Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by James Wilson »

ek het so 2 jaar terug n mooi groot reun geskiet. ek het omdat ek nuuskierig was sommer die vuilgoed met my visvang skaal gemeet. die probleem is: as ek die gewig van die jakkals tussen ervare manne noem dan rek hulle oe. ek begin dink ek het n fout gemaak toe ek die hond geweeg het. so ek sal graag wil weet wat is die swaarste jakkals wat julle al geskiet het of van weet?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Ambessa

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Ambessa »

Hallo Jagbehep!
Jagbehep! wrote:...so 2 jaar terug n mooi groot reun geskiet... ...met my visvang skaal gemeet... ...gewig van die jakkals tussen ervare manne noem dan rek hulle oe... ...wat is die swaarste jakkals wat julle al geskiet het of van weet?
Weet nie of dit die swaarste reun was wat nog ooit geskiet is nie, maar 'n reun van 12.5 kg is reeds op die OTA's ingeklok.

Hoe swaar was jou "rooivisreun"?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Sat Nov 13, 2010 11:10 pm, edited 1 time in total.
GREYHOUND

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by GREYHOUND »

Jagbehep

Die gemiddeld hier by my is reuns so 9-10 kg en die swaarste 11.5kg. Die swaarste wat ek van weet is n pel van my van Senekal en die jakkals wat hulle baie lank terug doodgemaak het, seker 20 jaar gelede was 14 kg gewees en hy het honderde gevang, en dit was n uitsondering gewees..
Was daar nie nou een op forum van 13kg.
Greyhound
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by James Wilson »

my vis skaal het gese 14,5kg, dit is hoekom ek versigtig is om te se wat die gewig was. ek het n foto van die hond, sal bietjie foto plaas tutorial opswat en kyk of ek dit kan plaas. ek het destyds besef dit is n groot jakkals maar omdat ek nie regtig geweet het wat die gemidelde gewig is nie, maar net gedink die hond is so bietjie swaarder as gewoonlik. ek het hom dus nie met verskillende skale geweeg nie en nie regtig veel gedink van die gewig nie. dus aanvaar ek dat die gewig foutief kan wees. dit is op n vriend van my se plaas geskiet en was hy teenwoordig.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Ambessa

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Ambessa »

Hallo Greyhound
GREYHOUND wrote:...Was daar nie nou een op forum van 13kg.
Help bietjie? Het moontlik die ene gemis met die onlangse crash.

Ambessa
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by James Wilson »

Image

hier is die jakkals by die boer, iets wat ek vergeet het om te se is dat ek die jakkals geskiet het waar hy gevreet het, so ek glo sy pens was vol vars kos wat hom dalk kunsmatig swaarder gemaak het. maar ek twyfel al hoe meer dat die gewig 14,5kg was
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Chris101 »

Jagbehep

Ek reken daar was foutjie met skaal of dit is n vreeslike groot boer.
Ek het ruk terug n teef van 13.5kg geskiet gaan foto soek en plaas.
Gemiddelde gewig by my so 9kg

Chris 101
Knou die gediertes AF.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by James Wilson »

nogal n teef!! sal graag fotos wil sien.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
GREYHOUND

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by GREYHOUND »

UNCLE AM

Weet nie waar maar daar was n foto van die skaal se gesig so n ronde skaal en ek kon sweer dit was 13kg gewees, dalk is ek verkeerd.

GH
Ambessa

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Ambessa »

Hallo Greyhound
GREYHOUND wrote:...foto van die skaal se gesig so n ronde skaal en ek kon sweer dit was 13kg gewees, dalk is ek verkeerd.
Dankie, sal bietjie deur fotos blaai.

Ambessa
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Chris101 »

[img width=450 height=600]http://i973.photobucket.com/albums/ae22 ... e048-1.jpg[/img]

Hier is die 13.5kg teef soos belowe.  Sy is in Niekerkshoop in 2004 geskiet.

[img width=800 height=600]http://i973.photobucket.com/albums/ae22 ... uis006.jpg[/img]

Hierdie reun jakkals is in April 2005  naby Ariamsvlei geskiet.
Let op sy borskas en boudgrootte teenoor die teef langsaan.
Ongelukkig nie geweeg nie.

[img width=450 height=600]http://i973.photobucket.com/albums/ae22 ... eta012.jpg[/img]

Hierdie is nog een.  Ook nie geweeg nie.
Knou die gediertes AF.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Freddie101 »

Jagbehep
Niel viljoen het my vertel dat sy swaarste jakkals 17 kg was. En hy het ook gepraat van een van 20 kg wat iemand anders gekry het. Ek weet hy kan nie juis op sy plaas inskakel by die forum nie, maar miskien reageer hy hierop as hy dit sien.
groete Freddie.
ns moenie n fout maak nie dit is baiekeer die 7kg modelle wat die meeste skade maak. 
yol bolsun
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Biker »

Hallo
Was jare terug n aand op Sani pas en ons het daar oorgeslaap. In die kroeg het daar n jakkals vel gehang wat my oog gevang het en ek kon nie glo wat ek sien nie. Daai vel kon lag lag op n duitse herdershond pas :o Eers dog ek dat dit  n gelaste vel was maar nader ondersoek het niks onderduims openbaar nie. Ongelukkig was daar geen persoon wat inligting kon verskaf nie. Dit moes n FREAK van n rooijak gewees het. LW Dit was nog vroegaand gewees ;D Ek weet wat julle gaan skryf :D
Groete Biker
Ambessa

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Ambessa »

Hallo Biker
Biker wrote:...was nog vroegaand gewees ;D Ek weet wat julle gaan skryf :D 
..met eish...  :o

Ambessa
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Gerhard »

Ek het met die vorige OTA 'n reun geskiet wat 12.5 geweeg het.

Is baie spuit ek het nie 'n shoulder mount van hom laat maak nie.

Daai was lag lag die grootste jakkals wat ek geskiet het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Wielie Waps »

Ek en JB en die engelsman se eerste OTA 4 bydrae was 'n reun van 14kg.
Ons glo hy was so swaar want hy kon nie werk(teel) nie.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by KSV »

As ek so na julle fotos kyk het ek en Song Daug ook een geklop in 2007 wat glad nie te lig kon gewees het nie.

Image

Image

Die kleintjie was die helper, die teef wou glad nie naby kom of staan nie.

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Gerhard »

Image


Gewig                                              12.5kg (grootste jakkals wat ek nog geskiet

Kyk hoe groot is die reun langs die teef.

Het hulle tussen die beeste uit geroep...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Steyn
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Aug 15, 2010 10:19 am

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Steyn »

Ek het so jaar terug een geskiet van 14kg.en gisteraand het ek een van 13,5kg geskiet.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Swaarste jakkals wat jy al geskiet het.

Post by Rooies »

Connie sit daai foto op die forum.
Ek sien jou plaas werk gaan nou met n spoed agteruitgang want jy's "gehook"
Welkom op die FORUM VAN FORUMS !!

rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Post Reply