Ek en pappa se eerste buffel!

User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Piet Pille »

Baie geluk Dolla!

N.a.v. die die bogenoemde posts- ek wil graag die volgende vra:

As enige een van julle die geleentheid kry om oorskot wild te kan uitskiet teen 'n goedkoop prys of selfs verniet- wie sal nee-dankie sê as jy verneem dit is 'n bakkie-jag? Die etiek-topic is al holrug gerei, daarom lig ek selde of ooit my opinie daaroor. Maar ek gaan nou maar vir oulaas my mening gee. Thinus - as ek jou nooi om te kom elande en gemsbokke uitskiet vanuit 'n voorsit gratis en verniet, sal jy dit van die hand wys om dat dit nie "tradisioneel eties" is nie? As Robbie jou sou saamnooi om 'n buffel gratis en verniet te kom skiet vanaf 'n bakkie in 'n wildskamp in die Vrystaat- sal jy dit van die and wys omdat dit nie 'n "tradisionele grootwild safari van 14 dae in die Slenkdal in Zimbabwe" is nie?

Ek sal seker nooit R100 000 rand betaal om 'n Olifant in die Caprivi te gaan skiet nie, maar as ek more die geleentheid kry om 'n PAC olifant vir R20 000 te gaan skiet (al is dit dalk van 'n voertuig af) sal ek dit beslis oorweeg. Ek skiet elke jaar 10+ springbokke van 'n jagkar af en dit is elke jaar een van my jag hoogtepunte. Ek skiet ook elke jaar 'n paar springbokke te voet in die rooi duine en dis net so lekker.

Ons almal probeer eties korek optree en daar is seker niks so sleg vir my as waneer ek 'n bok kwes nie. Maar ek sal 'n "hipocrate" (Afr?) wees as ek probeer voorgee dat ek dit haat om vanaf 'n kar of voorsit te skiet. Ek hou van die natuur, jag, skiet en bewaring. Cowboys, canned hunting en dronkjagtery val buite hierdie raamwerk vir my. ..Is ek al ou wat so voel??? Is ek al ou wat die kans op 'n jag sal aangryp (soos Dolla s'n) omdat dit nie "tegnies korrek en eties tradisioneel" is nie? Ek glo nie.

Well done juffrou, eks jaloers!! ;) ;)

Groete
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by ThinusS »

Thinus - as ek jou nooi om te kom elande en gemsbokke uitskiet vanuit 'n voorsit gratis en verniet, sal jy dit van die hand wys om dat dit nie "tradisioneel eties" is nie? As Robbie jou sou saamnooi om 'n buffel gratis en verniet te kom skiet vanaf 'n bakkie in 'n wildskamp in die Vrystaat- sal jy dit van die and wys omdat dit nie 'n "tradisionele grootwild safari van 14 dae in die Slenkdal in Zimbabwe" is nie?
Pieter

Om jou vraag te beantwoord, ja, ek het al en ja ek sal weer. Wat ek wel ontnugterind vind is dat ek, met enkele uitsonderings, die enigste persoon op die forum is wat so daaroor voel.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Eugene »

Thinus, dalk is dit omdat jy die enigste een is wat dit as 'n "Safari" sien en die res dit sien vir wat dit was... 'n Geleentheid vir 'n jong jagter om iets ongewoons te doen.
Aim small, miss small
Tampie
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Jun 05, 2013 2:03 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Tampie »

Dalk moet Thinus poog om sy jakkalse ook te walk en stalk...
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Piet Pille »

ThinusS wrote:
Thinus - as ek jou nooi om te kom elande en gemsbokke uitskiet vanuit 'n voorsit gratis en verniet, sal jy dit van die hand wys om dat dit nie "tradisioneel eties" is nie? As Robbie jou sou saamnooi om 'n buffel gratis en verniet te kom skiet vanaf 'n bakkie in 'n wildskamp in die Vrystaat- sal jy dit van die and wys omdat dit nie 'n "tradisionele grootwild safari van 14 dae in die Slenkdal in Zimbabwe" is nie?
Pieter

