leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by cassie_calvinia »

ek het nou paar plekke gelees. helfte se zeiss, helfte se leica.
is die zeiss selfde klas of nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Eugene »

Cassie, ek het ook daaroor gewonder en miskien kan een van die tegniese manne vir ons beter vertel. Ek is egter bekommerd dat die Zeiss nie onder ongunstige toestande dieselfde gaan werk as die Leica nie. Ek het darem al eerstehands gesien wat die Leica kan doen, selfs onder minder gunstige omstandighede.

Die prys van die Zeiss is ook van so aard, dat ek nie nou wil koop en lekker kan range tot op bv 600m en dan later weer moet koop nie....

Ek luister graag na wat die Zeiss eienaars sê!
Aim small, miss small
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by cassie_calvinia »

maat
die yanks se hy range sommer lekker in die reen ook.
al wat ek meer hou van die leica is sy ballistic calculator gee MOA verstellings, die zeiss net holdover.
ek weet ook dit is nie die rede vir die rangefinder nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by cassie_calvinia »

ek dink die zeiss is net line off sight
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by cassie_calvinia »

Ludwig wrote:Cassie, ek weet vir jou wat nou langafstande wil skiet in die veld, sal jy moet onthou om vir jou iets te kry wat die hoek aandui. As jou RF dit nie kan doen nie, gaan jy na iets soos HIERDIE ook moet kyk.
Ludwig
nee wat, ek weet die leica werk, gaan my nie nou moeg maak oor iets wat miskien werk nie...
HOU HOM DAAI DIKTE
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Schalk.vdB »

Cassie

Ek wou die Leica koop maar S&O het nie gehad nie en wys my toe die Zeiss en ek was impress met die helderheid en die prys ook, maar dit was nie nie hoof oorweging nie.
Lang storie kort enige iets tot 800 en 900 range hy maklik.
Die verste wat ek gerange het was 1350 meter maar ek het moes hom op die bakkie se dak sit.
Iemand het gesê hy sukkel op lang afstande om swart voorwerpe te range. Ek het nou die dag 'n swart bees op 747 meter maklik gerange. Skiet partykeer die skelm kolganse op die spilpunte en tot en met 500 meter range hy hulle maklik. Hy wys nie die hoeke nie maar het 'n funksie wat "holdover" wys as jy die regte tabel gekies het.
So besluit maar self maar ek is baie gelukkig met my kopie.

^-^
SR = M
Solid rest is equal to meat
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by cassie_calvinia »

ludwig
gee die leica vir jou die afstand teen die hoek, maw die bullet travel, of gee hy net die grade, en jy bereken self op jou BC die ware afstand?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by cassie_calvinia »

243RSA wrote:Cassie

Ek wou die Leica koop maar S&O het nie gehad nie en wys my toe die Zeiss en ek was impress met die helderheid en die prys ook, maar dit was nie nie hoof oorweging nie.
Lang storie kort enige iets tot 800 en 900 range hy maklik.
Die verste wat ek gerange het was 1350 meter maar ek het moes hom op die bakkie se dak sit.
Iemand het gesê hy sukkel op lang afstande om swart voorwerpe te range. Ek het nou die dag 'n swart bees op 747 meter maklik gerange. Skiet partykeer die skelm kolganse op die spilpunte en tot en met 500 meter range hy hulle maklik. Hy wys nie die hoeke nie maar het 'n funksie wat "holdover" wys as jy die regte tabel gekies het.
So besluit maar self maar ek is baie gelukkig met my kopie.

