wild

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

wild

Post by Kolhasie »

Middag almal. net gou n vraag!

Ek teel met springbokke,blesbokke en gemsbokke nou my vraag is watse ramme/bulle word ytgeskiet die wat yt die trop gestoot word of die ram/bul wat in die trop is? hoekom ek vra is ek het die naweek die ''ou'' springbok ram ytgeskiet wat in die trop loop daar is 3 jong ramme wat buite die trop loop sal hulle wel trug gaan na die trop?


groete KH
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5028
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: wild

Post by Frederik »

Partykeer, moet die ram/bul uit 'n trop geskiet word om die jonger ramme/bulle die werk te laat doen dit is nou as die trop ram/bul genoeg jare gekry het om te teel maar net te sterk bly om die jonger diere kans te gee. Ek het in 2008 op 'n plaas gesien dat een rooibok ram meer as 80 ooie gehad het en die boer was bekommerd omdat die rooibokke nie aanteel nie. Hy het toe die trop ram verwyder en dadelik het die 80 ooie opgebreek in kleiner troppe en die rooibok bevolking het mooi gegroei. Dit was net oonmoontlik vir daardie een ram om al die ooie te diens en dan nog die ander ramme weg te hou.

Hoop die beantwoord jou vraag.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: wild

Post by win270 »

Ek is geneig om te dink dat ramme/bulle wat uitgestoot is, die regte kandidate is om te skiet. Hulle aanteelbeurt is verby. Daar kan egter meer bewese advies wees om na te luister.
Post Reply