Om jou vraag te beantwoord, ja, ek het al en ja ek sal weer. Wat ek wel ontnugterind vind is dat ek, met enkele uitsonderings, die enigste persoon op die forum is wat so daaroor voel.
Ek repekteer jou siening en dink meeste van die ouens hier sal ook graag die "tradisionele jagte van ouds" wil doen as hulle 'n keuse gehad het. Probleem is - tye het verander, en dit is miskien vir 1% van die jagters in RSA beskore om 'n buffel "tradisioneel" te kan jag. Inteendeel, dit geld vir baie ander ander spesies ook.... Eland op 'n bosveldveldplaas in die ruigtes bekruip, gemsbkoke in die kalahariduine te voet.... ect. Dis net te duur deesdae. So dit los die gemiddelde jagter (meerderheid jagter) met een van 2 keuses- wees tevrede met papier skiet, of aanvaar dat geleenthede 'n produk is van 'n veranderde mileu waarby jy sal moet aanpas.

Niemand kies dis nie, maar dis ongelukkig die realiteit.
dolla
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sat Mar 15, 2014 12:12 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by dolla »

ThinusS wrote:Eerstens geluk met jou skoot.

Goed, laat ek my siening probeer verduidelik. Die skrywe is onder die geweerjag hofie geplaas, dit dui daarop dat dit as 'n jagtog beskou word.

Buffeljag was nog altyd, vir my, die hoogtepunt van die gemiddelde jagter se jagloopbaan, min van ons kry ooit die geleentheid om ander grootwild te jag. Wat buffeljag spesiaal maak, en die rede hoekom mense van regoor die wêreld bereid is om groot geld daarvoor te betaal, is die totale ervaring.

My ervaring is dat die fisiese skiet van die buffel slegs 'n deeltjie van die jag uitmaak. Die jag bestaan uit die soek na spore, kilometers se loop en soek in bloedige hitte, die volg van spore deur ruie bos waar jou sig beperk is tot meters, die geploeter deur louwarm moeraswater. Dit is die opwinding elke keer as die bosluisvoëls voor jou uit die riete opvlieg, die adrenalieninspuiting wanneer 'n bosvark voor jou voete opspring en die mismoedigheid wanneer jy na 'n dag se jag leë hande terugstrompel na jou voertuig toe. Dit is die bekruip van die buffel(s) die soek vir 'n oop skootbaan deur bos en ander buffels, die wete dat as jy 'n fout maak met jou skoot jy 'n wesenlike probleem het. Dit is wat van buffeljag jag maak.

Om in 'n kamp in te ry en 'n buffel van 'n voertuig af te skiet bevat geen van die elemente van 'n jag nie. Vir my is dit moeilik om te verstaan dat iemand bereid is om te betaal vir dit. Dit is, vir my, baie meer bevredigend om 'n rooibok of vlakvark, te voet, in sy natuurlike habitat te jag.

Maar, soos die Ingelse sê "To each his own".

Geniet julle buffelvleis.

Groete
Thinus

Oom thinus, as die omstandighede so was dat ek "op die tradisionele manier" my buffel kon skiet, dan sou ek. Ongelukkig kon ek nou nie jag soos wat oom dit beskryf nie. Maar dit was steeds vir my n ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie.

groete en lekker aand verder.
Some say live, laugh, love... I say raise, aim, shoot.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by vriell »

ThinusS wrote:Eerstens geluk met jou skoot.

Goed, laat ek my siening probeer verduidelik. Die skrywe is onder die geweerjag hofie geplaas, dit dui daarop dat dit as 'n jagtog beskou word.

Buffeljag was nog altyd, vir my, die hoogtepunt van die gemiddelde jagter se jagloopbaan, min van ons kry ooit die geleentheid om ander grootwild te jag. Wat buffeljag spesiaal maak, en die rede hoekom mense van regoor die wêreld bereid is om groot geld daarvoor te betaal, is die totale ervaring.

