Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Ponkie »

Hallo almal

Ek het weereens 'n vragie vir die slim manne. Ek skiet .308 en my Pa (Ponkie Snr) skiet 30-06. Die naweek vra Tiny vir hom watter kaliber sal hy koop as hy niks gewere ge-erf het by Oupa nie. Natuurlik was sy antwoord 30-06! ;D ;D

Maar my vraag aan julle is...
Wat is die verskil tussen die Win Mag en H&H? Wat is die fisiese verskille in die ammunisie, voordele en nadele in trajek en hoekom sal iemand die een bo die ander verkies, of andersom? Met inagneming van Ceterus Paribus natuurlik. Met ander woorde dat alle ander faktore konstant bly.
Dalk is die verskille maar weinig en is die een net so goed soos die ander een.

Ek luister graag!

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Danie Lombard .243

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Danie Lombard .243 »

Ou Ponkie.

Dis is 'n goeie vraag, al sou party nie so dink nie.

Ek wou altyd 'n .300 H&H gehad het. Hy skop minder as die win mag met sy langer dop en minder skerp skouers. Tog te lekker om mee te jag. Dit is maar die enigste verskil tussen die twee. Ballisties is die twee 'n tweeling. By swaader punte is die H&H so 'n knerts vinniger as die win mag, maar dit is te min om eers te noem. Nou hoekom het ek dan vir my die win mag laat bou as ek 'n H&H wou gahad het??
Die antwoord le by die doppe. Win mag doppe is vollop en mens kry sommer gereeld paar persent by ouens wat met die win mag skiet en nie herlaai nie. H&H doppe is blykbaar nie so vollop as win mag doppe nie. Hoeveel mense is hier op die forum wat met die win mag skiet teenoor mense wat met die H&H skiet? Ek kan jou amper beloof dat win mag meer gewild is.
Ek het nog nooit die voorreg gehad om vir 'n H&H 'n lading uit te werk nie, so ek kan nie se hoe herlaai vriendelik die kaliber is en of hy maklik groepeer nie. Wat ek jou wel kan se is dat die win mag nie vol fiemies is as dit by herlaai kom nie. Hy groepeer maklik met omtrent enige punt. Die patroon pas lekker in standaard lengte aksies in. Dit is dus nie nodig vir magnum lengte aksies by die bou van 'n win mag nie. Die win mag skop ook nie so woes soos party te kenne gee nie.

Is ek spyt ek besit 'n win mag eerder as 'n H&H? Nie een dag nie. My win mag gee net plesier. Toe my .243 by die dokter was vir 'n herloop moes die win mag instaan vir jakkies jag. Yip, hy doen dit sommer goed ook. Sal ek enige iets aandurf en jagmaak op groot spesies met my win mag?? Beslis ja. Met sterk goeie punte wat swaar weeg is die win mag baie vermoeend. Ek het nog nie 'n buffel gejag nie maar weet so 'n ding of drie van 'n bees af. As ek eendag die voorreg kry om 'n buffel te jag sal dit met my .300 win mag wees gelaai met 250gr Barnes X punte.

En dit is my opinie van die win mag vs. die H&H.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Janjak »

Ponkie,
ek stem saam met Danie. Die skop ding is egter altyd verskillend agv kolf, gewig ens, ek weet van n 300H&H wat die oom hom nog gladnie self geskiet het nie. Hy besit baie gewere en het die H&H vir die snaaksigheid gekoop nou skop hy so kwaai hy vra altyd ander ouens om hom bietjie te help skiet.

