Ghillie pakkie
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Ghillie pakkie
http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/utf-8BR2hpbGxpZSBzdWl0LmpwZw_zps5ca3d70e.jpg
Dag mense
Wat dink julle van die ghillie suit?
Sal hy kan werk in die Vrystaat se vlaktes en bosveld omgewing
Groete
Hennie

-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Ghillie pakkie
Lyk soos "bigfoot"? Solank jy nie vlam vat nie kan hy werk!
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Ghillie pakkie
mariusr wrote:Lyk soos "bigfoot"? Solank jy nie vlam vat nie kan hy werk!
- gillie
- Hero Member

- Posts: 957
- Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am
Re: Ghillie pakkie
Ja sorg net dat jy naby n watergat is...RUPERT wrote:
mariusr wrote:Lyk soos "bigfoot"? Solank jy nie vlam vat nie kan hy werk!![]()
![]()
Ek sit nou hier en Picture daai human torche deur die bosveld hardloop
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Ghillie pakkie
Dit behoort baie goed te werk Hennie.
Onthou maar net om nog steeds stil en stadig te beweeg, 'n dwalende sipres teen 20km/h in die veld, gaan nog steeds 'n mate van agterdog wek....

Last edited by Eugene on Fri Jul 25, 2014 10:09 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Ghillie pakkie
Dankie Eugene.
Dis 'n maat van my wat die pak gemaak het en hy het baie ure se werk in gesit.
Ek glo ook hy sal werk.

- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Ghillie pakkie
Net in die veld rond rol dat blare en takkies vas sit dan is hy original natural! 
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Ghillie pakkie
Skerp manne ...
Dit is net op `n forum waar jy sulke flymskerp opmerkings kry..ek rol nou op die vloer rond .....
Hennie , neem naby fotos en vertel hoe die ghilli suite gemaak is...ek sal meer bekommerd wees as ek daardie suite dra en `n eland kom skuur homself as hy jeuk ..... 
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1

Polla1983
- Sr. Member

- Posts: 276
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm
Re: Ghillie pakkie
Baie oorspronklik en goed gedoen! Dit hoort verseker te werk!
Ek sal wel geld betaal om n youtube clip tekyk waar n man in daai suit af die straat stap in JHb se CBD... Dit kan nogal sports wees...

- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Ghillie pakkie
Polla1983 wrote:Baie oorspronklik en goed gedoen! Dit hoort verseker te werk!
Ek sal wel geld betaal om n youtube clip tekyk waar n man in daai suit af die straat stap in JHb se CBD... Dit kan nogal sports wees...
Stem saam.
Ek dink so pakkie op 'n Springbok voorsit jag sal werk. Ek wou nog altyd in die vlakte gaan lê het waar die bokke so saamkom om weg te bly van die rante waar die gewere is. Die pakkie sal mooi werk daarvoor.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Ghillie pakkie
Dis mos jou pak daai Grumpy, ekt hom op jou FB gesien. Baie werk om so pak te maak, hy sal lekker werk op n voorsit
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Ghillie pakkie
Hy sal seker mooi werk vir voorsitjag. Moet netnie in 'n boom voorsit as daar kameelperde in die kamp is nie.... hulle sal jou opvreet!
Moet ook nie probeer stap en jag met daai pakkie ie... as 'n swarthaak of sekelbos ou in die hande kry , kan jy maar jou trek laat kom want jy gaan nerens nie....