My ervaring is dat die fisiese skiet van die buffel slegs 'n deeltjie van die jag uitmaak. Die jag bestaan uit die soek na spore, kilometers se loop en soek in bloedige hitte, die volg van spore deur ruie bos waar jou sig beperk is tot meters, die geploeter deur louwarm moeraswater. Dit is die opwinding elke keer as die bosluisvoëls voor jou uit die riete opvlieg, die adrenalieninspuiting wanneer 'n bosvark voor jou voete opspring en die mismoedigheid wanneer jy na 'n dag se jag leë hande terugstrompel na jou voertuig toe. Dit is die bekruip van die buffel(s) die soek vir 'n oop skootbaan deur bos en ander buffels, die wete dat as jy 'n fout maak met jou skoot jy 'n wesenlike probleem het. Dit is wat van buffeljag jag maak.

Om in 'n kamp in te ry en 'n buffel van 'n voertuig af te skiet bevat geen van die elemente van 'n jag nie. Vir my is dit moeilik om te verstaan dat iemand bereid is om te betaal vir dit. Dit is, vir my, baie meer bevredigend om 'n rooibok of vlakvark, te voet, in sy natuurlike habitat te jag.

Maar, soos die Ingelse sê "To each his own".

Geniet julle buffelvleis.

Groete
Thinus
Thinus,Met alle respek dit is jou siening en ek het nie 'n probleem as dit is soos jy dit wil doen nie Moet asb nie jou siening en jag maniere op ander afdwing nie want dit is wat jy nou probeer doen ! Wie gee jou die die reg om 'n ander se siening en jag metode te kritiseer sowel dit te veroordeel.Leef en laat leef !!!

Baie geluk Dolla !! vir my openbaar jy respek vir mens en dier met jou optrede in die jagveld sowel as hier op 'n openbare forum!! Doen so voort !
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by bush hat »

Dolla jou rakker ! Pragtig juffrou....trots op jou !

...en ja geluk Dad, waarlik 'n voorreg om saam elkeen 'n buffel te kon plattrek !!

Groetnis tot een van die dae !
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by sako 30-06 »

ThinusS wrote:
Thinus - as ek jou nooi om te kom elande en gemsbokke uitskiet vanuit 'n voorsit gratis en verniet, sal jy dit van die hand wys om dat dit nie "tradisioneel eties" is nie? As Robbie jou sou saamnooi om 'n buffel gratis en verniet te kom skiet vanaf 'n bakkie in 'n wildskamp in die Vrystaat- sal jy dit van die and wys omdat dit nie 'n "tradisionele grootwild safari van 14 dae in die Slenkdal in Zimbabwe" is nie?
Pieter

Om jou vraag te beantwoord, ja, ek het al en ja ek sal weer. Wat ek wel ontnugterind vind is dat ek, met enkele uitsonderings, die enigste persoon op die forum is wat so daaroor voel.
Jy's n yster,baie geluk.
Thinus so jy jag waar daar geen heinings is,sonder n scope en sonder n gids of PH wat vir jou rigting wys en se wat om te skiet?Jy is die perfekte jagter!Jy klink vir my na iemand wat jou siening op almal wil afdwing,of dalk soek jy net aandag en in die opsigte dink ek jy is n poephol om Dolla se oomblik te onteem.Moet asseblief nie haar draad verder opvoeter nie,jy het klaar genoeg gese.

Dolla,ek persoonlik is baie jaloers en sal wat gee om eendag n buffel so te skiet.Die rede is ek sal seker nooit kan beskostig om op n 10 dag safari te gaan nie,so dus sal dit die enigste manier moontlik wees.

Dankie dat jy jou storie met ons gedeel het,jy het my en enige ander jagter op die webblad baie trots en jaloers gemaak.(behalwe suurknol natuurlik)

Robbie,jy kan baie trots wees om so n wonderlike dogter te he.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by 375fanatic »

Pragtig Dolla

Jy kan my en die girls volgende week lekker die storie om die vuur vertel.

