Ghillie pakkie

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Ghillie pakkie

Post by HennieC »

http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/utf-8BR2hpbGxpZSBzdWl0LmpwZw_zps5ca3d70e.jpg

Dag mense
Wat dink julle van die ghillie suit?
Sal hy kan werk in die Vrystaat se vlaktes en bosveld omgewing



Groete
Hennie
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Ghillie pakkie

Post by mariusr »

Lyk soos "bigfoot"? Solank jy nie vlam vat nie kan hy werk!
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by RUPERT »

:laugh:
mariusr wrote:Lyk soos "bigfoot"? Solank jy nie vlam vat nie kan hy werk!
:laugh: :laugh: :laugh: Ek sit nou hier en Picture daai human torche deur die bosveld hardloop
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Ghillie pakkie

Post by gillie »

RUPERT wrote::laugh:
mariusr wrote:Lyk soos "bigfoot"? Solank jy nie vlam vat nie kan hy werk!
:laugh: :laugh: :laugh: Ek sit nou hier en Picture daai human torche deur die bosveld hardloop
Ja sorg net dat jy naby n watergat is... :laugh:
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Ghillie pakkie

Post by Eugene »

Dit behoort baie goed te werk Hennie.

Onthou maar net om nog steeds stil en stadig te beweeg, 'n dwalende sipres teen 20km/h in die veld, gaan nog steeds 'n mate van agterdog wek.... ;)
Last edited by Eugene on Fri Jul 25, 2014 10:09 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Ghillie pakkie

Post by HennieC »

Dankie Eugene.

Dis 'n maat van my wat die pak gemaak het en hy het baie ure se werk in gesit.
Ek glo ook hy sal werk.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Ghillie pakkie

Post by grumpy »

Net in die veld rond rol dat blare en takkies vas sit dan is hy original natural! >:(
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Gert Odendaal »

Skerp manne ... :laugh: :laugh: Dit is net op `n forum waar jy sulke flymskerp opmerkings kry..ek rol nou op die vloer rond ..... :laugh: :laugh: Hennie , neem naby fotos en vertel hoe die ghilli suite gemaak is...ek sal meer bekommerd wees as ek daardie suite dra en `n eland kom skuur homself as hy jeuk ..... ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 276
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Polla1983 »

Baie oorspronklik en goed gedoen! Dit hoort verseker te werk!

Ek sal wel geld betaal om n youtube clip tekyk waar n man in daai suit af die straat stap in JHb se CBD... Dit kan nogal sports wees...
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Christo »

Polla1983 wrote:Baie oorspronklik en goed gedoen! Dit hoort verseker te werk!

Ek sal wel geld betaal om n youtube clip tekyk waar n man in daai suit af die straat stap in JHb se CBD... Dit kan nogal sports wees...

Stem saam.



Ek dink so pakkie op 'n Springbok voorsit jag sal werk. Ek wou nog altyd in die vlakte gaan lê het waar die bokke so saamkom om weg te bly van die rante waar die gewere is. Die pakkie sal mooi werk daarvoor.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Marc »

Dis mos jou pak daai Grumpy, ekt hom op jou FB gesien. Baie werk om so pak te maak, hy sal lekker werk op n voorsit
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Piet Pille »

Hy sal seker mooi werk vir voorsitjag. Moet netnie in 'n boom voorsit as daar kameelperde in die kamp is nie.... hulle sal jou opvreet!
Moet ook nie probeer stap en jag met daai pakkie ie... as 'n swarthaak of sekelbos ou in die hande kry , kan jy maar jou trek laat kom want jy gaan nerens nie....
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Flip Nel »

Pieter Vorster wrote:Hy sal seker mooi werk vir voorsitjag. Moet netnie in 'n boom voorsit as daar kameelperde in die kamp is nie.... hulle sal jou opvreet!
Moet ook nie probeer stap en jag met daai pakkie ie... as 'n swarthaak of sekelbos ou in die hande kry , kan jy maar jou trek laat kom want jy gaan nerens nie....