^-^
is ek reg as ek se hy gee net holdover in duime, nie in MOA nie? of kan jy dit stel?
weereens, dit gaan seker nie 100% wees nie, maar vir plaas skiet, bv gou paar ganse op 500m, sal dit mos lekker werk? of kees war doer in die rante sit
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Smous v.d. Vyver »

Hierso manne,

Ek glo hierdie gaan iets wees wat julle wil lees :

http://rangefinderratings.com/hunting-r ... e-shooting

Groot Plesier
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Arnold »

Dat hulle op so duur rangefinder soos Leica nie 'n flippen plekkie kon maak om hom op 'n tripod te sit nie gaan my verstand tebowe :(
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Smous v.d. Vyver »

Cassie hier is jou nannas :

http://www.guntree.co.za/item/384-acces ... e-spotless

Groete,

Corné
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Smous v.d. Vyver »

Skuus ek het gedog dit is die een wat kan range,foutjie.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by LUAN »

cassie_calvinia wrote:ek dink die zeiss is net line off sight
Nou hoekom sal hulle in so goeie rangefinder nie die funksie sit nie?
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by smitjs »

Arnold wrote:Dat hulle op so duur rangefinder soos Leica nie 'n flippen plekkie kon maak om hom op 'n tripod te sit nie gaan my verstand tebowe :(
Die antwoord daarop is maklik.
Dis nie nodig nie.
My Leica 1600 verruil ek vir geen ander nie.
Gebruik net die regte metode. Begin naby, so enigiets van 200m of nog nader. Hou die knoppie in en beweeg al verder tot op jou teiken, terwyl jy die knoppie in hou. Springbok op 700m maklik. Ek het nog nie 'n springbok gesien wat ek nie uit die vuis kon meet nie.
Die beperking is die vergroting van die lens. Sover mens 'n springbok kan sien, sal Leica jou vertel hoe ver dit is.
Met die regte metode sal jy nooit verlang na 'n driepoot nie.
Groete
Johan Smit
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Arnold »

Ek is bly as jy die rangedinder so mooi kan stilhou, ek sukkel daarmee.
Ek sukkel met die kleiner voorwerpe verder as 850m.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by cassie_calvinia »

ek sal ook maar bracket bou vir hom. kans vir fout te groot
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by JPS »

Kry vir julle die kestrel bracket wat op tripod skroef, werk lekker vir die Leica ook....
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by cassie_calvinia »

JPS wrote:Kry vir julle die kestrel bracket wat op tripod skroef, werk lekker vir die Leica ook....
sal bietjie loer daar. anders maak ek sommer een! kannie te moeilik wees nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by JPS »

Cassie,

Ek glo mens sal lekker een van Kydex kan maak.

En ek dink daar word een vekoop spesiefiek vir die Leica deur hulle? DinkLudwig het die link vir wen op 'n stdium opgesit.

Mooiloop
User avatar
Jurie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Sun May 29, 2011 12:46 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Jurie »

Weet julle manne wie het stock op n Leica 1600.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by smitjs »

Arnold wrote:Ek is bly as jy die rangedinder so mooi kan stilhou, ek sukkel daarmee.
Ek sukkel met die kleiner voorwerpe verder as 850m.
Nee, ek kon nog nooit die goed so stil hou nie.
As ek probeer om net direk iets ver te meet, dan kom ek tweede.
Probeer gerus die tegniek wat ek voorgestel het. Dit was nie my uitvindsel nie, ek het dit gekry by 'n boer in die Noord Kaap, en ek was totaal verbaas.
Jy sal ook verbaas wees oor hoe goed dit werk.
Groete
Johan Smit
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Arnold »

Johan, ek hat al daai tegniek probeer. Die Leica se lesings update te stadig en dit vorseer jou om die rangefinder stil te hou op n voorwerp.

Het jy al 2 MOA groot voorwerpe anderkant 1000m gerange? Dit is nie so maklik nie.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by smitjs »

Nee, ek het nie.
Reg so, vir elkeen wat hom plesier.
vir my, die Leica 1660 is 100%.
Voorspoed!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by Frikkie Coetzee »

Vir jag is die Leica se vermoe om die hoek na jou teiken te meet onmisbaar. Ludwig en Eugene het dit self ervaar by my so paar weke gelede waar een skoot afdraande op n hoek van 26grade kan wees en jou volgende skoot opdraende teen die selfde hoek.

Die NF se angle indicator werk redelik maar is nie presies genoeg vir ver skote nie.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: leica 1600b vs zeiss prf rangefinder

Post by LUAN »

Selfs my goedkoop nikon prostaff kan dan die hoek meet hoekom sit hulle nie die funksie in die Zeiss?
Post Reply