Brandspoed

JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Ludwig
Die beste of maklikste is Bel vir Manie en vra hom,want nog nooit volgens my was S385 en S365 dieselfde nie,soos ek noudie dag gese het, hulle oggend en aand praatjies verskil soms ???
Dit sal baie intersant wees as jy vir ons kan se wat sy verduideliking is,ek kan hom ook bel as jy wil,dis darem al donderdag "vaaljapie" tyd begin gewoonlik eers vrydag ;D
Groete johan
S365  915g/dm3  vmd 0.0708
S385  930g/dm3  vmd 0.0697
Last edited by JOHANNIC on Thu Dec 09, 2010 3:25 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Brandspoed

Post by Gerrit Visser »

Jare terug het elke blik 'n papier op die blik gehad met daardie blik se lot uitslag. Die manne het gou agter gekom wat die waarde van 'n vinnige blik was. Dit het gemaak dat winkels soms lank met 'n stadige lot gesit het. Wat my pla is of S335 lot 691 ooit op ons rak gaan verskein en of dit net vir uitvoer geoormerk is. As mens vir hulle gaan kuier [ dalk net ek] kry mens die gevoel ons deel nie in hulle beste produkte nie.
Ek wonder ook hoe goed hulle kwaliteit beheer is.

Verstaan mooi die personeel is baie gaaf, maar ek dink daar is te veel kundiges weg en die wat oorgebly het is meer betrokke by growwe kruit [bomme, pyle ens.]

Gerrit
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Gert ek stem dis die gevoel wat ek ook gekry het,noudat Rheinmetal oorgeneem het hoop ek hulle knap die plek n bietjie op ,mens kan sien dat dit jare terug n netjiese plek was ,maar dinge lyk so bietjie verwaarloos,ek dink ook nie julle gaan lot 691 sien nie.
Groete
Biebers
Need for speed >:D
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Brandspoed

Post by henslin »

My ou blikkie S335 na dinges. As jy 'n lot nommer op hom kry - die volgende varkie is joune. Is die manne  skaam of wat ? Die ou blikkie het my regtig goeie diens gegee. Gaan ek met die volgende een dieselfde resultate kry? Wonder maar net !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Ludwig
S395 het ek nog nie van gehoor nie maar S371 was die stadigste kruit komersieel beskikbaar, voor S385 uitgekom het
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
krisie

Re: Brandspoed

Post by krisie »

Raynie.
Ek post hierdie stukkie inligting weer, want dit het gister nie op die forum verskyn nie.Ek het 3000ft/s met S371, 78.2gr en180gr koe?l, 25'' loop,1\10'' twist gekry,maak dit sin.
KRISIE.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Krisie
Wat is jou lot nommer en ek neem aan dit was met die .308NM
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
krisie

Re: Brandspoed

Post by krisie »

RAYNIE.

Sorry man, ek dink nie meer aan die lot no nie, want volgens my was net no 90 gemaak.
Hoekom ek eintlik vra, is dat ek sien die ouens brandspoed  probeer bepaal, om verskillende kruite in `n spesifieke geweer te gebriuk. WANT volgens somchem se toetse het S371 met 80.5gr 3028 vt/s geloop (180gr). My geweer , soos reply 58. Al weer vergeet, 308NM. Somchem het mos nie `n toetsloop nie,en het sommer `n geweer toets gemaak. Nou jou pos s? 70gr vir 2800vt/s, help my reg as ek verkeerd is,daar is te groot verskil van geweer tot geweer, om brandspoed so te bepaal of lees ek die goed verkeerd. HOEKOM kan somchem nie MRP dupliseer nie?.

Krisie.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Brandspoed

Post by THOMAST »