Meeste van die skrywes wys die Win Mag so 100fps vinniger maar ek dink as mens self laai is dit ses van die een en half dosyn van die ander. Persoonlike voorkeur is maar die ding. n Maat van my het een gehad wat mooi skiet toe doen ek maar dieselfde. Ek het op daai stadium n RSA 308 plank geweer gekoop wat rondgestaan het toe laat ek sy kamer sommer sny na n 300WM toe. Ek te min van die H&H om enige iets van hom te se.
Moet netnie soos Piet Breedt (ala koeksister) probeer sit met die 300 nie, hy GAAN jou skop. :D
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by KSV »

Ponkie,

My Buurman het 'n 300 H&H wat Gerrie Coetzee vir hom gebou het.  Soos die ander manne reeds genoem het is daar baie min verskil tussen die twee.  Soos 308 3n 30-06 met ligte punte, sorry koeels ;D

Persoonlike smaak sou ek ook se.  Dan die beskikbaarheid van herlaai komponente, ook reeds genoem.

Moet se syne skiet nogal mooi groepe ook.

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Beyers »

In 2000 het ek 300H&H laat bou vir 'n vriend, ek moes net die kolf bou, die metaalwerk is deur Classic Arms gedoen. Wat 'n plesier om met die geweer te skiet. Het dassie uit sit geskiet op 250m. En kon die skoot deurvolg. Net soos 300 Winmag het hy lang bene. 'N ander vriend het een en hy klop goete oor lekker lang afstande. Ek sou s? daar is min te kies tussne die 2 spesies.
My 2c
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Ponkie »

Danie en ander

Baie dankie vir julle opinies en insette!
So wat ek kan aflei uit wat julle se, daar is weinig verskil tussen die twee. En persoonlik sal ek ook die een koop wat se ammunisie, doppe en herlaaitoerusting meer beskikbaar is. Dit is soos 'n land drover en Toyota, mense voel alwee is ewe goed, maar die land drover se tweedehandse parte kry jy makliker in die hande, want die Toyota s'n is nog in hom omdat hy nog nie gebreek het nie! Haha! ;D ;D Nee ek trek net die groot Landie manne se been!

Oom FM sal ons seker kan se, maar ek dink amper die Win Mag word gereeld in die VSA en Britse weermag as 'n Sniper Kaliber gebruik??? Seker vir die rede omdat hulle taamlik veeeeeeeer kan bykom! Ek sal met my ou Safari 308 ook seker 'n sekond of twee later by die teiken uitkom! Haha!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Witpietskiet »

Ponkie,

Ek het ook so n paar jaar terug met die idee gesit om vir my n 300 H&H te laat bou, gesien en gehoor doppe is skaars en toe maar besluit om n 300 Win Mag te bou, want daar is dan so baie van hulle.
Ek kry toe die geleentheid om n paar springbokke met n 7mm WSM (short magnum) te skiet en net daar het besluit om vir my n 300 WSM te laat bou.
Ek het hom laat bou op RSA enkel skoot aksie, die loop is Walter match-loop uit Duitsland, die loop se kamer is in die fabriek gesny en die res van die werk het n pel van my (FM se broer) hier in Windhoek gedoen.

Ek het al vir baie mense gese, dat ek tot vandag toe nog nie spyt is dat ek vir my n 300 WSM laat bou het nie.

Sal ek nog een laat bou, maklik net hierdie keer met n magesynkas.

Dis net iets anders en hy werk vir my, dis dalk ook n opsie vir jou.

Net my 2c
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
krisie

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by krisie »

NAAND MANNE.
In plaas van stry oor jakkals skiet met `n 308,stry bietjie oor watter 300-mag is die beste. Ek het`n artikel oor die onder werp. Dit was in die landbouweekblad van 1993. Dit is te lank om op die forum te sit,as iemand belangstel sal ek dit vir hom epos.