Ek raak ook nou redelik gatvol vir die etiek debat as jy met my oor etiek wil stry hoop ek jy jag nog kaal voet met n spies met n vel onderbroek anders het jy nie n geldige punt in my oe nie . Jag is doodmaak klaar (jy kan nie n vrou half swanger maak nie ) dis hoe jy doodmaak en wat se herinderinge jy van die jag het en dis waar dit vir my stop. elke man soen sy vrou op sy manier .

of jy van n bakkie af skiet en of die bakkie jou gaan aflaai die voertuig het jou n voordeel gegee so wat is nou regtig die verskil ?
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by J le Roux »

Ek moes ook al wild afhaal, en het respek vir die manier waarop Dolla en Robbie hulle dit aagepak het. Dit is 'n noodsaaklike realiteit, en as 'n wildboer 'n paar rand daaruit kan maak sien ek niks fout daarmee nie. Ek voel wel die "etiese puriste" is soms onnodig krities teenoor die algemene biltongjagter. (Daar was ook so artikel in Sept se African Outfitter).
Nie almal het die geld en tyd om soos Ernest Hemingway vir 4 Weke op safari agter 'n trofee Groot 5 dier aan te loop nie. Soms is daar 'n vereiste om wild vinnig en effektief te laat uitskiet, en as bakkie skiet die eienaar se antwoord is, laat dit so wees.

Dolla, baie geluk. Ek weet daar is ook ekstra druk op 'n mens om so te skiet, want almal hou jou dop! Wel gedaan.
Last edited by J le Roux on Mon Sep 29, 2014 10:17 am, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Capt. Yoda »

Lekker Dolla, mooi skoot daai.Ek is dam nou self lus vir n lekker bakkie jag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Flip Nel »

Pieter Vorster wrote:Baie geluk Dolla!

N.a.v. die die bogenoemde posts- ek wil graag die volgende vra:

As enige een van julle die geleentheid kry om oorskot wild te kan uitskiet teen 'n goedkoop prys of selfs verniet- wie sal nee-dankie sê as jy verneem dit is 'n bakkie-jag? Die etiek-topic is al holrug gerei, daarom lig ek selde of ooit my opinie daaroor. Maar ek gaan nou maar vir oulaas my mening gee. Thinus - as ek jou nooi om te kom elande en gemsbokke uitskiet vanuit 'n voorsit gratis en verniet, sal jy dit van die hand wys om dat dit nie "tradisioneel eties" is nie? As Robbie jou sou saamnooi om 'n buffel gratis en verniet te kom skiet vanaf 'n bakkie in 'n wildskamp in die Vrystaat- sal jy dit van die and wys omdat dit nie 'n "tradisionele grootwild safari van 14 dae in die Slenkdal in Zimbabwe" is nie?

Ek sal seker nooit R100 000 rand betaal om 'n Olifant in die Caprivi te gaan skiet nie, maar as ek more die geleentheid kry om 'n PAC olifant vir R20 000 te gaan skiet (al is dit dalk van 'n voertuig af) sal ek dit beslis oorweeg. Ek skiet elke jaar 10+ springbokke van 'n jagkar af en dit is elke jaar een van my jag hoogtepunte. Ek skiet ook elke jaar 'n paar springbokke te voet in die rooi duine en dis net so lekker.

Ons almal probeer eties korek optree en daar is seker niks so sleg vir my as waneer ek 'n bok kwes nie. Maar ek sal 'n "hipocrate" (Afr?) wees as ek probeer voorgee dat ek dit haat om vanaf 'n kar of voorsit te skiet. Ek hou van die natuur, jag, skiet en bewaring. Cowboys, canned hunting en dronkjagtery val buite hierdie raamwerk vir my. ..Is ek al ou wat so voel??? Is ek al ou wat die kans op 'n jag sal aangryp (soos Dolla s'n) omdat dit nie "tegnies korrek en eties tradisioneel" is nie? Ek glo nie.

Well done juffrou, eks jaloers!! ;) ;)

Groete
Pieter kan dit nie beter stel nie.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by James Wilson »

Sjoe ou Dolla, baie geluk jong. Ek het self n jonge jagtertjie hier in my huis, wat haar voortande sal gee om jou ondervinding te kan meemaak. Uit die lekker reaksies hier, dink daar is is sommer baie manne wat wens hulle kon dit meemaak. Baie geluk en doen so voort!