Ludwig wrote: Ander ding, ek sien kruite gelys op hierdie tabel wat ek nog nooit van gehoor of gesien het nie. S371 en S395. Is dit ou of nuwe kruite of het ek maar net met oogklappe aan die goed nog nooit raagelees nie??
Ludwig, S371 is 'n balkruit wat stadiger brand as S361(ook balkruit of sferiese dryfmiddel om sy regte naam te gebruik). Was sowat 10 jaar terug vrylik beskikbaar. Ek kon nie met hom in my 7mmRem Mag regkom nie, as ek reg onthou was hy ook nogal hitte sensitief.
Het nog nie van S395 gehoor nie, vermoed dis B12,7 dryfmiddel wat gebruik word om die .50 Browning kaliber patrone te laai. 'n Mens kon dit by hulle bestel. Sal sekerlik soortgelyk wees aan die ou MR500.
Ek vermoed dat die S371 verbeter is soos wat hulle ook gedoen het met die S361(wat mos vir 'n ruk lank van die mark af was, as ek reg onthou)
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Krisie
Hier is die data wat ek in 1995 gemeet het met .308NM
S371
70gr    2800
71gr    3096
72gr    3145
73gr    3186
Maks vir .300WIN Mag was aangegee as 76gr so hoe hulle by 80.5 vir .308NM kom is 'n raaisel
Dit maak nie vir my saak watse spoed jy kry nie ek wil net weet wat die verskil is vir dieselfde lading en koeel gewig.Die onderwerp het begin want Gerard het 'n Brandspoedtabel gepost het wat nie vir my sin gemaak het nie.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
krisie

Re: Brandspoed

Post by krisie »

RAYNIE.

Ek weet ook nie hoe hulle dit reg gekry het nie, maar dit staan so in die landbouweekblad.

VOOR ek verder gaan om my snelhede te gee, HOE VER moet `n chrony (model-f 1) van die loop af wees. Ek weet goed hoe hierdie topic begin het en ek verstaan wat jy probeer bewys,en nie soos somige s? ( ons jaag spoed).Daar is `n verskil in brandspoed koe?lspoed, maar nouja.

Dit was seker jy en Wilem, die toetse.

KRISIE
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Ja dit was ek en Willem
Krisie sit jou chrony die aanbevole afstand wat die vervaardiger spesifiseer ek meet op 2m
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Gerard

Re: Brandspoed

Post by Gerard »

Gerard het 'n Brandspoedtabel gepost het wat nie vir my sin gemaak het nie.
  Hou in gedagte dat daar meer as net een norm is wat brandspoed bepaal. 

Van die eienskappe is byvoorbeeld dat mens meer van 'n stadiger dryfmiddel kan laai as van die vinniger een om dieselfde druk piek te kry. Omdat die dryfmiddel stadiger is en die druk piek later in die loop plaasvind, vergroot die oppervlakte wat onder die drukkurwe is en mens kan dan meer spoed kry.

'n Goeie voorbeeld is S321 en S335.  Somchem se tabelle, wat onder Johann Loubser se toesig en leiding gedoen is, wys die volgende vir die 223Rem met 'n 55gr koe?l:

S335 maksimum druk by 24.4gr en 3025vps.
S321 maksimum druk by 25.9gr en 3278vps.
S321 het dus 'n stadiger brandspoed as S335 in hierdie aanwending.

Vergelyk nog 'n bottelnek dop in 308Win met 150, 168 en 180gr koe?ls en S321 teenoor S335.  Daar kan duidelik gesien word hoe die brandspoed van S321 afneem na mate die koe?l swaarder word:

S335 150gr koe?l 44.2gr = 2795vps
S321 150gr koe?l 44gr  = 2818vps
Die twee is feitlik kop aan kop.

S335 168gr koe?l 41.5gr = 2576vps
S321 168gr koe?l 42gr = 2648vps
S321 is nou stadiger.

S335 180gr koe?l 40.5gr = 2411vps
S321 180gr koe?l 42.4gr = 2477vps
S321 is weereens stadiger.

Dus is die tabel wat ek gee korrek en in lyn met wat Johan Loubser en Hartmut Broemel vind.  Gegewe die huidige vlak van teenstrydige inligting vanaf Somchem sou ek lugtig wees daarvoor.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Brandspoed

Post by Francois Marais »

Oom Gerard
Gegewe die huidige vlak van teenstrydige inligting vanaf Somchem sou ek lugtig wees daarvoor.
Ek stem, hier het nou die dag dan n man kruit op n tabel van hulle af gekry wat nie eers bestaan nie nl. S395.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Gerard

Re: Brandspoed

Post by Gerard »

