Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Ek het sopas my lisensie gekry vir my 22-250, ek wil nou komponente gaan koop. Wil sommer hoor wat werk vir julle lekker in die kaliber. Ek het reeds n paar Winchester doppe persent gekry, ek gebruik gewoonlik maar Lapua/Nosler of Norma....is die Winchesters ok?
Dan het ek vir koeels gedink aan 55gn Nosler Ballistic tips, ek sien safari verkoop bulk pakke met 250 in?
En dan waste kruit en primers is die beste vir die 22-250's en dalk kan julle help met n begin lading asb?
Die geweer is n Sako 85 Varmint met 1:14 twist...
Baie dankie ek waardeer...ek het bietjie gesearch op die forum maar kon nie te veel inligting kry nie
gaan kyk hier vir ladings hoop dit werk dan as jy al die besonderhede het en paar spoed lesings gegee het help ons jou met Quickload http://www.somchemreload.com/search?c=8&f=28
Dalk het S&O al Nosler BT's ingekry maar laas wat ek gehoor het wag almal in die land nog vir die volgende besending om in te kom. Vind uit, dalk het hulle al gekry!
Ek gebruik ook die 55gr BT's maar met S341 kruit. Groepering is redelik, ongeveer 12-15mm op 100m... Sal moet gaan opsoek in my aantekeningboekie na die presiese lading.
Jy sal die geweertjie geniet, dit is 'n heerlike geweer vir die jakkies. My oudste dogter, nou 13, reken natuurlik dit is haar geweer, want sy skiet net met hom as daar van die SAJWV tabelle is waaraan sy kan deelneem met hom agv die kaliberbeperkings op sekere tabelle. Sy skop gereeld die seuns se agterkante met die geweer.
Met S355 kan die dop nogal baie vol word. Maak dus seker wat die doppe se water inhoud is - is dit kleiner as 43,5gr dan sal ek eerder na S335 kyk as dryfmiddel. Wanneer jy dan later tyd het kan jy eksperimenteer met S341.