Ns. Theuns dit is sekerlik jou goeie reg om krities te wees. Ek stel voor as jy dit in diepte wil bespreek, maak gerus gebruik van die geleentheid en begin n aparte hofie daaroor.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2341
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by JAGTERSREG-JRM »

Robbie en Dolla

Baie geluk met die mooi skote en die groot voorreg, ek sal nou nie aanbeveel dat die algemene ou sulke dinge aanpak met n kleinkaliber nie maar jy en paps skiet reguit en solank daar nie diere is wat ly nie glo ek die jagtog/uitdunning was n reuse sukses.

Nou moet jy paps se arm draai dat jy met daai nuwe 375 Ruger van hom jou groot bul gaan skies in Zim..........Flycamp, dae lank stap en die man uitoorle op sy eie gebied. Daar waar dit nog wild is.......... ;D ;D ;D

Weereens geluk, lyk vir my jy moet jou eie roer kry!!!
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by tau »

tweebuffelsmeteensewemilldoodgeskietfontein.

Geluk ek was al op sulke buffel teel plase en nogals gedink my 7mm sal darem lekker uitdun met kopskote. Robbie ek weet darem nie of ek so mooi sou deel met my kinders nie...
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
dolla
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sat Mar 15, 2014 12:12 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by dolla »

Oom 375 fanatic en oom bush hat, ek kan self nie meer wag vir volgende naweek nie! Gaan verseker baie pret wees!

Baie dankie vir almal se gelukwensinge en posts ;)
Some say live, laugh, love... I say raise, aim, shoot.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by ROBBIE1 »

Kobus ek wou ook eers die 375 Ruger saamvat, maar hys nog ge-finetune nie. Moet nog sy moffie pad vervang en maar n recoil ding in die kolf laat sit, en ek sien sommer Henk gaan baie binnekort vir hom oom maar n knaldemper opsit, dan kan my vlooitjie hom dalk try, ma wil ha nie bang maak vir die skop en aanleer om te flinch nie, dan sukkel mens weer om dit afgeleer te kry, verstaan dsjy?? Hahaha hoe verlang ek nou na Christo........

Dankie manne, dit was vir my werklik iets besonders, daai gesiggie kan n pa net nog meer liefkry!! Eers die spanning, die skoot, daai omkyk met die vraag in die oe, was dit reg daddy, en dan daai sterre in daai ogies toe ons om die bos ry en hy le!!

Prysloos!!
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Riaan Kriel »

Baie geluk Dolla en oom Robbie. Ek is baie bly om te lees dat julle groot ondersteuning kry van die ander mede-forum lede. Dit is ook voorwaar lekker om te lees dat etiese jag steeds vir julle hoog tel.

Ek self verkies om vanaf die voete te jag. Daar was egter al gevalle waar 'n onverwagte geluk op my pad gekom het en die geleentheid daar was om pragdiere vanaf die bakkie te skiet. Net so het ek my al moeg geloop en gaan sit om te rus toe 'n trofee-koedoe hom in my vasloop waar ek in die veld onder die boom sit. Dit was 'n maklike skoot op ongeveer 30m. Ek was ook al deel van "oes-spanne" waar ons tot soveel as 80 springbokke per aand tussen 4 jagters/oesters/skuts moes afhaal.

Dus ek het al aan 'n verskeidenheid van jagte en jagmetodes aan deelgeneem. Die belangrikste is egter om die diere so vinnig moontlik met die die minste moontlike lyding te dood. Dit is vir my ETIESE jag. Ek self het 'n probleem met die brannewyn brigade wat aangedryf word deur hulle brannas, roekeloos raak en hulle, sowel as almal saam met hulle, se lewens in gevaar stel en dan voor die voet en roekeloos skiet en diere kwes in in die veld los. dit is NIE eties nie. Ek lees egter niks van dit in Dolla en oom Robbie se posts nie.

My versoek is dat ons as mede-jagters en forum-lede eerder mekaar ondersteun en nie afkraak nie en eerder opbou as afkraak. Dit geld ook vir die manne wat vir Thinus afkraak, sowel as Thinus wat 'n kind se ervaring wil afkraak.