Ek het nou tyd gevat en die bespreking vlugtig deurgelees.  Jammer vir die stilte, my tyd is soms nie my eie nie.
Die spoed verskil was 86fps in S321 se guns daarvolgens sal ek dit so plaas
Raynie, mens kan nie gelyke gewig ladings met mekaar vergelyk en brandspoed so bepaal nie.  Brandspoed word bepaal deur drukvlakke te vergelyk.  Die dryfmiddel wat meer snelheid gee teen dieselfde druk as 'n ander sal ook 'n ho?r lading vereis en is dus stadiger. 
toe blaas ek amper my aksie met die vorige raad dat 321 stadiger as 335 is
Tafjak, wat was die ladings en kaliber?
Elke geval,hoe laer die nommer S321 hoe vinniger, 385 hoog nommer stadige kruit
Nie waar nie.  Somchem se eie tabelle weerspreek hierdie stelling.
Die spread met balkruit sal altyd meer wees as stafies(hitte sensitief)
Nie waar nie.  Hitte sensitiwiteit is 'n ouvrou storie wat 'n goeie voorbeeld van hoors? is. 
En jou kruit kan vog trek en stadiger word,gooi dit uit op n trampoline in die son en dit raak weer vinnig
Net as jy per konstante gewig laai.  As jy per konstante volume laai met 'n ordentlike poeiermeter is dit nie 'n faktor nie.  Die dryfmiddel word nie vinniger of stadiger nie dit word swaarder of ligter.
Maar die groot poks is dat die brandtempo 5-6% kan verskil na altwee kante toe(12%)
Die verwarring gebeur omdat vergelykings gemaak word met dieselfde dryfmiddel in verskillende kalibers en met verskillende koe?lgewigte.  'n Reguit vergelyking met S365 en S355 gee 'n verskil van 5% tussen daardie twee.  Gooi presies 5% minder S355 as S365 in 'n 30-06 of 270 met dieselfde komponente en die spoed sal feitlik dieselfde wees.  Elke dryfmiddel sit onder sy eie krans.
Die probleem is dat s335 LOT685 met 43.5gr = 2820f/s en S335 LOT690 met 43.5gr = 2680f/s gee. So as jy op max is met LOT690 en jy gaan oor na LOT692 kan jakkals dalk by sy vriende spog met nog 'n jagter. Spoet verskil 200f/s.
  Spoed verskil in die voorbeeld is 140vps maar dit is minder belangrik as wat die drukverskil is.  Dit is waarskynlik dat Lot 690 stadiger is as lot 685 en dat meer as 43.5gr nodig is om die spoed op te kry maar dat die drukvlak binne perke sal wees.  Net 'n druktoets sal verseker s?.
Volgens Manie is S361 nader aan S385 as wat dit aan S365 is en S335 en S321 is baie na aan mekaar maar nog nooit was S335 vinneger as S321 nie sy woorde en het gese ek kan hom aanhaal, verder laat hulle 'n 6% variasie tussen lotte toe en die internasionale variasie is 10%.
Manie is nie reg nie.  As ADI, Ramshot of Norma 6% wissel van lot tot lot kry hulle gehaltebeheer manne gesamentlik 'n werpsel katte.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Brandspoed

Post by tafjak »

Gerard
Tafjak, wat was die ladings en kaliber?
.........6x45. Die lading was 20grein 321 en 20grein 335. Die aksie was een van hierie Zastava mini aksies(nooit sal een van hulle in my kas blyplek kry nie). Was nie my geweer nie, maar maat van Mosselbaai/Herbertsdale. 100grein Hornady interlock. Die aksie het geblaas, maar sal nou nie 321 of 335 die skuld gee nie. Het in vorige aksie(Musgrave Mini) die ladings veilig gebruik(0.4grein meer 321), maar die Zastava begin sommer so rattle in hom kry toe op 20grein. Het met 335 begin en later met 321 geskiet(selfde lading) en toe Ka-boom hy!

Dit was lank voordat jy die brandspoed aangeraak het en het niks met enige iets te doen wat jy ges? het nie. Dit het net vir my gelyk of 335 stadiger is as 321 en spesifiek in die 6x45. Maar sal volstaan by wat jy s? dat die 2genoemde kruite nie dieselfde in elke kaliber sal reageer nie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Gerard
Die "main peanut" in die pakkie by Somchem het aan ons verduidelik dat S321(alle balkruit) "hittesensitief" is.

