As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Francois Marais »

Juba

Jy het al baie keer die regte antw gekry..........

243 Win en n 375 H&H Magnum. ;) ;)


Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by DSBW »

Francois

Ek sou s? twee .308's?

Dawie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Francois Marais »

Dawie

Moet nu nie weer beginte nie..... ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Christo »

Dawie Blaauw wrote: Francois

Ek sou s? twee .308's?

Dawie
Een seker afgenek na 6mm  (.243 )
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Danie Lombard .243

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo maters.

Ek wil die topic van ou Majuba so bietjie in 'n ander rigting draai na "WATTER KALIBERS EK GRAAG NOG WIL HE"

Hier is 3 wat en sal wil byvoeg by my bestaande ketties . Ek werk hard daaraan om die volgende vir my aan te skaf:

Remington MOD 700 Sendero SS fluted 26 duim .264 Win Mag.
Mauser double square aksie custom built 9,3X64 Brenecke asook 'n .458 Win Mag of Lott met 'n MOOOOOOI turkse okkerneuthout kolf gebou deur Gerrie Coetzee.


As ek net daai drie van bysit. MAN!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Stefan764 »

'n Man moet n .375 he, dis dan intree level vir die Groot Vyf?? Enige plaaslike Suid-Afrikaanse Jagter (met beperkte fondse) se bloed raak so 6grade warmer as dit kom by die droom to van daai "Eendag" Buffel- of Olifant jag....

Nee wat kerels, 7x64mm 120gr Impalas teen 3300ft/sek vir Springbok in die Kalahari en 'n .375H&H Sauer ans Sohn S202 vir die res, groot of klein, ver of naby. Jy moet net oor n herlaaistel ook beskik.

7x64 groete,
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Boesman »

Stefaans

Nou praat jy iets waarvan ek hou, man.  ;)

Maar twee is darem maar MIN!
ArnoG26

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by ArnoG26 »

.308 en 'n .375 H&H

Maar 'n .308 em .243 vir my doelendes kan ook werk. Ek weet nie of ek ooit 'n .375 gaan gebruik vir wat hy werd is nie.
jmb

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by jmb »

Die lekker ding van 'n 375 is dat jy met hom basies enigiets kan skiet. jy moet net herlaai en die regte punte gebruik. My twee gewere sou 'n 375 en 'n 25 06 of 243 wees. Daar is min wat enige 300 kaliber kan doen wat jy nie dieselfde of beter met 'n 375 kan doen nie.
ArnoG26

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by ArnoG26 »

jmb wrote: Die lekker ding van 'n 375 is dat jy met hom basies enigiets kan skiet. jy moet net herlaai en die regte punte gebruik. My twee gewere sou 'n 375 en 'n 25 06 of 243 wees. Daar is min wat enige 300 kaliber kan doen wat jy nie dieselfde of beter met 'n 375 kan doen nie.
Toe ek nog met my .375 Brno gejag het, het ek enige iets geskiet. Koedoes, Blouwildebeeste, vlakvarke en rooibokke. Ek het met 300gr pmp solids geskiet. Met vandag se ammo pryse vir die gewone bilting jagter dink  ek 'n .375 maak net sin as jy herlaai. Ek verbeel my ek het nou die dag ammo gesien van R660 plus? 
ArnoG26

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by ArnoG26 »

majubaketie wrote: op standaard ammo ja. Op premium ammo kan jy 1k uithuk. As jy eland,gemsbok,kudu jag maak i 3 en i driekwart baie sin en as jy die dag i bufel of kat kry is jy somer klaar moei geofen. Bosvark jag is hy ook lekker. Mar my 303 word nou my bosvark geweer. Het vir hom nou i 4 by 32 trijicon gekry. As jy herlaai kom die 375 eer uit sy kasie. 250gr gameking,260gr acubond,235gr brans x. 225gr spartan. Chose your poisen. Hulle almal klap i gemsbok in die kalahari dat sy horings sommer in begin draai.
1k vir ammo? Blikemmer!!! Ek kan dink dat die ligte punte nogal kan werk op a lang afstand. Ek glo as ek nou 'n geweer koop sal dit 'n .308 Howa wees. Vir Kudu en Rooibok en dalk 'n Varkie. 
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Stefan764 »

Hulle almal klap i gemsbok in die kalahari dat sy horings sommer in begin draai.
Majuba!

Nou praat JY weer iets waarvan ek hou man!! Haha!! Love dit! Kry ek sommer so n stuk bokkoors oor my net toe ek aan die duine dink!!