GROETE KRISIE.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by James Wilson »

krissie is dit daai artikel wat Dr Lucas Potgieter geskryf het?

ek skiet self met n 300H&H. twee van my vriende wat ek gereeld saam mee jag skiet winmag. ek skiet gereeld met hulle gewere. met die een se winmag het ek al baie  goed geskiet en nog net een keer op n springhaas gemis.  die H&H se skop is minder as die wmag, maar dan moet jy regtig jou verbeelding bebruik. met die H&H het ek nog nooit probleme gekry met ammo nie. 4 ammo vervaardigers bou ammo onder andere PMP. verder gebruik hy S365 en .30 punte. die Amerikaners met hul kruit laai die H&H van 110grn -250grn. die ou harde baard H&H manne kyk jou skeef aan as jy iets laai onder 180grn, trouens hulle sal jou gou se die H&H kom eers tot sy reg hier op 200 en 220grn. dink maar n 220grn teen 2600fs op n eland, of n 150grn teen 3100f/s op n jakkals. maar dit is maar dieselfde as die winmag. die H&H en die winmag word baie keer deur veral die amerikaanse geweerskrywers "die magnum tweeling" genoem.

as daar twee tweedehandse gewere op die rak le, een n H&H en die ander n winmag, sal ek vandag die winmag vat. maar omdat ek myne laat bou het en omdat daar maar net "iets" anders is rondom die ou klassieke H&H agtergrond, het ek besluit op die H&H. my geweer is ook in die ou Holland & Holland styl gebou. die enkele grootste verskil tussen die twwe is die vorm van die dop, en hier is daar net een dop in die wereld  met die voorkoms van die H&H dop. die dop maak natuurlik dat jy maar NOOIT probleme sal kry met voer van ammo uit die magasyn nie.

waarvan ek wel hou is die feit dat die H&H al van 1921 af kom en die winmag van 1964. wat beteken toe die H&H 40 jaar oud is toe bou die Amerikaners ook n 300magnum, met geen verbetering op n ou kaliber nie.
Last edited by James Wilson on Fri Dec 10, 2010 9:06 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne
As n mens die grootste verskille kan uitwys tussen die twee kalibers kom dit maar op die volgende neer. Die 300 H&H word hoofsaaklik op magnum aksie gebou, wat n beduidende virskil in prys kan he teenoor die 300 Win Mag wat op n standaardlengte aksie gebou word. Met die ontwerp van die Win Mag het hulle juis probeer om die H&H se balistieke te probeer dupliseer in n standaard aksie. Al die Wildcats(voorlopers) was gebasseer op die 458 Win Mag wat net afgenek was na 30 kaliber en voor Winchester dit kon registreer het Norma die 308 Norma Mag uitgebring wat presies bogenoemde was. Winchester het toe gegaan en die dop vanaf 63 na 65mm verleng en die nek n bietjie kort gelos as wat die meeste mense as optimaal beskou. Met die langer koeels het hulle dit redelik diep gepas in die dop en sodoende dan nou weer van die dopkapasiteit gesteel. Die meeste groot vervaardigers laai die H&H redelik laag, 180gr teen 2880ft/sek teenoor die 300 Win Mag se 2960ft/sek. As jy self laai en die druk dieselfde hou is die twee amper identies. Met die Win Mag het jy as herlaaier die keuse of op die belt of die skouer wil spasieer en met die H&H wat net op die belt dit kan doen vanwee sy vlak skouer, net die eienskap kan n redelike verskil in akuraatheid teweeg bring. Nieteenstaande die H&H het nog nooit n reputasie gehad dat dit n onakuraate kaliber is nie en ook nie n moeilike een as dit by herlaai kom nie.
As n mens die ballestiek in ag neem wat gepubliseer word moet n mens net daarop let dat die H&H s'n die meeste keer aangedui word met 26 duim loop teenoor die Win Mag s'n in 24 duim. Dit kan gemaklik die eersgenoemde spoed verhoog met 50-70 ft/sek toe. Dit is snaaks dat die H&H altyd met n 26 duim loop getoets of vervaardig word want alwee die kalibers verbrand hulle poeier in omtrent dieselfde afstand.
Neem wel in ag dat 26duim die optimum lengte vir altwee is.
Daar is oor die gemiddeld so 5-6 grein verskil in dopkapasiteit tussen die twee met die Win Mag die groter van die twee. Die H&H maak weer op daarvoor met effektiewer ontbrandingeienskappe, nogal snaaks as jy daaraan dink met die vorm in ag geneem. n Mens sou gedink het korter en vetter dop sou meer doeltreffend gewees het. S385 werk uitstekend in die H&H met 100% fullingspersentasie in die dop en met die Win Mag wat eienlik n bietjie stadiger poeier verlang om al sy ponsiaal te realiseer.
Dit is waar dat altwee hierdie kalibers se volle potensiaal eers na vore kom met koeels in die 180gr en op klas en ek moet se n persoon gaan ver soek om meer indrukwekkender doodmaakvermoe te kry!
As dit kom by terugskop is die twee maar baie dieselfde met die H&H wat so aks ligter op die skouer is, gewoonlik is hy ook n bietjie swaarder met die magnum aksie en 26 duim loop wat hom dan baie keer heelwat ligter op die skouer maak.
Met die keuse van die kaliber kom dit maar baie keer neer op persoonlike smaak wat die deurslaggewende rol speel en ek kan jou verseker dat albei n uitstekende keuse is.
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by jmb »