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Ghillie pakkie
Pieter Vorster wrote:Hy sal seker mooi werk vir voorsitjag. Moet netnie in 'n boom voorsit as daar kameelperde in die kamp is nie.... hulle sal jou opvreet!
Moet ook nie probeer stap en jag met daai pakkie ie... as 'n swarthaak of sekelbos ou in die hande kry , kan jy maar jou trek laat kom want jy gaan nerens nie....
Nog nie eers gepraat as jy klitsgras optel nie, ek wil nie dit skoonmaak nie
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Ghillie pakkie
Marc, verseker baie werk, arbeid en ure en vloek. Hy sal werk.
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Ghillie pakkie
Grumpy, en jy se nou niks dat die manne so spitsfondig is nie.....
as jy op `n Vrystaatse vlakte voorsit sal al daardie vreeslike dinge waarvan die manne praat sekerlik nie met jou gebeur nie...
verseker as jy in `n hide sit sal niks aan daardie ghilipak vashaak nie...ek dink dit is een van die beter en beste ghili pakke wat ek al gesien het...ek wonder tog hoeveel manne gebruik so `n ghili pak om voorsit jag te doen in die bosveld? Hoe suksesvol sal so `n pak wees met `n voorsit jag ...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Ghillie pakkie
Gert, hy is gemaak vir vlakte en oop land. Bos sal jy vas haak. Besig met nog n aner projek ook. Dit vat net baie tyd. Ek doen sulke dinge as ek tyd het. Paar ander goedjies wat ek mee besig is en top oor. Een is n geweersak waar die silencer op die geweer is en in die sak pas.
Ek bly maar stil en doen goed vir myself.
Ek bly maar stil en doen goed vir myself.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Ghillie pakkie
Gert ek het al geleer jy sal eers klomp negetiewe posts kry voordat jy 'n paar goeie posts kry. Mens kan dit seker toe skryf aan van die clowns wat op die forums is. Daar sal eers afbreuk gemaak word tot dat hulle verkeurd bewys is.Gert Odendaal wrote:Grumpy, en jy se nou niks dat die manne so spitsfondig is nie.....![]()
as jy op `n Vrystaatse vlakte voorsit sal al daardie vreeslike dinge waarvan die manne praat sekerlik nie met jou gebeur nie...
verseker as jy in `n hide sit sal niks aan daardie ghilipak vashaak nie...ek dink dit is een van die beter en beste ghili pakke wat ek al gesien het...ek wonder tog hoeveel manne gebruik so `n ghili pak om voorsit jag te doen in die bosveld? Hoe suksesvol sal so `n pak wees met `n voorsit jag ...
Grumpy het baie ure se werk in gesit en my altyd in gelig en fotos gestuur.
Ek het gehoop dit sal baie meer posetief posts gehad het.
Ek glo die ghillie sal werk en het toestemming gekry dat Grumpy sy suit kan kom toets hier in die Vrystaat se vlaktes by 'n maat van my.
Ek hoop dit sal binnekort wees.
Groete
Hennie
Grumpy daar is 'n swb met jou naam op.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Ghillie pakkie
Dankie Hennie. Ek sal hopenlik binnekort daai bees kom haal!! 
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Ghillie pakkie
Grumpy, is dit sommer net 'n projek wat jy doen?? vir jou eie speeltyd....want jy koop hulle sommer net R300 ek het 2, my 243 en 308 pas in met terminators op.grumpy wrote:Gert, hy is gemaak vir vlakte en oop land. Bos sal jy vas haak. Besig met nog n aner projek ook. Dit vat net baie tyd. Ek doen sulke dinge as ek tyd het. Paar ander goedjies wat ek mee besig is en top oor. Een is n geweersak waar die silencer op die geweer is en in die sak pas.
Ek bly maar stil en doen goed vir myself.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Ghillie pakkie
Môre Cobus. Ja dis net projek wat ek self doen. Geweer met silencer aan moet in die geweer sak pas. Dit moet nie nodig wees om die silencer by die baan of jag nie. Ek gaan ook X bags maak van ripstop materiaal.
Ek het nog n paar goed wat ek aanpak. Doen maar soos ek tyd het.

- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Ghillie pakkie
Ek dink dit is 'n goeie idee. Gaan leer maar by die Boesmans. Hulle vermom hulle al eeue as hulle gaan jag.
Cobus ek het by Skerpknal Vuurwapens gesien hulle het geweer sakke laat maak wat lank genoeg is vir die geweer met die KD op en die sak is ook breer wat 'n monster teleskoop kan akkomodeer.
Sterkte met julle projekte. Dit is net tot voordeel van ons jagters.

Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Ghillie pakkie
Grumpy..die manne trek jou siel uit, alles in goeie gees, jy weet ek het `n groot bewondering vir manne soos jy en al die ander wat ook hulle eie apparaat bou...julle wys dat ons vandag se "koop alles van die rak af gier" vir `n ses slaan...virseker sal die pak werk...daar is net weinig min manne wat so jag...dit sal baie, baie geduld moet neem, jy sal seker die loop roetes van die diere moet ken, wind rigting sal sekerlik perfek bepaal moet word?
Ek dink dit kan `n ongelooflike ervaring wees as jy jou prooi so kan uit oorle....Adriaan De Viliers die boogjag ghuru..gebruik uitsluitlik `n ghili suite as hy jag...
HennieC, jy praat nogal oor `n ding wat maar vermy moet word uit respek vir Hein Jaracal want die forum is sy eiendom en ons is net gaste wat daarvan gebruik maak..wat lede nie besef nie is dat alhoewel jy mag dink wat jy wil ,jy nie noodwendig dit behoort te se op so `n publieke forum nie.
`n Groot dilemma is dat lede persoonlik raak en dan is dit wanner die onmin en ongeskiktheid begin..gewoonlik het so `n lid `n paar vriende wat dink Hulle moet die vriend ondersteun en help om sy beledigings woordeskat uit te brei..dit is werklik jammer want niemand is iemand op die forum iets verskuldig nie...selfs by die byeenkomste waar lede bymekaar kom sal almal van die forum nie saam kuier nie...
Soos ek in my 8mm koeel/punte met hoe BC aangedui het dat daar al baie goeie, kundige manne die forum verlaat het juis oor die tipe gedrag van lede...as ons miskien net in gedagte hou dat ons `n gas van die eienaar is en ons soos `n gas behoort te gedra sal daar verskille beter hanteer word...
Grumpy, wat gebruik jy as basis vir die ghilli suite? Watter tipe "hare/sliertes gebruik jy om die wollerige voorkoms te maak?
Cobus, ek kan myself nogal voorstel dat dit baaaiiiiieee geduld en werk neem om so `n pak te maak werk...miskien die rede waarom ek liewer nooit so iets oorweeg het nie...
Ek het van daardie cammo pakke wat gatjies in het soos `n net materiaal en ek dink dit behoort te werk vir `n onderstel en basis...
Ek sal graag `n paar "pointers" wil kry by jou...
Gert
Ek dink dit kan `n ongelooflike ervaring wees as jy jou prooi so kan uit oorle....Adriaan De Viliers die boogjag ghuru..gebruik uitsluitlik `n ghili suite as hy jag...
HennieC, jy praat nogal oor `n ding wat maar vermy moet word uit respek vir Hein Jaracal want die forum is sy eiendom en ons is net gaste wat daarvan gebruik maak..wat lede nie besef nie is dat alhoewel jy mag dink wat jy wil ,jy nie noodwendig dit behoort te se op so `n publieke forum nie.
`n Groot dilemma is dat lede persoonlik raak en dan is dit wanner die onmin en ongeskiktheid begin..gewoonlik het so `n lid `n paar vriende wat dink Hulle moet die vriend ondersteun en help om sy beledigings woordeskat uit te brei..dit is werklik jammer want niemand is iemand op die forum iets verskuldig nie...selfs by die byeenkomste waar lede bymekaar kom sal almal van die forum nie saam kuier nie...
Soos ek in my 8mm koeel/punte met hoe BC aangedui het dat daar al baie goeie, kundige manne die forum verlaat het juis oor die tipe gedrag van lede...as ons miskien net in gedagte hou dat ons `n gas van die eienaar is en ons soos `n gas behoort te gedra sal daar verskille beter hanteer word...
Grumpy, wat gebruik jy as basis vir die ghilli suite? Watter tipe "hare/sliertes gebruik jy om die wollerige voorkoms te maak?
Cobus, ek kan myself nogal voorstel dat dit baaaiiiiieee geduld en werk neem om so `n pak te maak werk...miskien die rede waarom ek liewer nooit so iets oorweeg het nie...
Ek het van daardie cammo pakke wat gatjies in het soos `n net materiaal en ek dink dit behoort te werk vir `n onderstel en basis...
Ek sal graag `n paar "pointers" wil kry by jou...
Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Ghillie pakkie
Gert, dis goingsakke wat ek met die hand een vir een uit gerafel het, lengtes gesny en vas gemaak het. Ek hwt alles self gedoen met die hand. My vrou het niks gehelp net vir die rekord. Ek wou nie dat sy help nie want ek wou alles self doen. Die geweer sakke ens gaan ek ook self doen.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Ghillie pakkie
[quote="HennieC, jy praat nogal oor `n ding wat maar vermy moet word uit respek vir Hein Jaracal want die forum is sy eiendom en ons is net gaste wat daarvan gebruik maak..wat lede nie besef nie is dat alhoewel jy mag dink wat jy wil ,jy nie noodwendig dit behoort te se op so `n publieke forum nie.
`n Groot dilemma is dat lede persoonlik raak en dan is dit wanner die onmin en ongeskiktheid begin..gewoonlik het so `n lid `n paar vriende wat dink Hulle moet die vriend ondersteun en help om sy beledigings woordeskat uit te brei..dit is werklik jammer want niemand is iemand op die forum iets verskuldig nie...selfs by die byeenkomste waar lede bymekaar kom sal almal van die forum nie saam kuier nie...
[/quote]
Gert dit is oor simpel comments wat ouens maak,dat baie mense nie hulle eie idees en voorstelle op sit nie en dit is wat die forum arm maak.
As die mense eerder 'n winkel produk wil koop dan kan hulle, maar gun die self doen persoon ook sy deel.
Dis moeilik om 'n ding self te maak maar kan gedoen word as mens wil.
Tenminste kan Grumpy sê hy het die ghillie suit self gemaak en hy gaan hom binne kort toets ook. Wonder net wat sê die man wat sy ghillie suit gekoop het " ek het hom self gekoop"
Ag Dit is teleurstellend om negatieweteit te sien op die forum, maar so is die lewe mos maar. Ek het nou klaar my sê gesê. Sal nou voort gaan met posetiewe dinge.
Groete en geniet die lieflike dag wat ons het om te geniet vir vandag.

Cobus(Cobb) wrote:Grumpy, is dit sommer net 'n projek wat jy doen?? vir jou eie speeltyd....want jy koop hulle sommer net R300 ek het 2, my 243 en 308 pas in met terminators op.grumpy wrote:............ Een is n geweersak waar die silencer op die geweer is en in die sak pas.
Ek bly maar stil en doen goed vir myself.
Gumpy, ek soek ook een wat bekostigbaar is, en wat 2 skouerbelde het om ver te dra. Ek sal voor in die ry staan vir een.
Cobus waar is die sakke? My Savage se loop is 26" en KD seker 8". Hy pas nie eens in S&O se sak nie.