SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post Reply
Danie Lombard .243

SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by Danie Lombard .243 »

Skiet maters


Ons Sandveld meerkatte hou dv 13 Nov 2010 ons jaarlikse nagskiet komp. in ons plat skiet pan op die plaas Wintersdam, Soutpan.

Jul is welkom om te kom deel in die oor lekker skiet aand. Die skote sal begin klap sodra dit goed donker is. Ons gaan vanaf bakkies skiet met skietlampe op teikens wat geplaas word op verskillende afstande soos van toepassing tydens nag jag. Die gewildheid van die skiet en die groot aantal deelnemers het ons genoop om vanjaar te probeer om 4 skuts gelyktydig te laat skiet.

Die middag voor die nag skiet is daar 'n groepeering skiet komp. asook 'n jakkals, buffel en rooibok teiken baan vir SAJWV lede wat graag 'n prestasie balkie wil verwerf in die 3 skiet oefeninge.

Soos oudergewoonte is daar braaivleisvure by die klubhuis na afloop van die skiet, bring dus jou braaivleis en kamp stoel saam.
Die snoepie sal deurgaans sorg vir heerlike verversings.

Jul kan my, Danie kontak vir verdere besonderhede by  078  488  2282

Sandveld groete

 
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by 243Songdaug »

KSV.

Hoe lyk jou planne?  Gaan ons?
Dont tell me, show me......
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by KSV »

Mis ons die jaar afsluiting?
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Danie Lombard .243

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by Danie Lombard .243 »

Hier volg die uitslae van die top 10 plekke tydens Sandveld se nagskiet.

Daar was 36 skuts wat meegeding het tydends die nagskiet. Nie so baie soos die vorige jare nie, maar steeds genoeg vir 'n lekker skiet. Die afstande van die teikens was nie baie ver en wyd nie maar skoot plasing was kardinaal vir punte kry. Dus moes die skutes fyn mik vir punte aanteken.
Ons het uitgeknipte sillhoutte van die std. SAJWV teikens op uitgeknipte corerx board geplak en ge-maak staan in die pan. m.a.w. Die jakkals en die duiker het soos die ware ding gelyk. Blykbaar was die verste teiken so 270 meter gewees.  Ons het geskiet op die volgende teikens. Duiker, springbok, rooibok, vlakvark, blou w bees, leeu, luiperd, jakkals, gemsbok en zebra. Die tel area was soos die std. SAJWV telling nl.  30  20 en 10 punte. Ons het wel grasie gegee met 'n skoot buite die tel area. Dit het as 'n nul getel en nie 'n -10 soos altyd nie.

Die komp het uit 300 punte getel.

1    250    Jacques Botha
2    240    Hentis Taljaard & George Linde
3    230    Gerhard Ferreria
4    220    Danie Lombard, Danie Steyn, Danie Gouws & Rooi Gerhard vd Merwe
5    210    Jan v Niekerk
6    190    Anelize Linde (dames skut)
7    170    Yolandi Lombard, Elmarie Steyn (dames) & Cobus v Rensburg
8    160    Veronique Taljaard (dames skut) & Danrich Gous (Jnr seun skut)
9    140    Ria Taljaard (dames skut)
10  130  Kevin Gous (Jnr seun skut)

Sommer bakgat om te sien dat die junior seuns, dogters, dames en veteraan skuts deelnaam aan die skiet aktiwiteite van Sandveld.

Danie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by Louis102 »

Danie .243 wrote: ... 1    250    Jacques Botha
Aitsa!  Geval van in die land van die blindes....?  Sekerlik nie!  Wel gedaan ou Grote (as dit die een is waaraan ek dink)
Goeie dade oortref goeie woorde.
jmb

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by jmb »

Danie verduidelik bietjie die formaat van die skiet. Is dit van rus ens.
Danie Lombard .243

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by Danie Lombard .243 »

OK 

Hy het so geloop

Ons het 4 bane gemaak met 10 teikens per baan. 4 skuts het gelyk geskiet. Ons het 4 bench tafels so geplas dat 2 bane bymekaar was en die ander twee so 50 meter weg. 'n Bakkie met 'n skiet lamp was tussen die twee tafel geplaas. bv baan 1 en 2 was bymekaar met 'n bakkie en lig tussen tafel 1 en 2. So ook met baan 3 en 4. Baan 1, 2, 3 en 4 se teiken was ook langs mekaar geplaas so 4 meter uitmakaar. bv duiker langs duiker, s bok langs s bok ens.  Baan 3 en 4 het dieselfde gelyk maar soos ek gese het, 'n ent weg. 'n Bakkie het dan 4 skuts gaan haal by die klub huis en hul afgebring skiet punt toe. Die 4 het dan op hul eie 10 teikens geskiet geskiet, dooie rus oor skiet sakke, 1 skoot per teiken. As hul klaar is het die bakkie hul weer terug geneem klubhuis toe en die volgende 4 gaan haal. Terwyl die skuts ruil het 'n bakkie gaan score telling neem en dit neergekryf. Sodra al 40 teikens ge score is word die tellings van die skut met sy naam en telling per 2 way radio na die klubhuis deur gegee. Dan skiet die volgende 4 weer. 

En so loop hy  seep glad
jmb

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by jmb »

Was daar tyd by betrokke. Moet se dit klink nogal lekker.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by Stefan764 »

Danie jy moet asb vroegtydig laat weet van die volgende nagskiet da by julle sodat ons ver manne kan plan sien om te kom draai daar!

Het nou die hele post weer gelees en ek dink dit sal flippen lekker wees.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by Wielie Waps »

Stef
Sover is ons beplanning dat die nagskiet sal plaasvind op 5/11/11.
Pen hom maar in jou dagboek in.
Geroer-nie geskud nie
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by Stefan764 »

Dankie WW!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by whisper »

Dit klink soos groot pret, mooi geskiet julle almal, ek hoop julle het lekker gekuier en gebraai, en "gesocialise" na die skiet? Wat n goeie idee. :) :) :)
Praise the Lord, and let the bullets fly!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: SAJWV Sandveld nag skiet komp 13 Nov 2010

Post by JOHANNIC »

Danie
Jy kan ons nie dalk n paar pointer gee vir n nagskiet nie
Wat werk,en wat werk beter,hoeveel skote en so aan...
Groete johan

ps of dalk die formaat wat jy gebruik het
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply