Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie 2014

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie 2014

Post by Hercules Louw »

Safari & Outdoor en SA Jagters se 2014 langafstand skietkompetisie het die afgelope naweek baie suksesvol afgeloop. Die oggend het redelik koel begin en die wind was matig vanaf 'n 10 uur tot 12 uur rigting, so tussen 0 mph en 6 mpu, met matige mirage, dus 'n baie lekker dag vir skiet.

Ons het op 300m ingeskiet en toe na 700m beweeg vir die kompetise. Daar was 26 twee-man spanne, die een skut skiet na die springbok en die ander na die swartwildebees. Elke skut skiet 3 skote op elke afstand op sy eie teiken vanaf 700m, 600m, 500m, 400m en vanaf 300m 3 skote vir die kop. Die teikens is eers besigtig na die wedstryd, al die skote is gemerk met die afstand waarop dit geskiet was.

Die standaard van die toerusting was van die beste - daar was slegs twee gewere wat nog korrels en visiere op gehad het, die res was almal dikloop varminter/ teikengewere. Slegs Harris tipe opvoubare "bi pods" is voor tesame met 'n sandsakkie agter toegelaat as ondersteuning. Die kompetisie was totaal oorskryf binne 10 dae met 8 spanne op die waglys vir moontlike onttrekkings voor alle verdere inskrywings gestop is. Ons sal waarskynlik volgende jaar twee aflossings probeer inpas en dit opstoot na so 40 spanne toe.

Die doel van die kompetisie is om te kyk in hoe 'n mate tegnologie en toerusting die skuts in staat stel om 3 doodskote op elke afstand te kan skiet. Die borgskap werk dan onder andere ook so dat elke teiken op elke afstand 'n R100 Safari geskenkbewys kan verdien mits al drie die skote op daardie afstand tellers was. Elke skut het dus die kans gehad om tot R500 in die proses te wen, maak nie saak van sy algemene posisie op die ranglys nie. Die groot prys was R10 000 Safari geskenkbewyse vir die wenspan mits al die skote doodskote was. Indien die wenspan wel een of meer mis of kwesskote geskiet het, dan verminder die prysgeld na R5000 vir die span. Die R10 000 prys is nog baie veilig.

Die tellings het as volg gewerk: 5 punte vir die hart en kop, 4 punte vir die sentrale longe, 3 punte vir die groter long area en nek, en -1 vir alle mis en kwes skote.

Hierby aangeheg is die spanne se resultate en grafieke wat die resultate op elke afstand aandui.

Op 700m was daar slegs een persoon wat 3 doodskote kon skiet op die wildebees, geen op die springbok.
Op 600m slegs 2 persone wat 3 doodskote elk op die wildebees kon skiet, geen op die springbok.
Op 700m was slegs 24% van die 78 skote doodskote op die wildebees, en op die springbok slegs 13% doodskote.
Sowat 50% van die kopskote op 300m vir beide teikens was doodskote.
Op 400m was die skuts baie meer suksesvol, veral by die wildebees waar 60% doodskote was.
Op 500m was skuts meer suksesvol as met 300m kopskote by die wildebees.
Vanaf 600m kom die wiele heeltemal af.

Die Safari manne, Benand Els van Pretoria en Stefan van der Linde van Rivonia het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en 7de geëindig.
Ek en my spanmaat, Flippie van Tonder van die MAN span het die 700m gewen met 2 raak skote elk, maar op 600m het die wind my weer gevang en al 3 was mis.

Sien aanhaling van Dr Alewyn Conradie oor die skietdag:

Goeiemore Hercules en die Skietkomitee

As wenners van die pas afgelope Langafstand skiet wil ons graag n woord van waardering rig aan u as organiseerders sowel as die persone wat die ondankbare werk agter die skerms gedoen het van hierdie puik kompetisie!

Die dag was n wonderlike sukses en werklik goed georganiseer. Die borgskappe was baie goed en weereens ons opregte dank aan julle vir die reelings hier rondom en ook ons opregte dank aan al die borge. Ook die T-been, soos verlede jaar,was baie spesiaal. Die skiet was, om dit sagkens te stel, uitdagend.

Dit kos regtig tweekeer se dink voordat n mens kan besluit om onder normale jagtoestande op lewendige wild los te brand op hierdie distansies!

Ons hoop dat hierdie skiet n jaarlikse instelling sal bly by SA Jagters.
Nogmaals dankie en vriendelike groete,

Alewyn en Elardus
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Hercules Louw on Tue Sep 02, 2014 1:21 pm, edited 4 times in total.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Eugene »

Hercules, jou span en die borge, baie dankie vir die skietdag! Dit was regtig 'n baie lekker dag en alhoewel dit nie besonders goed gegaan het met die skiet nie, het ek nog steeds baie geleer en dit baie geniet!
Aim small, miss small
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Flip Fouche »

Hallo Hecules

Baie goeie verslag.

Met watter kaliber het julle na die Swartwildebees geskiet?

Groete

Flip
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Hercules Louw »

Minimum kaliber vir die swartwildebees was 6.5mm of dan .264".
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Flip Fouche »

Skiet n 2506 dan nie hard genoeg nie?

Groete

Flip
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Geno »

Flip Fouche wrote:Skiet n 2506 dan nie hard genoeg nie?

Groete

Flip
Oom Flip.
6.527800000000001mm is die deursnee van 'n .257" koeël.
Dus kon 'n .25-06 moontlik deelgeem het.
Goed, beter, 6millimeter!
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Sangoma (IAN) »

.303 val ek ampe op my rug....

Het julle dalk info op die spesifieke geweer
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Capt. Yoda »

Waar sal ons in die toekoms van die kompetiese kan hoor/uit vind?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by BLOK »

Klink die manne het dit geniet, net een vraag en dit is hoekom die kometiese hou in Augustus maand, waneer die wind dit juis amper onmoontlik maak om sekure skote op sulke afstande te maak.

Dink julle nie as dit gehou sou wees in wind stil maande die resultate beter sou wees nie. Ek weet nie vra maar net aangesien ons die naweek tydens on jakkals saamtrek self n sosiale gongskiet gehad het en met die wind wat met tye rukwinde gegee het van 30km/h plus was dit amper onmoontlik om presiese skote op sulke afstande te geskiet het.

Tog was daar manne wat gereeld die gonge kon raakskiet op 560m en enkeles selfs op 620m, ek glo as die dag windstil was die resultate by ons skiet baie beter sou uitdraai.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Alwyn »

Oom Hercules

Sal dit moontlik wees om asb die span lede se naame by die span tevoeg?

Groete
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Koos Barnard »

Blok
Hercules het al verlede jaar genoem dat dit die enigste beskikbare datum was en dit is toe hierdie jaar weer so vasgemaak. Om geskikte datums op Piet Joubert te kry is moeilik. Die wind was glad nie sterk nie maar het gedurig verander. Die mirage het meer gepla as die wind.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3628
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Fanta300 »

"Safari & Outdoor en SA Jagters se 2014 langafstand skietkompetisie het die afgelope naweek baie suksesvol afgeloop. Die oggend het redelik koel begin en die wind was matig vanaf 'n 10 uur tot 12 uur rigting, so tussen 0 mph en 6 mpu, met matige mirage, dus 'n baie lekker dag vir skiet."

Gelukkig het hulle net die regte dag gekies!! ;D
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Boesman10 »

Dit sal goed wees om self 'n toeskouer op so 'n dag te wees en te leer by die manne.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
EdL
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Tue Sep 02, 2014 10:42 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by EdL »

Hi Hercules,
Die is ongetwyfeld een van die mees uitdagende skiet kompetisies sonder enige ''sighters'' op enige van die afstande. Jy sien dus jou teiken vir die eerste keer aan die einde van die dag met geen idee van waar skoot tot skoot geval het nie. Puik gereel en wel gedaan - manne staan toue om deel te neem. Een ding om ingedagte te hou is dat ons op BEKENDE afstande deelgeneem het...in die veld is daar nie altyd daai luuksheid nie...en n lewendige bok is geneig om nie so lank soos n papierbok op een plek te bly staan nie...
Groete
Elardus
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Eugene »

Koos Barnard wrote:Blok
Hercules het al verlede jaar genoem dat dit die enigste beskikbare datum was en dit is toe hierdie jaar weer so vasgemaak. Om geskikte datums op Piet Joubert te kry is moeilik. Die wind was glad nie sterk nie maar het gedurig verander. Die mirage het meer gepla as die wind.
Stem saam, wind was glad nie so groot faktor nie, mirage het baie groter rol gespeel! Dink regtig die wind was ons genadig gewees.
Boesman10 wrote:Dit sal goed wees om self 'n toeskouer op so 'n dag te wees en te leer by die manne.
Kom skiet saam volgende jaar! Dis baie beter om prakties te leer as om van die kantlyn te staan en kyk. Ek en James was daar vir die ondervinding en om te leer en was suksesvol in die doelwitte wat ons wou bereik.
Aim small, miss small
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Stefan764 »

Mag n 25-06 nou skiet of nie?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Jan Nel »

Ja, Wildebees en Springbok
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by junglejulian »

Stefan dit sal toelaatbaar wees vir die springbok maar nie vir die Blouwildebees nie.Volgens Sa jagters se Bosveld tabel is n 2506 nie toelaatbaar nie so ek vermoed hul sal dieselfde standaard toepas op die blouwildebees langafstand tabel.Hul moet seker erens n afsnypunt vir kaliber he en die 2506 val net uit.Dit gaan oor die .257 en .264 loop/groef diameter.
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Jan Nel »

Volgens die reels vd kompetisie is die minimum kaliber .264 - kaliber se definisie is deursnee vd koeel. Dus moet die 25-06 toelaatbaar wees op die wildebees en springbok.

"In guns, particularly firearms, caliber or calibre is the approximate internal diameter of the barrel, or the diameter of the projectile it fires."
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Jan Nel »

Jammer ek is verkeerd - my kop het my gelos!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by BLOK »

Koos Barnard wrote:Blok
Hercules het al verlede jaar genoem dat dit die enigste beskikbare datum was en dit is toe hierdie jaar weer so vasgemaak. Om geskikte datums op Piet Joubert te kry is moeilik. Die wind was glad nie sterk nie maar het gedurig verander. Die mirage het meer gepla as die wind.

Dankie vir die verduidelik Koos.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Hercules Louw »

Ek het ontdek dat daar 'n fout op die grafiese data was en dit is nou reggestel. Die 400m resultate op die wildebees was 'n bietjie optimisties.

Dan is daar 'n paar vrae gevra:

Die 25-06 is 'n 25 kaliber en skiet 'n .257 duim deursnee koeël, ligter as 120gr, tipies 75gr tot 100gr.
Die 6.5 kalibers skiet .264 duim deursnee koeëls tot 160gr, tipies tussen 120gr en 140gr.
Die 6.5 kaliber (.264") is die minimum kaliber wat SA Jagters aanbeveel vir normale jag van groter boksoorte, en dit word ook so in ons kompetisies toegepas.

Van hierdie jaar af is die kompetisie slegs vir SA Jagters lede en word via ons Skietforum geadverteer, almal wat daarop gergistreer is kry e-posse met die inligting. Ek het wel aan die manne wat verlede jaar deelgeneem het persoonlike e-posse uitgestuur voor die algemene kennisgewing.

As gevolg van die gewildheid sal ons volgende jaar 'n dubbel aflossing doen en die getalle verhoog na tussen 40 en 50 spanne. Benand Els van Safari Pretoria het klaar daartoe ingestem en hulle betrokkenheid bevestig.

Hierby aangeheg is die resultate van die springbok en die swartwildebees afsonderlik met die name van die skuts, maar dit is nie gesorteer volgens resultate nie. Hoop nie daar is te veel brose ego's nie. >:D

Safari gaan ook foto's van die dag op hulle Facebook plaas.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Capt. Yoda »

Eugene wrote:
Koos Barnard wrote:Blok
Hercules het al verlede jaar genoem dat dit die enigste beskikbare datum was en dit is toe hierdie jaar weer so vasgemaak. Om geskikte datums op Piet Joubert te kry is moeilik. Die wind was glad nie sterk nie maar het gedurig verander. Die mirage het meer gepla as die wind.
Stem saam, wind was glad nie so groot faktor nie, mirage het baie groter rol gespeel! Dink regtig die wind was ons genadig gewees.
Boesman10 wrote:Dit sal goed wees om self 'n toeskouer op so 'n dag te wees en te leer by die manne.
Kom skiet saam volgende jaar! Dis baie beter om prakties te leer as om van die kantlyn te staan en kyk. Ek en James was daar vir die ondervinding en om te leer en was suksesvol in die doelwitte wat ons wou bereik.

Ek sal self nogals like om saam te kan skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Eugene »

Hercules Louw wrote: Hierby aangeheg is die resultate van die springbok en die swartwildebees afsonderlik met die name van die skuts, maar dit is nie gesorteer volgens resultate nie. Hoop nie daar is te veel brose ego's nie. >:D
Was dit nou nodig? :o Nou gaan almal weet dat ek nie kan skiet nie.... :P >:D
Aim small, miss small
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie

Post by Alwyn »

Eugene wrote:
Hercules Louw wrote: Hierby aangeheg is die resultate van die springbok en die swartwildebees afsonderlik met die name van die skuts, maar dit is nie gesorteer volgens resultate nie. Hoop nie daar is te veel brose ego's nie. >:D
Was dit nou nodig? :o Nou gaan almal weet dat ek nie kan skiet nie.... :P >:D
Is okay Eugene.... ons hou nog van jou :laugh:
Post Reply