Waneer ek op n warmdag 33-36 grade skiet en my ammo is nie in n coolbox nie kry ek n masiewe spread vertikaal op 300m tot 5 duim,as ek dan ammo uit die cooler haal is die spread vertikaal net 1 duim op 300m(ek het dit al 2 keer getoets elke keer dieselfde)
Kan jy dit dalk vir my verduidelik?
Groete johan

Ek het vergeet om die volgende te noem
Die spread op 300m is tot 5d hoer as my 300m zero,hoop dit maak meer sin
Last edited by JOHANNIC on Thu Dec 16, 2010 10:23 am, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
Gerard

Re: Brandspoed

Post by Gerard »

Verstaan ek reg?  Coolbox ammo skiet 'n groep op zero by 300m.  Warm ammo skiet 'n vertikale groep wat strek van zero to 5" hoog.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Gerard
Ja,net so.
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Gerard

Re: Brandspoed

Post by Gerard »

Dit is so dat vertikale verspreiding gewoonlik die ammunisie is en horisontale verspreiding gewoonlik die geweer.  Die vraag is egter, hoe weet ons dit is die dryfmiddel?  In jou proewe het jy gevind dat die koel ammunisie beter groepeer.  Nou praat ons van die ammunisie wat bestaan uit die dop, slagdop, dryfmiddel en koe?l.  Watter een van daardie elemente is die sondebok, of is dit dalk 'n kombinasie van meer as een?  Die "main peanut" was al dikwels verkeerd bewys en ek is geneig om skepties te wees en liewers die ding self te bekyk.

Krimp jy jou doppe?
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Gerard
Nee ek krimp nie my doppe nie.
Wel ek glo die peanut want,dit wat hy gese het is presies soos ek dit ondervind het,soos hulle se die "proof is in die poeding"
As jy dalk n ander verduideliking oor die "hitte" ding het ,ek sal graag wil weet.
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Gerard

Re: Brandspoed

Post by Gerard »

Die maklikste is seker om 'n eksperiment te doen.

Ek dink ek sal begin deur die effek van wisseling in die temperatuur van die slagdoppies op groepering te toets.  Jy het 'n goeie voorbeeld gegee.  Ek sal 50 rondtes met identiese komponente laai, 25 in 'n koelboks plaas teen 10 grade C en 25 in 'n houer saam met 'n warm water bottel wat die temperatuur by 40 grade C hou.  Enige verskil in groepering sal sonder twyfel die effek van temperatuur op die slagdoppies wees.

Daarna sal ek die effek van 'n wisseling in die temperatuur van die dop op groepering te toets.  Ek sal 50 rondtes met identiese komponente laai, 25 in 'n koelboks plaas teen 10 grade C en 25 in 'n houer saam met 'n warm water bottel wat die temperatuur by 40 grade C hou.  Enige verskil in groepering sal sonder twyfel die effek van temperatuur op die doppe wees.

Wanneer ek op dieselfde manier die dryfmiddel en die koe?ls getoets het, sal ek eenkant gaan sit, my duim suig en verklaar dat 'n wisseling in temperatuur sonder twyfel 'n effek het op die dop, slagdop, koe?l of dryfmiddel.  Die toetse bewys dit.
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Brandspoed

Post by raychell »

Gerard
Het jy al die temp toets  gedoen en wat was die resultaat?
Hoekom het jy gevra of Johannic sy doppe krimp?
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Brandspoed

Post by JOHANNIC »

Gerard
Verstaan ek jou reg,kruit is hitte sensitief,en nie n ou vrou storie nie?
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Gerard

Re: Brandspoed

Post by Gerard »

?? Lees my bydrae van 16 Desember op die vorige bladsy.

Die temperatuur van die wapen is 'n faktor en net as dit uiterstes bereik.  Die verskille in hitte sensitiwiteit tussen dryfmiddels is 'n nul faktor wanneer dit by normale gebruik kom.  Iemand wat beide in die middel van die winter in Alaska en in die somer in Death Valley in Arizona jag mag miskien daardeur geraak word.

http://www.dtic.mil/ndia/2006smallarms/marsh.pdf
http://www.dtic.mil/cgi-bin/GetTRDoc?AD ... c.pdf  Die een is 'n groot dokument en neem heelwat tyd om af te laai.

Wat dink jy van my voorgestelde eksperiment?  Sal dit werk?
Last edited by Gerard on Fri Dec 17, 2010 7:40 am, edited 1 time in total.
Post Reply