Middag almal. net gou n vraag!
Ek teel met springbokke,blesbokke en gemsbokke nou my vraag is watse ramme/bulle word ytgeskiet die wat yt die trop gestoot word of die ram/bul wat in die trop is? hoekom ek vra is ek het die naweek die ''ou'' springbok ram ytgeskiet wat in die trop loop daar is 3 jong ramme wat buite die trop loop sal hulle wel trug gaan na die trop?
groete KH
wild
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5028
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: wild
Partykeer, moet die ram/bul uit 'n trop geskiet word om die jonger ramme/bulle die werk te laat doen dit is nou as die trop ram/bul genoeg jare gekry het om te teel maar net te sterk bly om die jonger diere kans te gee. Ek het in 2008 op 'n plaas gesien dat een rooibok ram meer as 80 ooie gehad het en die boer was bekommerd omdat die rooibokke nie aanteel nie. Hy het toe die trop ram verwyder en dadelik het die 80 ooie opgebreek in kleiner troppe en die rooibok bevolking het mooi gegroei. Dit was net oonmoontlik vir daardie een ram om al die ooie te diens en dan nog die ander ramme weg te hou.
Hoop die beantwoord jou vraag.
Hoop die beantwoord jou vraag.