Groete
Riaan
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2341
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by JAGTERSREG-JRM »

ROBBIE1 wrote:Kobus ek wou ook eers die 375 Ruger saamvat, maar hys nog ge-finetune nie. Moet nog sy moffie pad vervang en maar n recoil ding in die kolf laat sit, en ek sien sommer Henk gaan baie binnekort vir hom oom maar n knaldemper opsit, dan kan my vlooitjie hom dalk try, ma wil ha nie bang maak vir die skop en aanleer om te flinch nie, dan sukkel mens weer om dit afgeleer te kry, verstaan dsjy?? Hahaha hoe verlang ek nou na Christo........

Dankie manne, dit was vir my werklik iets besonders, daai gesiggie kan n pa net nog meer liefkry!! Eers die spanning, die skoot, daai omkyk met die vraag in die oe, was dit reg daddy, en dan daai sterre in daai ogies toe ons om die bos ry en hy le!!

Prysloos!!

Jong n stilmakertjie op daai roer is net verkeerd en dan gaan die voorste vizier in die slag bly, laai eder die oudjie ligter vir haar. Oom Kobus het n mooi ladingtjie wat mooi werk. Vroulief het ook nou n 375 Ruger of stel dit so sy het aansoek gedoen vir die liksens.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Hein (Haan) »

Geluk Robbie,Dolla dit lyk of julle dit geniet het.
Dis nou lekker as jou werk sulke geleendhede insluit en moonlik maak.
Dankie vir die deel ;)
Mark.YG
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:32 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by Mark.YG »

James Wilson wrote:
Ns. Theuns dit is sekerlik jou goeie reg om krities te wees. Ek stel voor as jy dit in diepte wil bespreek, maak gerus gebruik van die geleentheid en begin n aparte hofie daaroor.

Dink Thinus moet eerder by landmark 'n draad gaan begin, dis meer sy tiepe mense. Hier hou ons van jag, jag stories. Stel regtig nie belang in sy opinies nie.
stan man

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by stan man »

nou gaan ek gal braak !!!
ek is nou so die dinges in vir robbie en dolla ek kan n pofadder oop bek soen.
wat die dinges is fout met julle??
julle kom jag op my voorstoep en dan word ek nie eers genooi om n glasie tee saam met julle te kom nuttig nie.(15km van my voorstoep af)
as dit weer gebeur dan is daar moeilikheid. >:D

mooi gemaak dolla. ek is n hele 47 jaar jonk en ek het tot op hierdie stadium nog net vrystaat buffels gejag(wilde bramaan bulle) vra maar vir die manne wat al saam was dit is in sekere opsigte dieselfde as buffel jag. ek het hoeka vanoggend weer aan my 50m sprint gewerk toe "hagar" besluit het ek is nie vanoggend welkom nie.

geluk julle ek is gras groen van jaloesie.
dolla
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Sat Mar 15, 2014 12:12 pm

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by dolla »

stan man wrote:nou gaan ek gal braak !!!
ek is nou so die dinges in vir robbie en dolla ek kan n pofadder oop bek soen.
wat die dinges is fout met julle??
julle kom jag op my voorstoep en dan word ek nie eers genooi om n glasie tee saam met julle te kom nuttig nie.(15km van my voorstoep af)
as dit weer gebeur dan is daar moeilikheid. >:D

mooi gemaak dolla. ek is n hele 47 jaar jonk en ek het tot op hierdie stadium nog net vrystaat buffels gejag(wilde bramaan bulle) vra maar vir die manne wat al saam was dit is in sekere opsigte dieselfde as buffel jag. ek het hoeka vanoggend weer aan my 50m sprint gewerk toe "hagar" besluit het ek is nie vanoggend welkom nie.

geluk julle ek is gras groen van jaloesie.

Haai maggies oom! Plaas laatweet oom vroëer! ;D ;) dan kon ons die glasie tee nuttig en oom sommer saam daardie lekker rump braai!
Some say live, laugh, love... I say raise, aim, shoot.
stan man

Re: Ek en pappa se eerste buffel!

Post by stan man »

meisiemens. ek is so min op die forum op hierdie stadium dat ek net myself kan blameer.
maar volgende keer moet jou dad net laat weet. my huis staan altyd oop vir ons kerk se mense,en ek word maklik in n kuier ingepraat. ek sien jy en robbie gaan nog by my kom bees skiet,net om aspris te wees.
Post Reply