22-250

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

22-250

Post by CarelG »

Middag almal,

Ek het sopas my lisensie gekry vir my 22-250, ek wil nou komponente gaan koop. Wil sommer hoor wat werk vir julle lekker in die kaliber. Ek het reeds n paar Winchester doppe persent gekry, ek gebruik gewoonlik maar Lapua/Nosler of Norma....is die Winchesters ok?

Dan het ek vir koeels gedink aan 55gn Nosler Ballistic tips, ek sien safari verkoop bulk pakke met 250 in?

En dan waste kruit en primers is die beste vir die 22-250's en dalk kan julle help met n begin lading asb?

Die geweer is n Sako 85 Varmint met 1:14 twist...

Baie dankie ek waardeer...ek het bietjie gesearch op die forum maar kon nie te veel inligting kry nie :-[

Groete
Carel
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: 22-250

Post by alecjohnson »

winchester doppe is ok

Gebruik S335

gaan kyk hier vir ladings hoop dit werk dan as jy al die besonderhede het en paar spoed lesings gegee het help ons jou met Quickload
http://www.somchemreload.com/search?c=8&f=28
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: 22-250

Post by CarelG »

Maak so...dankie
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: 22-250

Post by Riaan Kriel »

Dalk het S&O al Nosler BT's ingekry maar laas wat ek gehoor het wag almal in die land nog vir die volgende besending om in te kom. Vind uit, dalk het hulle al gekry!

Ek gebruik ook die 55gr BT's maar met S341 kruit. Groepering is redelik, ongeveer 12-15mm op 100m... Sal moet gaan opsoek in my aantekeningboekie na die presiese lading.

Jy sal die geweertjie geniet, dit is 'n heerlike geweer vir die jakkies. My oudste dogter, nou 13, reken natuurlik dit is haar geweer, want sy skiet net met hom as daar van die SAJWV tabelle is waaraan sy kan deelneem met hom agv die kaliberbeperkings op sekere tabelle. Sy skop gereeld die seuns se agterkante met die geweer.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: 22-250

Post by Dawie »

Ek gebruik al 10jr + net S355 in my 22-250's dis met 40gr V-maxe en NBT's en 50gr V-maxe, laasgenoemde is nou my gunsteling.

My ladings is 40gr S355 agter 40gr Koëel 4150-4250fps
en 38gr S355 agter 50gr V-max. 3900fps
CCI 200 Primers
Lapua doppe
26" Loop
1 in 14" Twistrate

Ek sal ten minste 2 gr onder my ladings begin

S355 maak die dop lekker vol en is glo nie so temperatuur sensitief nie.
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: 22-250

Post by CarelG »

Dankie vir die inligting Dawie...nou hoe sal ek nou kies watse kruit :-[ 3 ouens het terug geskryf en al 3 gebruik verskillende kruit ++>:
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 22-250

Post by tripodmvr »

Met S355 kan die dop nogal baie vol word. Maak dus seker wat die doppe se water inhoud is - is dit kleiner as 43,5gr dan sal ek eerder na S335 kyk as dryfmiddel. Wanneer jy dan later tyd het kan jy eksperimenteer met S341.

S335 is die gewildste onder 22-250 herlaaiers.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: 22-250

Post by CarelG »

Dankie Oom Tripod...
Post Reply