Goeie post Wouter.

Voordele van 300H&H bo ander 300 magnums is die vlgde.
1. Beste kruit verbrander van all 300 magnums.
2. Kan op 24 duim loop gebou word sonder enige verlies aan "performance" omdat dit kruit effektief verbrand.
3. Weens die dop se "taper" sit dit nie maklik vas in hoe druk en warm dag situasies nie.
4. Ook weens die dop "taper" laai dit baie goed uit die magasyn.
5. Het laagste drukke van 300 magnums so lang dop en geweer lewe.
6. Het 'n lang nek so kan die swaar 200 en 220 gr punte beter hanteer as bv. die WM. (Belangrikste punt basies aangesien die 300 magnums met 180gr en ligter punte bitter min voordeel bied bo 'n 30 06.)
7. Die recoil is ligter as die WM.
8. Die H&H ontbrand teen laer temp so lope hou langer.

Nadele.
1. Belt headspace wat akkuraatheids probleme kan gee. Dit is egter baie akkademies van aard aangesien die H&H al baie skiet kompetisies gewen het. Vir jagomstandighede is die effek negeerbaar.
2. magnum lengte aksie. Dit is duurder as die standaard aksies van die WM so geweer is duurder. Aangesien die H&H nie meer kommersieel gebou word nie en ons dus net van tweedehands en pasmaak gewere kan praat om te vergelyk is die punt ook minder belangrik.
3. Langer aksies is ook gewoonlik minder akkuraat as kort aksies weens " flex" maar weereens weglaatbaar in jagomstandighede.
4. Grootste probleem is die feit dat dit nie meer as 'n rak geweer beskikbaar is nie. Dus is keuse van wapen en koste 'n probleem.

As ek bevooroordeeld oorkom vir die H&H is jy reg. Dit is vir my een van die mooiste patrone wat nog ooit gemaak is. Dit is ongelooflik dat 'n rondte wat so oud is so effektief kan wees. Ek dink dit is 'n sonde en 'n skande dat die kommersiele geweerhandel hierdie kaliber begin ignoreer het.

En ja ek hou van anders en is seker maar uit nature bietjie dwars. ;D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Wouter Roets »