Bokkoors groete!  :o
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Wouter Roets »

6.5-284 en 375 Ruger. Daardie twee het die belans van Mahammed Ali, presiesie en krag!
Manne, julle met die 243, wat skiet julle dan met hulle as julle die arme 375's so laai dat hulle alles moet doen? ;D
Groetnis
Wouter
Ps; Ek het nou n klip in n bye-nes gegooi! Wonder wat se grein bytjies gaan uit kom! Seker enige iets van 55-105greintjies!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by DSBW »

Die beste kombinasie van twee gewere wat ek al gesien het is 'n "sniper`' .308 met 30" loop vir die lang presisie skote, en 'n gewone 24" jag .308, vir alle ander werk. As jy ?rens dalk nog 'n .308 plank geweer kan innie hande kry, sal dit absoluut perfek wees.!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Wouter Roets »

Ek het nou elders geskryf dat ek my eerste keuses terug trek en n 270 Ack en 375 Ack sal kies. Eerstens is altwee kalibers algemeen beskikbaar, en met die Ackley gedeelte kan ek hulle soveel meer laat doen as die standaard, nie dat die standaard veel foute het nie!
As die vraag gaan oor net twee vuurwapens sal dit dan n 9mm en 375 Ack wees.
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
jmb

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by jmb »

Hi Dawie ek stem et jou saam oor die langloop 308. Ek het 'n RSA met 'n 30duim Ferlach swaarloop op. Dit is 'n Bisley geweer wat ek 'n scope opgesit het. Die ding skiet wonderlik. Dit is ongelooflik hoe dit groepeer met enige ammunisie. Die enigste probleem is die afstand skattery storie. Ek jag in die Suide van Namibia en daai manne het nie geduld nie. Jy word gou gevra of jy die ding wil skiet of dood korrel. Dan sukkel ke bietjie met die 308 want die verskil tussen 250m en 300m met hom maak nogal baie saak. Hiervoor het jy iets vinniger nodig dis waarom ek die 7mm Rem Mag gekry het.Die ander probleem met die 308 is natuurlik die feit dat hy jou sonder veel verskonings laat as jy mis. :)
mosselv

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by mosselv »

H

Ek sal met niemand stry nie maar as ek n keuse het sal ek begin by n .22 dan groot wapens sal ek moet se is moeilik om te kies.
Maar ek skiet al met n .22 van ek 9 jaar oud is en het nog nooit n rooibok, blesbok, duiker of jakals gekwes met hom nie en hy vat baie abuse

Net my siening
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Sako75 »

7x64 en 404 Jeff (as ek by grootwild sal uitkom)

OF

260 Rem en 338 (as ek nie by grootwild uitkom nie)
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
walter404
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Mar 02, 2011 4:42 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by walter404 »

Dit sal seker maar 30-06 en 404 jeff moet wees (sou gese het 416, maar ek het 404).

n 7x57 saam met n 404 sal ook loop.
.40 s&w Glock 23
.22LR Puma
.22-250 Ruger M77 Hawkeye
30-06 Mauser
404 Jeff Coggswell & Harrison
12 ga BSA
ArnoldM

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by ArnoldM »

Hallo manne,

As ek net 2 gewere kon he sou dit .270Win & .375H&H wees. Kan klein, groot, bos en plat skiet.

Groete,
AM.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Christo »

.50 Barrett en .50 BMG en baie ammo en 'n moewiese scope ( hubble tipe ). Wat meer het 'n man nodig.

Al wat in my pad staan is die ou regeringkie en sy CFR  >:(
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by pietjacobs »

Ek het .22, .270 en is opsoek na 375. Wag maar vir my bonus maand.  :'( Tans skiet ek alles met daai 270, van bos to Vrystaat.

Onthou jy kan vandag al daai .270 laai met spoed van 3600fps+ Gaan kyk bietjie onder die topic van Ben, die topic naam is "80gr vir 270". Daai patroon sing soos in die ou dae en dan is dit nog 'n 80gr ook, 25gr swaarder as die 222-50.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Geno »

pietjacobs wrote: Daai patroon sing soos in die ou dae en dan is dit nog 'n 80gr ook, 25gr swaarder as die 222-50.
Oom Piet,
Wat maak daai koeel verby 200m? Vergelyk die twee se BC waardes, en sien dan die verskil...

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Shindzela (Pierre) »

Manne, ek wil nou nie snaak wees nie. Maar hoeveel ouens kry die geleentheid om op plekke te jag met groot 5 OF om n buffel te skiet (wees nou eerlik daar diep binne jouself).

Ek sien hope ouens wiln 375 he, eish maar vir Jan Alleman is dit bietjie baie van n geweer. Eerstens is hyself duur, die patrone is duur, hy is swaar (glo my n ligte 375 skop meer as n donkie).
Ek kan eerlik nie sien hoekom ieman groter as n .30 wil kry nie. (But I supose n man maar droom!). Ekself het my CZ550, 61 duim loop, semi pasmaak kolf, 458 3" Express veruil vir n 30-06.

Dis maar net my opinie.
Life's a journey, enjoy the ride!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: As jy net twee geweere kan he wat sal dit wees?

Post by Wouter Roets »

Shindzela

Ek sou ook n 61duim loop geweer veruil het vir iets ligters! ;D Hy het seker bitter min geskop of was dit nog steeds te veel?

Ek skiet niu nie elke dag buffels nie, maar net op uitgesoekte geleenthede :P maar gebruik tog heelwat my 375 Ack op gewone wild. Weet nie of my brein besig is om te gaan nie maar dit voel net vir my gemakliker as ek blouwildebees met hom skiet teenoor die 30-06!

Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply