weghol het hom misgus met die 7mm Rem Mag se vernoe( die wind was nou al helemal te kwaai vir my .222 en my skietvernuf). Op 284m het my roer se deel gedoen en ek kon die skoot in bewe.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2625_zpsf5f23d93.jpg

My kind was so trots op sy Pa dit was nogals lekker ek was iemand se hero vir so klein tydjie :laugh:

So vanoggend dink ek aan my vriend wat se Pa oorlede is en hoe ons as grootmense stry en baklei, en soms nie so lekker as Pa en seuns oor die weg kom nie. Ek moet meer doen om my kinders deel te maak van ons jag en buitelewe liefde. Ja dit is vrek moeilik om te skiet as twee knappies op die bakkie rondhop en hardpraat en hulle speelgoed gewere skiet net voor jy daai sneller druk, maar dit is die moeite werd.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by win270 »

Mooi storie en groot waarhede, tau.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by ruaanb »

Pragtig en sulke waarhede. Ek probeer regtig waar moontlik om my seuntjie deel te maak van al die uitstappies. Geen geld kan dit koop nie.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by Boesman10 »

Great tyd om so saam met jou kinders te spandeer. My seun was presies dieselfde op daardie ouderdom. Op 13 het sy prioriteite begin verander en nou op 14 is daar geen kans dat hy saam sal gaan veld toe nie weens eie prioriteite. Dit is ook OK en mens moet die grootraak proses respekteer.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by kopskoot »

Baie special! Lekker Tau
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by sako 30-06 »

Goed gedoen Tau,daai een springbok is n monster.

Geniet die tyd saam met jou seuns,ek kan sien hulle het dit baie geniet en sal dit vir altyd onthou.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by tau »

Dankie manne.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by Riaan Kriel »

Baie goed gestel Tau, ons raak so vasgevang in ons eie bestaan en roetine en spartel om by alles uit te kom dat ons vergeet van dit wat ons lewe regtig betekenis gee en deur wie ons onthou sal word.....
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by Smirre »

Tau
Hoop jy doen dit nou twee keer per jaar elke jaar!!!!

Smirre
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by dawiec »

Mooi skote Tau en priceless om saam met jou seun te kan jag!
as ek mag vra waar het jul gejag?
mooiloop!
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by Jan-Hendrik »

Mooi storie.. en die kampplek verskriklik mooi
JAN-HENDRIK
Francios Heins
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by Francios Heins »

Tau

Ek kan hier by aansluit my Pa is Augustus die jaar oorlede en daar was nog so baie wat ons saam wou doen! Dis swaar en hartseer maar dis die lewe mens moet nie lewe vir eendag nie! Hy kom dalk nooit nie ek het self 2 jong seunjies en ek dink as jong pa vergeet jy dikwels watse inpak jy op hulle lewens het.

Ons moet ons kinders geniet ons almal is maar op geleende tyd! Julle jag trippie lyk baie lekker en dis werklik 'n voorreg.

Lekker dag en mooi loop

Groete
Francios
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by .223 JAGTER »

Mooi storie dit laat my baie dink ek is ook in so n gejaagde lewe en daar is net nooit tyd en als moet gou gaan sal moet ernstig aandag gee daaraan
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Waaroor dit eintlik gaan.

Post by henning »

My kinders is nou al uit die huis maar nou eers besef ek tekortkominge en dinge wat ek met hulle wou meemaak.
Ek het nog steeds kans om in te haal en het vir die eerste keer nou my seuns geneem vir hulle eerste jag trippie.
Gelukkig het ek nog kans om dit te doen.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Post Reply