Ludwig
Ja die fabrieksamunusie sal gewoonlik op die belt spasieer, maar in sekere gevalle soos wanneer n "tight" kamer het kan hy wel op die skouer spasieer.
Om dit reg te kry as jy herlaai is dit maklik. Wanneer jy "fullengt resize" draai jy mos die matrys dat hy vas kom aan jou "shellholder", maar met "necksize" draai jy hom net nie so ver af nie, maw daar gaan n spasie tussen jou matrys en die bokant van jou "shellholder" wees, gewoonlik so 2-3mm.
Om die presiese plek te kry doen dit soos volg;
Vat n afgevuurde dop en vat n vuurhoutjie of kers en steek hom aan, maak die nek en skouer swart met die roet. Draai jou matrys redelik ver uit, so 5mm spasie tussen die twee en "resize" jou dop op die gewone manier. Kyk nou op die dop hoeveel van die nek "geresize" is. Verstel jou matrys dieper in todat jy amper geen swart op die nek sien nie. Ek los gewoonlik net n klein bietjie, meskien so half milliemeter swart op die nek. Daar behoort nie swart van die skouer af te gekom het nie. Dit beteken dat jou skouer nie terug gevorm is nie en net jou nek. Vat hierdie dop en voer hom in jou geweer in net om seker te maak hy pas mooi. Indien hy baie styf is kan jy die matrys met net so agtste van n draai dieper stel om hom te maak pas. Oor die algemeen sal dit nie nodig wees nie en daar sit jy met n dop wat nommerpas vir jou kamer is.
Hoop dit werk en skree maar as jy sukkel.
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
krisie

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by krisie »

Hallo JAGBEHEP.
Ja dit is daai artikel van hom(Dr.lucas), maar julle praat niks van die 308NM en die 300 weatherby nie. Moet tog nie te veel strooooooi praat oor die 308NM nie, dalk kry ek `n sielkundige KNOU ::) ::).
Wat is die storie van spasie?r op die skouer of die belt,verduidelik in kort of is dit `n lang storie.

KRISIE.
krisie

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by krisie »

WOUTER.
Baie dankie vir die raad oor nek resize, nou is nog een van my probleme op gelos.
KRISIE.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Wouter Roets »

Plesier ou Krisie
Hopelik krimp die groepies ook dramaties! ;D
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by James Wilson »

krissie, nee ek sal niks se van die 308nm nie. hoor net goeie goed van daai kaliber, toe ek klein was het n baie goeie en ryk vriend van my pa by ons kom jag. ek dink dit was 1985 of so, toe kos een van daardie patrone al R5. maar ek was baie beindruk met die gemak waarmee daai geweer die groot goed neergesit het.

ek het eendag vir Dr Lucas ontmoet. hy is n groot 300H&H fan. hy se as hy net drie gewere mag he dan sal dit n 375H&H n 300H&H en 7x64 wees. dit is toe dat hy my vertel van die artikel in die lanbouwekblad waarin hy gese het die 300H&H is die beste 300magnum. hy se die reaksie was baie erg. party mense het sommer gebel en n pakslae belowe.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by DawieKotze »

Jammer as ek van topic af is  :-\

Wouter

Die nek sizing het vir my ook baie sin gemaak toe ek begin herlaai het, want jy wil mos die dop so naby as moontlik aan jou geweer se kamer grootte hou. Dis logies.............maar, ek het by ander baie meer ervare manne as ek gehoor dat party gewere net nie daarvan hou nie en by ander maak dit geen verskil nie. Wat is jou ervaring met verskillende kalibers en gewere?

Ek stem 100% dat 'n mens dit moet probeer, maar dit lyk vir my nie 'n feit dat dit akkuraatheid gaan verbeter nie.

My eie 308 gee glad nie om om ge-neksize te word nie, hy skiet dieselfde as wanneer die doppe ge-volsize word (in elk geval baie beter as sy baas  ;D). Ek doen dit bloot om die doppe te spaar. Na elke 5 - 6 sizings, sal ek weer halfvol resize om die dop se skouers weer reg te kry.

