Wat presies maak n scope n GREAT scope?

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by BLOK »

Arnold wrote:Ek wens ek was arm genoeg om nog NF scopes te koop.
Arnold

Daai 260AI van jou, wat het hy so min of meer alles saam gekos sonder die scope wat jy op hom het. Die rys van die loop, aksie, kolf, demper, sneller, smit se werk ens. En dan watse scope skiet jy op daai geweer, ongeag of dit nou n duur of goedkoop scope sal wees.

Dan watse gewere het jy anders waar n Nightforce scope op is.

Ek wil net gou julle bewys dat dit net werklik arem gatte is wat Nightforce skiet.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Zack Benade

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Zack Benade »

Ek wil net gou julle bewys dat dit net werklik arem gatte is wat Nightforce skiet.
Ek stem saam met jou Blok en ek dink ou Arnold sal ook saamstem met die stelling.

Met deesdae se pryse op punte.
Armgatte wat Nightforce skiet wil 100% seker maak hulle eerste skoot is raak. 100% nie 99%nie ++>:
Dis net die ryk manne met die swak scopes wat kan bekostig om 10 skote na dieselfde teiken te skiet met die hoop dat een skoot perongeluk die teiken tref. ++>: ++>:

Ek wil op niemand se tone trap met die stelling nie en vat dit in daai lig. ++>: :police:
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Eugene »

Zack, stem met jou saam oor betroubaarheid, maar wat sal jy klassifiseer as 'n swak scope? Alles wat nie NF is nie?
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Zack Benade »

Eugene

Alles wat ek hierbo geskryf het is oor 'n "Great scope" waaroor die topic gaan.

Ek skiet 'n ZOS 12-42x56 op my AA MPR en 'n Hawk op die ander. Die ZOS is 'n goeie scope hievoor. Ek het niks meer nodig nie. As ek reg onthou het hy net oor 'n R1000 rand gekos. Hy stel 100% en werk soos 'n droom. Rangefinding 100%. Vir hierdie aanwending is die ZOS 'n Great scope.

As ek egter die ZOS of Hawk afhaal en op my 270 gaan sit sal ek met ander oe na hom kyk. Binne 'n oogwink het die ZOS en Hawk wat 'n great scope is verander na 'n groot vraagteken en groot uitroeptekens.
Hulle kan miskien werk en my verkeerd bewys oor vyf jaar maar beslis in my boekies sal ek dit nie doen nie.
My siening is die ZOS en Hawk is 'n swak scope by grootkalibers maar 'n great scope vir PCP's.

Elke scope het sy regte aanwending en die eienaar moet maar self besluit wat is goed en swak en ooreenkomstig sy toerusting by sy siening aanpas.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Smirre »

More
Alles wat hier gese word is mense se persoonlike evaring en voorkeure.
Daars niks fout daarmee nie maar die moeilik om my voorkeur teen joune te weeg.

Is daar nie wetenskaplike waardes wat aan bv lens helderheid. ligdeurlating ens bepaal.
As daar sulke waardes is, kan mens mos appels met appels vergelyk.

Ek onthou jare terur het Carte Blanche 'n toets gedoen op sonbrille en die goedkoopste een het volgens
die wetenskaplike toete die beste gevaar.

Smirre
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Louis Kriel »

Zack, sorry man ek weet nie wat is n ZOS nie? Wat is n ZOS?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Arnold »

Blok, ek kan nie teen vandag se pryse my 260 weer koop nie en is bitter gelukkig dat ek hom gekry het teen die prys wat dit was. Ek het ook my Nightforce gekoop voor ek my 260 gehad het net toe S&O die agentskap gekry het so my NF was aansienlik goedkoper as waarvoor hulle nou gaan.

As ek nou my 260 moet laat bou soos wat hy is en pryse betaal soos dit geadverteer word sal hy my seker so R50k kos. Ringe is nou R2200 dink ek, die bubble level is R1600 en die NF wat ek het is in die omgewing van R25k. So met 'n stel dies sou die geweer en sope my nou R80k uit die sak jaag. Teen so R10 'n skoot het ek dan ook al so R10k deur die geweer geskiet.

Ek het twee ander gewere wat nie Nightforce scopes op het nie. Die een is 'n SIII op my 300WM en die ander 'n Bushnell 6500 op my .22. Ek het jare gelede vir my NF betaal wat 'n SIII seker nou kos en het my SIII gekry vir seker helfte van die prys as wat hulle nou is (ek is nie 100% seker oor die huidige pryse nie).

Hierdie is my stokperdjie en ek het besluit dat ek eerder een AWESOME/GREAT geweer wil hê as 5 average gewere. Elke ou se opinie hieroor gaan verskil maar dit werk vir my in my omstandighede.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Sangoma (IAN) »

Louis Kriel wrote:Zack, sorry man ek weet nie wat is n ZOS nie? Wat is n ZOS?
Dit is n intree vlak scope bemark vir pellet gun gewere. Die gewere wat met hoe druk air werk (PCP) Party intree vlak skuts gebruik hulle vir FT skiet kompetiesie (AIRGUN) en vaar redelik goed met hulle.

Def nie bedoel vir groter cf gewere nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Eugene »

Zack, jammer as ek aanvallend voorgekom het, nie my bedoeling nie. Tik so vinnig tussen die werk deur en soms te vinnig!
Ek stem met jou saam, maar uit die oog van 'n nuweling jagter, kan dit maklik klink asof jy jouself gaan opstel vir mislukking, tensy jy bereid is om R25 000 vir 'n scope te betaal en daar nie NXS erens op daai scope staan nie... Ons almal weet dis nie die geval nie!
Op hierdie draad en ook ander soortgelyke besprekings, word daar soms nie behoorlik onderskei tussen verskillende aanwendings nie. In my beskeie opinie, is daar nie net een "all rounder" scope nie, net soos daar nie werklik 'n all rounder kaliber is nie. Dieselfde scope waarmee jy op 1000m gonge skiet, gaan nie noodwendig dinge vir jou makliker maak in die bosveld nie! Natuurlik is daar teleskope wat ’n baie meer “algemene” gebruik het, maar erens gaan jy inboet met iets en elke ou moet hom die vraag vra, wat is hy bereid om in te boet, field of view, vergroting of meer lig inlating, die lys is waarskynlik baie langer!
Aangesien hierdie topic nie onder Langafstand skiet val nie, aanvaar ek dis ’n algemene bespreking van ALLE teleskope... Daarom my vraag aan jou.
Die BESTE scope op my gewere, is ’n ou 3-10x50 Tasco World Class. Ek het dit tweedehands gekoop by ’n pel vir R1000, ’n hele paar jaar terug en dit het afgeskuif tot op die .22 Hornet tans. Hierdie scope het al verskeie kere geval, gestamp en het eenkeer van die bakkie afgeval (omdat die ou wat die geweer moes vashou, gedink het die bi-POD is aan die dak vas en hy kan met sy hande in sy sakke staan...), twee keer gehop en die zero was elke keer presies dieselfde!
Wat ek probeer sê, is dat ons ook nuwelinge en minder “ervare” manne ’n idee moet gee waarvan ons praat as ons praat van swak scopes. Vir jou en Arnold se aanwendings gaan ’n Burris 4.5-14x44 as voorbeeld, seker ’n “swak” scope wees, want dis nie geskik vir julle aanwending nie, maar vir die ou wat meeste van sy bokke in die bosveld skiet en ’n beperkte begroting het, gaan dit meer as voldoende wees.
Ek is byvoorbeeld nie ’n groot ondersteuner van Nikko Sterling teleskope nie. Ek sal nie so teleskoop op enige iets anders as my Gamo sit nie, want in my ondervinding het almal wat ek ken met sulke teleskope, nog net drama met hulle gehad op groter (as ’n .22!) kalibers.....
Ek wil nie eers praat oor hierdie ebay Bushnell teleskope van R600 met die groen en rooi kruishare nie....
Aim small, miss small
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by cassie_calvinia »

in die afgelope 2 jaar het NF se pryse met R10 000 geklim, en so ook Swarovski.
is is mos nou die dollar se skuld? maar, hoekom kos 'n goedkoper scope nog dieselfde, of nert 2 duisend meer?
gaan 'n NF oor 2 jaar, R30 000 kos? en daarna R40 000?
HOU HOM DAAI DIKTE
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Eugene »

cassie_calvinia wrote:in die afgelope 2 jaar het NF se pryse met R10 000 geklim, en so ook Swarovski.
is is mos nou die dollar se skuld? maar, hoekom kos 'n goedkoper scope nog dieselfde, of nert 2 duisend meer?
gaan 'n NF oor 2 jaar, R30 000 kos? en daarna R40 000?
Seker maar vraag en aanbod Cassie. En nie die vraag in SA nie, die vraag in VSA.... Klink my daai Doomsday-manne koop dat dit klap....
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by BLOK »

Arnold wrote: As ek nou my 260 moet laat bou soos wat hy is en pryse betaal soos dit geadverteer word sal hy my seker so R50k kos. Ringe is nou R2200 dink ek, die bubble level is R1600 en die NF wat ek het is in die omgewing van R25k. So met 'n stel dies sou die geweer en sope my nou R80k uit die sak jaag.

