Goeie post Wouter.
Voordele van 300H&H bo ander 300 magnums is die vlgde.
1. Beste kruit verbrander van all 300 magnums.
2. Kan op 24 duim loop gebou word sonder enige verlies aan "performance" omdat dit kruit effektief verbrand.
3. Weens die dop se "taper" sit dit nie maklik vas in hoe druk en warm dag situasies nie.
4. Ook weens die dop "taper" laai dit baie goed uit die magasyn.
5. Het laagste drukke van 300 magnums so lang dop en geweer lewe.
6. Het 'n lang nek so kan die swaar 200 en 220 gr punte beter hanteer as bv. die WM. (Belangrikste punt basies aangesien die 300 magnums met 180gr en ligter punte bitter min voordeel bied bo 'n 30 06.)
7. Die recoil is ligter as die WM.
8. Die H&H ontbrand teen laer temp so lope hou langer.
Nadele.
1. Belt headspace wat akkuraatheids probleme kan gee. Dit is egter baie akkademies van aard aangesien die H&H al baie skiet kompetisies gewen het. Vir jagomstandighede is die effek negeerbaar.
2. magnum lengte aksie. Dit is duurder as die standaard aksies van die WM so geweer is duurder. Aangesien die H&H nie meer kommersieel gebou word nie en ons dus net van tweedehands en pasmaak gewere kan praat om te vergelyk is die punt ook minder belangrik.
3. Langer aksies is ook gewoonlik minder akkuraat as kort aksies weens " flex" maar weereens weglaatbaar in jagomstandighede.
4. Grootste probleem is die feit dat dit nie meer as 'n rak geweer beskikbaar is nie. Dus is keuse van wapen en koste 'n probleem.
As ek bevooroordeeld oorkom vir die H&H is jy reg. Dit is vir my een van die mooiste patrone wat nog ooit gemaak is. Dit is ongelooflik dat 'n rondte wat so oud is so effektief kan wees. Ek dink dit is 'n sonde en 'n skande dat die kommersiele geweerhandel hierdie kaliber begin ignoreer het.
En ja ek hou van anders en is seker maar uit nature bietjie dwars.
