SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
-
Danie Lombard .243

Skiet maters
Ons Sandveld meerkatte hou dv 13 Nov 2010 ons jaarlikse nagskiet komp. in ons plat skiet pan op die plaas Wintersdam, Soutpan.
Jul is welkom om te kom deel in die oor lekker skiet aand. Die skote sal begin klap sodra dit goed donker is. Ons gaan vanaf bakkies skiet met skietlampe op teikens wat geplaas word op verskillende afstande soos van toepassing tydens nag jag. Die gewildheid van die skiet en die groot aantal deelnemers het ons genoop om vanjaar te probeer om 4 skuts gelyktydig te laat skiet.
Die middag voor die nag skiet is daar 'n groepeering skiet komp. asook 'n jakkals, buffel en rooibok teiken baan vir SAJWV lede wat graag 'n prestasie balkie wil verwerf in die 3 skiet oefeninge.
Soos oudergewoonte is daar braaivleisvure by die klubhuis na afloop van die skiet, bring dus jou braaivleis en kamp stoel saam.
Die snoepie sal deurgaans sorg vir heerlike verversings.
Jul kan my, Danie kontak vir verdere besonderhede by 078 488 2282
Sandveld groete

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
KSV.
Hoe lyk jou planne? Gaan ons?
Hoe lyk jou planne? Gaan ons?
Dont tell me, show me......
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Mis ons die jaar afsluiting?
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
-
Danie Lombard .243
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Hier volg die uitslae van die top 10 plekke tydens Sandveld se nagskiet.
Daar was 36 skuts wat meegeding het tydends die nagskiet. Nie so baie soos die vorige jare nie, maar steeds genoeg vir 'n lekker skiet. Die afstande van die teikens was nie baie ver en wyd nie maar skoot plasing was kardinaal vir punte kry. Dus moes die skutes fyn mik vir punte aanteken.
Ons het uitgeknipte sillhoutte van die std. SAJWV teikens op uitgeknipte corerx board geplak en ge-maak staan in die pan. m.a.w. Die jakkals en die duiker het soos die ware ding gelyk. Blykbaar was die verste teiken so 270 meter gewees. Ons het geskiet op die volgende teikens. Duiker, springbok, rooibok, vlakvark, blou w bees, leeu, luiperd, jakkals, gemsbok en zebra. Die tel area was soos die std. SAJWV telling nl. 30 20 en 10 punte. Ons het wel grasie gegee met 'n skoot buite die tel area. Dit het as 'n nul getel en nie 'n -10 soos altyd nie.
Die komp het uit 300 punte getel.
1 250 Jacques Botha
2 240 Hentis Taljaard & George Linde
3 230 Gerhard Ferreria
4 220 Danie Lombard, Danie Steyn, Danie Gouws & Rooi Gerhard vd Merwe
5 210 Jan v Niekerk
6 190 Anelize Linde (dames skut)
7 170 Yolandi Lombard, Elmarie Steyn (dames) & Cobus v Rensburg
8 160 Veronique Taljaard (dames skut) & Danrich Gous (Jnr seun skut)
9 140 Ria Taljaard (dames skut)
10 130 Kevin Gous (Jnr seun skut)
Sommer bakgat om te sien dat die junior seuns, dogters, dames en veteraan skuts deelnaam aan die skiet aktiwiteite van Sandveld.
Danie

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Aitsa! Geval van in die land van die blindes....? Sekerlik nie! Wel gedaan ou Grote (as dit die een is waaraan ek dink)Danie .243 wrote: ... 1 250 Jacques Botha
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
jmb
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Danie verduidelik bietjie die formaat van die skiet. Is dit van rus ens.
-
Danie Lombard .243
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
OK
Hy het so geloop
Ons het 4 bane gemaak met 10 teikens per baan. 4 skuts het gelyk geskiet. Ons het 4 bench tafels so geplas dat 2 bane bymekaar was en die ander twee so 50 meter weg. 'n Bakkie met 'n skiet lamp was tussen die twee tafel geplaas. bv baan 1 en 2 was bymekaar met 'n bakkie en lig tussen tafel 1 en 2. So ook met baan 3 en 4. Baan 1, 2, 3 en 4 se teiken was ook langs mekaar geplaas so 4 meter uitmakaar. bv duiker langs duiker, s bok langs s bok ens. Baan 3 en 4 het dieselfde gelyk maar soos ek gese het, 'n ent weg. 'n Bakkie het dan 4 skuts gaan haal by die klub huis en hul afgebring skiet punt toe. Die 4 het dan op hul eie 10 teikens geskiet geskiet, dooie rus oor skiet sakke, 1 skoot per teiken. As hul klaar is het die bakkie hul weer terug geneem klubhuis toe en die volgende 4 gaan haal. Terwyl die skuts ruil het 'n bakkie gaan score telling neem en dit neergekryf. Sodra al 40 teikens ge score is word die tellings van die skut met sy naam en telling per 2 way radio na die klubhuis deur gegee. Dan skiet die volgende 4 weer.
En so loop hy seep glad

Was daar tyd by betrokke. Moet se dit klink nogal lekker.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Danie jy moet asb vroegtydig laat weet van die volgende nagskiet da by julle sodat ons ver manne kan plan sien om te kom draai daar!
Het nou die hele post weer gelees en ek dink dit sal flippen lekker wees.
Groete
Stef

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Stef
Sover is ons beplanning dat die nagskiet sal plaasvind op 5/11/11.
Pen hom maar in jou dagboek in.

Geroer-nie geskud nie
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Dankie WW!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- whisper
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Dit klink soos groot pret, mooi geskiet julle almal, ek hoop julle het lekker gekuier en gebraai, en "gesocialise" na die skiet? Wat n goeie idee.

Praise the Lord, and let the bullets fly!
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010
Danie
Jy kan ons nie dalk n paar pointer gee vir n nagskiet nie
Wat werk,en wat werk beter,hoeveel skote en so aan...
Groete johan
ps of dalk die formaat wat jy gebruik het

Biebers
Need for speed
Need for speed