Aitsa!! En hier kom ons nou by unt wat ek wil maak met die stelling van "Net arm gatte skiet Night Force"

Wie dit was weet ek nie, maar daar word altyd gese jy koop n geweer en as jy klaar is vat jy die geweer se prys, maal die prys met twee en koop met daai bedrag n scope. (ek weet Stefan het al baie die gesegde gebruik) Nou as ek daai stelling vat wat nie n baie verkeerde stelling in meeste gevalle is nie. Dan moes jy mos n scope meer in die klas van R100 000, gekoop het. ;) ;D ;D

Nou dit laat my wonder oor baie ander manne wat ook die beste gunne skiet, duurste lope, beste koels, herlaai toerusting, ringe ens., ens. en dan Lightforce opsit, het hulle dan nie geld vir ordentliker scopes nie. 8) 8)

Reken is seker maar net ek en Geno wat daai som gemaak het en Nightforce skiet op ons gewone dunloop 204 Howa'tjies.

Kom nou manne maak die stelling van manne wat Nightforce skiet is arm gatte dan nie vir julle ook sin nie, en dan nog meer so van manne wat Sightrons dan op daai gunne sou sit. ;D ;D ;D
Last edited by BLOK on Wed May 21, 2014 11:19 am, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by BLOK »

cassie_calvinia wrote:in die afgelope 2 jaar het NF se pryse met R10 000 geklim, en so ook Swarovski.
is is mos nou die dollar se skuld? maar, hoekom kos 'n goedkoper scope nog dieselfde, of nert 2 duisend meer?
gaan 'n NF oor 2 jaar, R30 000 kos? en daarna R40 000?
Moet ook nie die wisselkoers vergeet nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Arnold »

Dit is darem baie makliker om n R10k scope op n R5k geweer te sit as n R100k scope op n R50k geweer.

Watse scope sal nou R100k kos?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Eugene »

Arnold wrote:Dit is darem baie makliker om n R10k scope op n R5k geweer te sit as n R100k scope op n R50k geweer.

Watse scope sal nou R100k kos?
Dink daai stelling was dalk waar gewees toe "gewone" gewere R5k gekos het en die "beste" teleskope so R10k...
Aim small, miss small
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Sangoma (IAN) »

Arnold wrote:
Watse scope sal nou R100k kos?
Nie net n scope nie maar jy kry sommer n geweer by vir so n rapsie oor die R 200 000.00....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Geno »

Arnold wrote:Watse scope sal nou R100k kos?
$11,982.00

http://www.eurooptic.com/carl-zeiss-opt ... 2-sam.aspx

http://www.eurooptic.com/images/products/LargeProducts/Carl-Zeiss-Optronics-Hensoldt-ZF-6-24x72-SAM.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Capt. Yoda »

Geno wrote:
Arnold wrote:Watse scope sal nou R100k kos?
$11,982.00

http://www.eurooptic.com/carl-zeiss-opt ... 2-sam.aspx

http://www.eurooptic.com/images/products/LargeProducts/Carl-Zeiss-Optronics-Hensoldt-ZF-6-24x72-SAM.jpg
Da vat hy nou!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by 375fanatic »

die waardevolste scope was die een met Madonna op die voorblad :laugh:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by Dries101 »

Ja nee kom ons jok nou nie vir mekaar nie- hierdie begin nou soos n nightforce advertensie lyk en wie het die grootste beursie. Kom ons bekyk die van n ander kant af- unlimited budget-geld is gen factor nie

My H&H/Purdey wat ookal gaan versker nie Nightforce kry nie- hy sal seker n Swaro Z6/ of n S&B of so iets kry- want dit pas by die wapen se look en is briljante tools
En my custum 1000meter geweer met sy hand geboude aksie en loop en R8000 sneller op unlimted budget gaan ook nie n nightforce kry nie- sal seker n March of n S&B wees.
So kom ons jok nie vir mekaar nie- die meeste amerikaaners wat kompetisie skiet gebruik die scope maak wat hulle sponsor....en raai wie adverteer die meeste. Dis soos om te se Castle is die beste bier in die wereld om dat hulle op die spinkbok trui sit.

n GREAT scope is die regte scope vir die aanwending wat JY kan bekostig en wat jou jare lange goeie diens gee.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
JR68
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Sat Jun 26, 2010 9:26 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by JR68 »

Mooi Dries
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by BRNO (Pierre) »

375fanatic wrote:die waardevolste scope was die een met Madonna op die voorblad :laugh:
++>: ++>: ++>:
Veiligheid eerste manne!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Wat presies maak n scope n GREAT scope?

Post by win270 »

Ek stem vir Dries as ons scope president!! Goed verduidelik, Dries!
Post Reply