Nog nie eers gepraat as jy klitsgras optel nie, ek wil nie dit skoonmaak nie
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Ghillie pakkie

Post by grumpy »

Marc, verseker baie werk, arbeid en ure en vloek. Hy sal werk.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Gert Odendaal »

Grumpy, en jy se nou niks dat die manne so spitsfondig is nie..... :laugh: :laugh: as jy op `n Vrystaatse vlakte voorsit sal al daardie vreeslike dinge waarvan die manne praat sekerlik nie met jou gebeur nie... ;D verseker as jy in `n hide sit sal niks aan daardie ghilipak vashaak nie...ek dink dit is een van die beter en beste ghili pakke wat ek al gesien het...ek wonder tog hoeveel manne gebruik so `n ghili pak om voorsit jag te doen in die bosveld? Hoe suksesvol sal so `n pak wees met `n voorsit jag ...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Ghillie pakkie

Post by grumpy »

Gert, hy is gemaak vir vlakte en oop land. Bos sal jy vas haak. Besig met nog n aner projek ook. Dit vat net baie tyd. Ek doen sulke dinge as ek tyd het. Paar ander goedjies wat ek mee besig is en top oor. Een is n geweersak waar die silencer op die geweer is en in die sak pas.

Ek bly maar stil en doen goed vir myself.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Ghillie pakkie

Post by HennieC »

Gert Odendaal wrote:Grumpy, en jy se nou niks dat die manne so spitsfondig is nie..... :laugh: :laugh: as jy op `n Vrystaatse vlakte voorsit sal al daardie vreeslike dinge waarvan die manne praat sekerlik nie met jou gebeur nie... ;D verseker as jy in `n hide sit sal niks aan daardie ghilipak vashaak nie...ek dink dit is een van die beter en beste ghili pakke wat ek al gesien het...ek wonder tog hoeveel manne gebruik so `n ghili pak om voorsit jag te doen in die bosveld? Hoe suksesvol sal so `n pak wees met `n voorsit jag ...
Gert ek het al geleer jy sal eers klomp negetiewe posts kry voordat jy 'n paar goeie posts kry. Mens kan dit seker toe skryf aan van die clowns wat op die forums is. Daar sal eers afbreuk gemaak word tot dat hulle verkeurd bewys is.
Grumpy het baie ure se werk in gesit en my altyd in gelig en fotos gestuur.
Ek het gehoop dit sal baie meer posetief posts gehad het.

Ek glo die ghillie sal werk en het toestemming gekry dat Grumpy sy suit kan kom toets hier in die Vrystaat se vlaktes by 'n maat van my.
Ek hoop dit sal binnekort wees.

Groete
Hennie

Grumpy daar is 'n swb met jou naam op.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Ghillie pakkie

Post by grumpy »

Dankie Hennie. Ek sal hopenlik binnekort daai bees kom haal!! ;)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Cobus(Cobb) »

grumpy wrote:Gert, hy is gemaak vir vlakte en oop land. Bos sal jy vas haak. Besig met nog n aner projek ook. Dit vat net baie tyd. Ek doen sulke dinge as ek tyd het. Paar ander goedjies wat ek mee besig is en top oor. Een is n geweersak waar die silencer op die geweer is en in die sak pas.

Ek bly maar stil en doen goed vir myself.
Grumpy, is dit sommer net 'n projek wat jy doen?? vir jou eie speeltyd....want jy koop hulle sommer net R300 ek het 2, my 243 en 308 pas in met terminators op.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Ghillie pakkie

Post by grumpy »

Môre Cobus. Ja dis net projek wat ek self doen. Geweer met silencer aan moet in die geweer sak pas. Dit moet nie nodig wees om die silencer by die baan of jag nie. Ek gaan ook X bags maak van ripstop materiaal.

Ek het nog n paar goed wat ek aanpak. Doen maar soos ek tyd het.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by NEGE3 »

Ek dink dit is 'n goeie idee. Gaan leer maar by die Boesmans. Hulle vermom hulle al eeue as hulle gaan jag.

Cobus ek het by Skerpknal Vuurwapens gesien hulle het geweer sakke laat maak wat lank genoeg is vir die geweer met die KD op en die sak is ook breer wat 'n monster teleskoop kan akkomodeer.

Sterkte met julle projekte. Dit is net tot voordeel van ons jagters.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Gert Odendaal »

Grumpy..die manne trek jou siel uit, alles in goeie gees, jy weet ek het `n groot bewondering vir manne soos jy en al die ander wat ook hulle eie apparaat bou...julle wys dat ons vandag se "koop alles van die rak af gier" vir `n ses slaan...virseker sal die pak werk...daar is net weinig min manne wat so jag...dit sal baie, baie geduld moet neem, jy sal seker die loop roetes van die diere moet ken, wind rigting sal sekerlik perfek bepaal moet word?

Ek dink dit kan `n ongelooflike ervaring wees as jy jou prooi so kan uit oorle....Adriaan De Viliers die boogjag ghuru..gebruik uitsluitlik `n ghili suite as hy jag...