Demmit! Ek moet die afrikaanse terme leer!! :-[
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by James Wilson »

madako wrote: Demmit! Ek moet die afrikaanse terme leer!! :-[

nee, dan verstaan ons jou dalk gladnie. ;D party terme is maklikker in engels. "pappa wat is n tyre in engels?" party goed werk maar net so.

maar ek moet se ek kry ook  nie regtig beter groeppe met necksizing nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by Wouter Roets »

Hallo Madako

Jong gewere is mos maar n snaakse ding en die mees onvoorsprlbare dinge het hom al self voorgedoen in hierdie aspekte. n Vriend van my het n ou 303 Lee Enfield waarvoor hy herlaai(sy oupagrooitjie s'n) en die groewe begin eers na n sprong van 41mm! Hierdie geweer skiet met sy lading konstand groepe van 12-18mm! Dit gaan alles tebowe van die norm van interne ballestiek, maar tog spreek die resultate boekdele.
Vir ons wat nie altyd al die praktyke toepas van die benchrest manne en ook nie die hoogs gespesaliseerde toerusting gebruik wat hulle het nie is baie van die prosesse wat hulle toepas teenoor wanner ons dit toepas wyduiteenlopende resultate teweeg bring.
Die konsep van necksize het absoluut sy meriete op papier en dit maak sin dat dit die beste moontlike kanse bied om jou koeel die beste kans te gee om die koeel reg op te lyn met jou loop. Om te verklaar hoekom dit geen of weglaatbaar klein invloed gee op sekere gewere is dat dit moontlik is dat daardie kamers nie 100% in lyn gesny is met die loop nie en dan dat gefullengh geresize de doppe beter oplyn en sodoende beter resutate lewer. Onthou wanneer jy net genecksize het jy nie weer daai dop terug sit in die loop soos hy gevuur was nie, en daai inperfeksies in die kamer dat geaksensueer word en misalighnment veroorsaak. Ek se nie dat jou geweer met daai probleem sit nie, dit kan maar net een rede wees vir jou resultate. Met necksizing is jou nekdikte ook van meer belang as met fullenghtsizing en dit is dan nog n proses wat aandag moet kry.
Ek persoonlik necksize al my kalibers net met die uitsondering van my gevaarlike wild ladings waar ek fullenghtresize waar betroubaarheid eerste kom. Vir my werk dit, maar daar is uitsonderings waar ek uitstekende resultate baie keer kry met normale doppe in die Ackley kamers.
Wees maar verseker dat elke geweer uniek is met sy voorkeure en die enigste reel wat dan geld is die een wat in daai geweer geld!
Groette
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
krisie

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by krisie »

Jagbehep

Ag wat, ek s? hulle is maar almal basies die selfde. Ek het die 308nm gekies net om anders te wees ::). Net jammer die SA kruite werk nie so lekker nie. Ek gaan nou eers weer terug na die 308nm topic, sien jou daar.

KRISIE.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by James Wilson »

krisie wrote: Jagbehep

Ag wat, ek s? hulle is maar almal basies die selfde. Ek het die 308nm gekies net om anders te wees ::).

KRISIE.
maar ook een van die rede waarom ek die H&H gekies het.  een ding wat nog nie oor die 300 magnums gese is nie is hulle vermoe om "afgelaai" te word vir speod, op enige punt, maar veral swaer punte om sodoende minder vleisskade te verseker.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
krisie

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by krisie »

Jagbehep! wrote:
krisie wrote: Jagbehep

Ag wat, ek s? hulle is maar almal basies die selfde. Ek het die 308nm gekies net om anders te wees ::).

KRISIE.
JAGBEHEP.

JY WEET, ek kan nou nog nie `n vrou verstaan nie, nou probeer ek `n geweer verstaan. WAT dem;;;;;;;;;;r het `n dop se vorm met die saak te doen, die grote verstaan ek,moetie probeer verduidelik nie ek dink DIT IS`N LAAAAANG STORIE.

KRISIE.
maar ook een van die rede waarom ek die H&H gekies het.  een ding wat nog nie oor die 300 magnums gese is nie is hulle vermoe om "afgelaai" te word vir speod, op enige punt, maar veral swaer punte om sodoende minder vleisskade te verseker.
krisie

Re: Verskille, voordele, nadele tussen 300 Win Mag en 300 Holland&Holland???

Post by krisie »

EK sien my QUOTE STORIE werk nie.
Post Reply