Ek het nou tyd gevat en die bespreking vlugtig deurgelees. Jammer vir die stilte, my tyd is soms nie my eie nie.
Die spoed verskil was 86fps in S321 se guns daarvolgens sal ek dit so plaas
Raynie, mens kan nie gelyke gewig ladings met mekaar vergelyk en brandspoed so bepaal nie. Brandspoed word bepaal deur drukvlakke te vergelyk. Die dryfmiddel wat meer snelheid gee teen dieselfde druk as 'n ander sal ook 'n ho?r lading vereis en is dus stadiger.
toe blaas ek amper my aksie met die vorige raad dat 321 stadiger as 335 is
Tafjak, wat was die ladings en kaliber?
Elke geval,hoe laer die nommer S321 hoe vinniger, 385 hoog nommer stadige kruit
Nie waar nie. Somchem se eie tabelle weerspreek hierdie stelling.
Die spread met balkruit sal altyd meer wees as stafies(hitte sensitief)
Nie waar nie. Hitte sensitiwiteit is 'n ouvrou storie wat 'n goeie voorbeeld van hoors? is.
En jou kruit kan vog trek en stadiger word,gooi dit uit op n trampoline in die son en dit raak weer vinnig
Net as jy per konstante gewig laai. As jy per konstante volume laai met 'n ordentlike poeiermeter is dit nie 'n faktor nie. Die dryfmiddel word nie vinniger of stadiger nie dit word swaarder of ligter.
Maar die groot poks is dat die brandtempo 5-6% kan verskil na altwee kante toe(12%)
Die verwarring gebeur omdat vergelykings gemaak word met dieselfde dryfmiddel in verskillende kalibers en met verskillende koe?lgewigte. 'n Reguit vergelyking met S365 en S355 gee 'n verskil van 5% tussen daardie twee. Gooi presies 5% minder S355 as S365 in 'n 30-06 of 270 met dieselfde komponente en die spoed sal feitlik dieselfde wees. Elke dryfmiddel sit onder sy eie krans.
Die probleem is dat s335 LOT685 met 43.5gr = 2820f/s en S335 LOT690 met 43.5gr = 2680f/s gee. So as jy op max is met LOT690 en jy gaan oor na LOT692 kan jakkals dalk by sy vriende spog met nog 'n jagter. Spoet verskil 200f/s.
Spoed verskil in die voorbeeld is 140vps maar dit is minder belangrik as wat die drukverskil is. Dit is waarskynlik dat Lot 690 stadiger is as lot 685 en dat meer as 43.5gr nodig is om die spoed op te kry maar dat die drukvlak binne perke sal wees. Net 'n druktoets sal verseker s?.
Volgens Manie is S361 nader aan S385 as wat dit aan S365 is en S335 en S321 is baie na aan mekaar maar nog nooit was S335 vinneger as S321 nie sy woorde en het gese ek kan hom aanhaal, verder laat hulle 'n 6% variasie tussen lotte toe en die internasionale variasie is 10%.
Manie is nie reg nie. As ADI, Ramshot of Norma 6% wissel van lot tot lot kry hulle gehaltebeheer manne gesamentlik 'n werpsel katte.