N.a.v. die die bogenoemde posts- ek wil graag die volgende vra:
As enige een van julle die geleentheid kry om oorskot wild te kan uitskiet teen 'n goedkoop prys of selfs verniet- wie sal nee-dankie sê as jy verneem dit is 'n bakkie-jag? Die etiek-topic is al holrug gerei, daarom lig ek selde of ooit my opinie daaroor. Maar ek gaan nou maar vir oulaas my mening gee. Thinus - as ek jou nooi om te kom elande en gemsbokke uitskiet vanuit 'n voorsit gratis en verniet, sal jy dit van die hand wys om dat dit nie "tradisioneel eties" is nie? As Robbie jou sou saamnooi om 'n buffel gratis en verniet te kom skiet vanaf 'n bakkie in 'n wildskamp in die Vrystaat- sal jy dit van die and wys omdat dit nie 'n "tradisionele grootwild safari van 14 dae in die Slenkdal in Zimbabwe" is nie?
Ek sal seker nooit R100 000 rand betaal om 'n Olifant in die Caprivi te gaan skiet nie, maar as ek more die geleentheid kry om 'n PAC olifant vir R20 000 te gaan skiet (al is dit dalk van 'n voertuig af) sal ek dit beslis oorweeg. Ek skiet elke jaar 10+ springbokke van 'n jagkar af en dit is elke jaar een van my jag hoogtepunte. Ek skiet ook elke jaar 'n paar springbokke te voet in die rooi duine en dis net so lekker.
Ons almal probeer eties korek optree en daar is seker niks so sleg vir my as waneer ek 'n bok kwes nie. Maar ek sal 'n "hipocrate" (Afr?) wees as ek probeer voorgee dat ek dit haat om vanaf 'n kar of voorsit te skiet. Ek hou van die natuur, jag, skiet en bewaring. Cowboys, canned hunting en dronkjagtery val buite hierdie raamwerk vir my. ..Is ek al ou wat so voel??? Is ek al ou wat die kans op 'n jag sal aangryp (soos Dolla s'n) omdat dit nie "tegnies korrek en eties tradisioneel" is nie? Ek glo nie.
Well done juffrou, eks jaloers!!
Groete