HennieC, jy praat nogal oor `n ding wat maar vermy moet word uit respek vir Hein Jaracal want die forum is sy eiendom en ons is net gaste wat daarvan gebruik maak..wat lede nie besef nie is dat alhoewel jy mag dink wat jy wil ,jy nie noodwendig dit behoort te se op so `n publieke forum nie.

`n Groot dilemma is dat lede persoonlik raak en dan is dit wanner die onmin en ongeskiktheid begin..gewoonlik het so `n lid `n paar vriende wat dink Hulle moet die vriend ondersteun en help om sy beledigings woordeskat uit te brei..dit is werklik jammer want niemand is iemand op die forum iets verskuldig nie...selfs by die byeenkomste waar lede bymekaar kom sal almal van die forum nie saam kuier nie...

Soos ek in my 8mm koeel/punte met hoe BC aangedui het dat daar al baie goeie, kundige manne die forum verlaat het juis oor die tipe gedrag van lede...as ons miskien net in gedagte hou dat ons `n gas van die eienaar is en ons soos `n gas behoort te gedra sal daar verskille beter hanteer word...

Grumpy, wat gebruik jy as basis vir die ghilli suite? Watter tipe "hare/sliertes gebruik jy om die wollerige voorkoms te maak?

Cobus, ek kan myself nogal voorstel dat dit baaaiiiiieee geduld en werk neem om so `n pak te maak werk...miskien die rede waarom ek liewer nooit so iets oorweeg het nie... :laugh: :laugh: :laugh:

Ek het van daardie cammo pakke wat gatjies in het soos `n net materiaal en ek dink dit behoort te werk vir `n onderstel en basis...

Ek sal graag `n paar "pointers" wil kry by jou...

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Ghillie pakkie

Post by grumpy »

Gert, dis goingsakke wat ek met die hand een vir een uit gerafel het, lengtes gesny en vas gemaak het. Ek hwt alles self gedoen met die hand. My vrou het niks gehelp net vir die rekord. Ek wou nie dat sy help nie want ek wou alles self doen. Die geweer sakke ens gaan ek ook self doen.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Ghillie pakkie

Post by HennieC »

[quote="HennieC, jy praat nogal oor `n ding wat maar vermy moet word uit respek vir Hein Jaracal want die forum is sy eiendom en ons is net gaste wat daarvan gebruik maak..wat lede nie besef nie is dat alhoewel jy mag dink wat jy wil ,jy nie noodwendig dit behoort te se op so `n publieke forum nie.

`n Groot dilemma is dat lede persoonlik raak en dan is dit wanner die onmin en ongeskiktheid begin..gewoonlik het so `n lid `n paar vriende wat dink Hulle moet die vriend ondersteun en help om sy beledigings woordeskat uit te brei..dit is werklik jammer want niemand is iemand op die forum iets verskuldig nie...selfs by die byeenkomste waar lede bymekaar kom sal almal van die forum nie saam kuier nie...

[/quote]

Gert dit is oor simpel comments wat ouens maak,dat baie mense nie hulle eie idees en voorstelle op sit nie en dit is wat die forum arm maak.
As die mense eerder 'n winkel produk wil koop dan kan hulle, maar gun die self doen persoon ook sy deel.
Dis moeilik om 'n ding self te maak maar kan gedoen word as mens wil.
Tenminste kan Grumpy sê hy het die ghillie suit self gemaak en hy gaan hom binne kort toets ook. Wonder net wat sê die man wat sy ghillie suit gekoop het " ek het hom self gekoop" :laugh:
Ag Dit is teleurstellend om negatieweteit te sien op die forum, maar so is die lewe mos maar. Ek het nou klaar my sê gesê. Sal nou voort gaan met posetiewe dinge.

Groete en geniet die lieflike dag wat ons het om te geniet vir vandag.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ghillie pakkie

Post by Christo »

Cobus(Cobb) wrote:
grumpy wrote:............ Een is n geweersak waar die silencer op die geweer is en in die sak pas.

Ek bly maar stil en doen goed vir myself.
Grumpy, is dit sommer net 'n projek wat jy doen?? vir jou eie speeltyd....want jy koop hulle sommer net R300 ek het 2, my 243 en 308 pas in met terminators op.

Gumpy, ek soek ook een wat bekostigbaar is, en wat 2 skouerbelde het om ver te dra. Ek sal voor in die ry staan vir een.

Cobus waar is die sakke? My Savage se loop is 26" en KD seker 8". Hy pas nie eens in S&O se sak nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply